Wie was SG du Toit?

Started by Private User on Tuesday, June 3, 2014
Problem with this page?

Participants:

Profiles Mentioned:

Showing all 30 posts
Private User
6/3/2014 at 10:23 AM

S.G. du Toit is die laaste du Toit lid van die GRA wat nog nie geidentifiseer is nie. 'n Aantal bronne op die internet verwys na hom as 'n 20 jarige student, aspirant onderwyser en as sub-sekretaris van die GRA

1) http://af.wikipedia.org/wiki/Genootskap_van_Regte_Afrikaners
2) http://dbnl.org/tekst/niek003eers01_01/niek003eers01_01.pdf
3) http://www.dbnl.org/tekst/conr002holl02_01/conr002holl02_01.pdf

As hy inderdaad 20 was ten tyde van die stigting van die GRA, moes hy in 1855 gebore gewees het. Op Geni is daar 'n profiel vir 'n Stephanus Georg du Toit (1855 - 1898) (Stephanus Georg du Toit). Kan dit moontlik S.G. du Toit wees? Ek kon geen verdere bronne vind waar sy volle name aangegee word nie.

6/6/2014 at 7:57 AM

Ek het vir die wis en onwis die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl geskakel, hul weet ook nie wat SG se volle name is nie. 'n Persoon daar het wel genoem dat dit moontlik Stephanus Guillaume is maar ek kry geen verwysings vir daardie name op die Argiewe se webtuiste nie.

In die "Persoonlike herinneringe van die Patriotmanne" deur GR von Wielligh is sy naam net aangegee as Stefanus G du Toit. "Ongeveer 20 jaar toe hy na die Paarl Gimnasium gekom het. Hy het private lesse by Ds du Toit vir 'n land tyd geneem en het loseer in 'n buitevertrek by gesegde dominee. Eers later het hy gereelde klasse in die Gimnasium bygewoon. Dit was in hierdie tyd dat hy as hulp-sekretaris ageer het en die allereerste en ander notule verskyn in sy handskrif.
Na hy hom as onderwyser bekwaam het, het hy skoolgehou op Rawsonville by Goudinibad, distrik Worcester en is hy aldaar op jong leeftyd gestorwe."
Dit is heel moontlik die Stephanus Georg op Geni!

Private User
6/9/2014 at 10:13 PM

Dankie Charlene vir jou moeite en die aanvullende informasie!

6/19/2014 at 8:35 AM

Dis 'n plesier Louis! Ongelukkig is die lêer waarin SG du Toit se sterfkennis te vinde is... verlore, kan jy dit nou glo. Ek het wel die boedelrekening opgespoor en 'n afdruk bestel. Sodra dit beskikbaar is laai ek dit op sy profiel.

Stephanus Georg is in Rawsonville oorlede 3 Mei 1898 en het skoolgehou by Goudini Skool volgens inligting in die boedelrekening.

Private User
6/19/2014 at 1:30 PM

Slegte en goeie nuus dus Charlene :) Sy sterfkennis is miskien verlore maar in ag genome die gegewens in die boedelrekening en die informasie wat jy in jou vorige boodskap vanuit die van "Persoonlike herinneringe van die Patriotmanne" aangehaal het, neem ek aan dat dit redelik duidelik is dat Stephanus Georg wel die SG du Toit van die GRA is?

6/20/2014 at 12:15 AM

Louis ja ek stem saam, jy het ons na die regte SG du Toit gelei. Ek het wel na sy vrou Anna Aletta se sterfkennis gesoek maar was nie suksesvol nie. Ongelukkig het ek nie haar nooiensvan opgelet in die boedelrekening nie en het deur 'n klomp Anna Aletta sterfkennisse gewerk en nie sukses gehad nie. Het wel 'n Anna Aletta Smith getroud met Johan Samuel Frederik Botha gekry en hul dogter Anna Aletta *12 Des 1861 wat positief lyk. Op daardie stadium het die tyd by die Argiewe uitgeloop en kon ek nie die soektog voortsit nie.

Private
6/20/2014 at 1:57 AM

Hi julle,
EK het nou my uitmekaarvallende Geskiedenisboek van PUK uitgehaal en sover hy is ook nie daar nie.
Ek weet een van my boeke het al die name in maar watter een. Ek sal egter aanhou soek hoor.
Juds

6/21/2014 at 2:27 AM

Dankie Judi!!. Daar kan geen inligting by SG du Toit se profiel gevoeg word nie? Ek wou sy vrou byvoeg...

Private User
6/21/2014 at 3:11 AM

Ai Charlene, ek weet die tyd by die argiewe loop altyd sneller verby as wat dit moet. Dankie in elk geval vir al die ekstra informasie. En dankie ook vir Judi vir haar soeks na inligting in die "vergete bronne" uit haar kolleksie :)

Die profiel van Stephanus Georg du Toit is oënskynlik publiek maar nie aanpasbaar nie. Judi, weet jy hoe dit moontlik kan wees? Ek het in ieder geval al 'n boodskap aan die bestuurder van die profiel gestuur met 'n bestuursversoek, so hopelik kan ons binnenkort toegang hê tot die profiel.

Charlene, het jy meer inligting oor die voorgeslag van Stephanus Georg? Volgens 'n stamboom op FamilySearch sou hy 'n neef van DF (dokter) du Toit wees. Hier op Geni is sy ouers aangegee as Anthonie Eduard du Toit en Martha Elizabeth Hauptfleich, maar daar is geen verdere inligting nie. Volgens die stamboom op FamilySearch is Anthonie Eduard du Toit sv. Daniël Francois du Toit (1795 - 1880) en Elisabeth Catharina Roux.

NS! Ek het ook nog SG du Toit se grafsteen opgespoor op eGGSA by http://www.eggsa.org/library/main.php?g2_itemId=1172239&g2_imag...

6/21/2014 at 4:25 AM

Louis, nee ek het ongelukkig nie die SAG register met die Du Toits nie, ek kan Maandag dit by die Biblioteek nagaan.

Fantasties dat jy die grafsteen opgespoor het, dit bevestig nou vir my die feit dat ons met die regte persoon besig is.

Private
6/22/2014 at 2:33 AM

Ek het ook gesoek hier deur my Wie is Wie in Suid Afrika en sprak gun sprook nie.

Dit is darem al 'n ontdekking. WOW. Jou yster.

Juds

Private User
6/22/2014 at 1:15 PM

Ek was gelukkig om 'n kopie van G.R. von Wielligh se "Persoonlike herinneringe van die Patriotmanne" op die webwerf van die Noordwes Universiteit te vind. Die volledige aanhaling, in die Afrikaans van die dag, oor S.G. du Toit lees soos volg:

"Stefanus G. du Toit was ongeveer twintig jaar toe hy na die Pêrelse Gimnasium gekom het. Uitgegroei en met volle baard het hy nie verkies om tussen jong seuns in een klas te staan nie, hy het voorlopig private lesse by ds. du Toit vir ’n lang tyd geneem en het loseer in ’n buitevertrek by gesegde dominee. Eers later het hy die gereëlde klasse in die Gimnasium bygewoon. Dit was in hiertdie tyd dat hy as hulp-sekretaris ageer het en die allereerste en ander notule verskyn in sy handskrif. Hoewel ek baie goed met hom bevrind was en hom dikwels op sy kamer besoek het, ken ek tog min van sy private lewe. Hy was te nederig om stof op te skop en het liewers verkies om onopgemerk die wêreld deur te gaan. Ná hy hom as onderwyser bekwaam het, het hy skoolgehou op Rawsonville, by Goudinibad, distrik Worcester, en as ek dit wel het, is hy aldaar op jong leeftyd gestorwe. Net soos ds. du Toit was hy tingerig gebou, baie wit van gelaat met ligte hare en baard."

In von Wielligh se "Eerste Skrijwers Laaste Stem uit Die Genootskap van Regte Afrikaners" wat ook beskikbaar is op die NWU se webwerf is daar ook 'n foto van S.G. du Toit.

6/24/2014 at 1:34 AM

Dit is moontlik sy vrou Anna Aletta en hul seun se grafsteen in Tulbagh. http://www.eggsa.org/library/main.php?g2_itemId=266551
Louis in SG se kennisgewing van sy dood is in Tulbagh onderteken deur swaer LJ of FJ Smith.
Anna Aletta se nooiensvan kom nie voor in hul boedelrekening nie maar dit blyk dan Smith te wees?

Private
6/25/2014 at 6:27 AM

Louis ek dink julle is reg. Dalk moet ons Private User vra of hy nie kan help. Hy is betrokke by die Hugenote Vereeniging. Andrew weet weet jy dalk wat is sy name.
Mooi dag almal.
Juds

6/26/2014 at 5:55 AM

I think you will get much information from Jan Du Toit, owner of the de Oude Herberg Guest House (and the Patriot bar and restaurant) in Tulbagh.
He has many books and interesting documents in the guest house, and is probably a descendant of SG (he has the same light hair!). The gravestone in the linked file is in the graveyard over the road from the guest house.

Private User
6/26/2014 at 2:15 PM

Ek dink jy is waarskynlik reg oor die grafsteen van sy vrou Charlene Irene Viljoen. Op Familysearch (https://familysearch.org/pal:/MM9.2.1/SYJ2-RCC) en Ancestry (http://records.ancestry.com/anna_aletta_smith_records.ashx?pid=1897...) is daar ook stawende informasie. Dankie dat jy sy moeder se informasie ook aangevul het!

Private User
6/26/2014 at 2:17 PM

Dankie Private. Kan jy miskien vir ons by Andrew vra of hy kan help?

Private User
6/26/2014 at 2:21 PM

Baie dankie vir jou inset Stuart Woods! Ek het die webwerf van De Oude Herberg opgespoord en sal beslis by Jan du Toit gaan aanklop vir informasie.

Private User
6/26/2014 at 10:55 PM

Stephanus Georg du Toit, * 3/2/1855 Dal Josafat, ~ 18/2/1855 Wellington, + 3/5/1898 Rawsonville
X 10/4/1884 Tulbagh
Anna Aletta Smith * 27/2/1860, + 22/4/1942 Tulbagh

Private User
6/26/2014 at 11:03 PM

Sy broer Anthonie Eduard Christiaan was ook 'n GRA stigterslid.
Sy seun Anthonie Eduard was rektor van UP.

SC het skoolgehou in my oupagrootjie se plaasskool op sy plaas by Goudini Bad. Ek sal tussen my Goudini dokumente kyk, want ek dink ek het 'n foto van hulle twee.

6/27/2014 at 12:06 AM

Ons vorder nou omtrent goed! Dankie Johan Andrew Kok, Stuart Woods, Judith Susanna Hendrika Marais en Louis Scholtz. 'n Besoek aan De Oude Herberg is 'n moet!

Private
6/27/2014 at 1:08 AM

Dankie Private User voor ek kon vra wat Louis vra toe het jy dit al.
Wil jy nie asseblief die projek 'Join" nie?http://www.geni.com/projects/Die-Genootskap-van-Regte-Afrikaners/18035
Ek het vanoggend 'n klein foutjie ontdek na aanleiding van ons(GGSA) se eie viering en onthulling van die 50jarige steen daar en die info op Genza.
Niks ernstig nie Louis. Ek verbeel my net of die plek of die 1 naam is verkeerd.
Andrew jy is behoorlik 'n lopende ensiklopedie.
Groete aan almal in die mooie Kaap.
Die ander lees gerus op http://www.genza.org.za/ alles daaroor.
Juds

Private User
6/27/2014 at 10:59 AM

Baie dankie vir al die nuwe inligting Private User!

Private User
6/30/2014 at 4:46 AM

Louis

Sommer net vir die interessantheid die volgende:

DF Malherbe, die seun van "Borrie" Malherbe het 'n suster gehad, ook bekend as Borrie Malherbe. Sy was getroud met Jannie Rossouw van die Paarl. Hulle het 'n seun gehad Malherbe Rossouw en die se seun Prof Jannie Malherbe is tans lid van die Beheerraad van die Afrikaanse Taalmonument.

Private
7/4/2014 at 1:07 AM

Dankie Johan. Sjoe dit raak al hoe interesanter hier. Jammer die vorige een het ek delete a.g.v. 'n spelfout. 'n Tiener tydskrif verkoper bel so ewe en vra of hulle vir my dit maandeliks kan stuur. Teen kostes natuurlik. Verbeel julle wat ek met so iets sal doen?☺

Private User
7/15/2014 at 11:13 PM

Louis, ek het vir jou die foto van SG du Toit en sy vrou as jy belangstel.

7/15/2014 at 11:35 PM

Andrew,
Kan jy nie dalk die foto op sy Geni-profiel laai nie?
Dit sal baie gaaf wees.
Dankie by voorbaat.
Johann

Private
7/16/2014 at 2:55 AM

Seblief Andrew as julle klaar vergaderings gehou het. Ek weet julle is baie besig by GISA en WesKaap op die oomblik.
Groete en baie sterkte.

Private User
7/17/2014 at 8:25 AM

Dankie vir al jou moeite Private User! Ek sal baie graag die foto van SG en sy vrou wil sien. Kan jy dit op sy profiel laai of andersins vir my stuur by die adres louis.scholtz@hotmail.co.uk?

Private User
9/25/2019 at 7:22 AM

Miskien is dit van hulp. Kan dalk dieselfde persoon wees:
http://www.taalmuseum.co.za/die-bybel-van-sg-du-toit-oftewel-fanie-...

https://books.google.co.za/books?redir_esc=y&id=erLYAAAAMAAJ&am...

Dit was my oupa PJ Du Toit se pa en hy het baie van hom vertel as die "Fanie Waterdokter"

Showing all 30 posts

Create a free account or login to participate in this discussion