Start My Family Tree Welcome to Geni, home of the world's largest family tree.
Join Geni to explore your genealogy and family history in the World's Largest Family Tree.

Die Genootskap van Regte Afrikaners

« Back to Projects Dashboard

view all

Profiles

  • Gottlieb Wilhelm Brückner van der Lingen (1848 - 1914)
    Baie dank aan Natanya van der Lingen verskuldig, het aan my haar familieboom gegee en daarvolgens Gottlieb Wilhelm Brückner se afstammeling bygevoeg. Charlene Viljoen 18 Julie 2013
  • Gideon Retief von Wielligh (1859 - 1932)
    G.R. von Wielligh (1859-1932). Op 9 Augustus 1932 is Gideon Retief von Wielligh in sy 74ste jaar naby Hendrina aan die huis van sy jongste broer oorlede. Met sy heengaan het ‘die laaste stem v...
  • Stephanus Georg du Toit (1855 - 1898)
    Stefanus G. du Toit was ongeveer twintig jaar toe hy na die Pêrelse Gimnasium gekom het. Uitgegroei en met volle baard het hy nie verkies om tussen jong seuns in een klas te staan nie, hy het vo...
  • Daniël Francois du Toit (1853 - 1918)
    Daniël Francois (Dokter) du Toit (Naauwbepaald, deesdae Valencia, Daljosafat, die Paarl, 21 November 1853 - die Paarl, 2 April 1918) was 'n stigterslid van die Genootskap van Regte Afrikaners en...
  • August Ahrbeck (1851 - 1935)
    Ds. August Ahrbeck (Kaapstad, 15 Augustus 1851 - Somerset-Wes, 26 Februarie 1935) was 'n Afrikaanse taalstryder, 'n stigter van die Genootskap van Regte Afrikaners en van 1883 tot 1903 leraar in twee g...

Ná die tweede Britse oorname in 1806 het Engels geleidelik die amptelike voertaal aan die Kaap geword en ’n streng verengelsingsbeleid is ingestel om Nederlands en Afrikaans te probeer verdring.


’n Paarlse predikant, ds. G.W.A. Van der Lingen, het in 1858 ’n private skool met Nederlands as voertaal gestig om Afrikaanssprekende kinders te onderrig. Die skool was De Gimnasium en een van die onderwysers was Arnoldus Pannevis, ’n Nederlander, wat in 1866 in die Paarl aangekom het.

Pannevis was ook ’n taalkundige en het besef dat die sogenaamde Kaaps-Hollands wat die mense gepraat het, nie meer genoeg ooreenkomste met Hollands toon om dit as een van sy dialekte te kan beskou nie. Hy was die eerste persoon wat die taal Afrikaans genoem het.

Pannevis was ’n diep godsdienstige persoon en was baie gretig dat die Bybel in Afrikaans vertaal moes word. Hy het aan die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap geskryf om dit onder hul aandag te bring en voorgestel dat ’n jong predikant, S.J. du Toit, die Bybelvertaling sou onderneem. Die Bybelgenootskap het aan Du Toit die opdrag gegee om ondersoek in te stel of daar werklik só ’n groot behoefte aan ’n Afrikaanse Bybel bestaan.

Ds. Du Toit het ’n groep vriende en familie vir ’n vergadering byeengebring om só ’n vertaling te bespreek. Hierdie vergadering is op 14 Augustus 1875 in die huis van Gideon Malherbe, ’n neef van S.J. duToit, gehou.

Tydens die vergadering is daar vasgestel dat daar wel ’n groot behoefte vir ’n Afrikaanse Bybel bestaan, maar dat Afrikaans nog nie baie geskryf is nie en dus nie die nodige erkenning as ’n skryftaal geniet het nie. Hulle sou dit eers as ’n skryftaal uit eie reg erken moes kry en op alle vlakke help bevorder. Daar is toe besluit om ’n vereniging te stig wat hom hiervoor kon beywer. Dit was die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA).

Die rede vir hierdie naam van die Genootskap was dat die manne gevoel het dat daar in daardie stadium drie verskillende soorte Afrikaners in Suid-Afrika was naamlik:

  • Afrikaners met Hollandse harte wat nog vasklou aan hul Hollandse verlede en die moederland in Europa wat hulle reeds 225 jaar gelede verlaat het.
  • Afrikaners met Engelse harte wat die taal en kultuur van die Engelse regering aanvaar het as hul eie.
  • Regte Afrikaners met Afrikaanse harte wat die taal en kultuur van die nuwe land aangehang het.

Hierdie laaste groep was die mense wat hulle wou verenig in die Genootskap van Regte Afrikaners. Die doel van die Genootskap was nie net om die Afrikaanse taal te bevorder nie, maar ook om die Afrikaanse kultuur in sy geheel te ondersteun.

Die rede hiervoor was dat die Britse ryk in die negentiende eeu wêreldwyd kolonies gehad het en hul eie kultuur, wat hulle as superieur beskou het, op hierdie kolonies se mense wou afdwing. Die Britse kultuur het ’n baie groot invloed op al hierdie kolonies gehad en veral ook in Suid-Afrika waar die nuwe jong Afrikaanse kultuur nog nie so goed gevestig was nie. Dit was die doel van die GRA om hierdie Britse kultuurinvloed op die jong Afrikaanse kultuur teen te werk.

Twee van die maniere waarop die GRA hul taak onderneem het, was deur die publikasie van ’n Afrikaanse koerant Die Afrikaanse Patriot en deur die stigting van ’n Afrikaanse skool, die Gedenkschool der Hugenoten.

Die eerste uitgawe van Die Afrikaanse Patriot het op 15 Januarie 1876 verskyn. Aanvanklik was dit ’n maandblad in ’n klein formaat, maar sy gewildheid het vinnig toegeneem en teen die 1890's was dit ’n weekblad in volgrootte koerantformaat. D.F. du Toit (ook bekend as Oom Lokomotief) was een van die eerste redakteurs van die koerant. Die Patriot was egter nie die eerste Afrikaanse koerant in Suid-Afrika nie. De Bode, die koerant wat sedert 1859 deur die Morawiese Sendingdorp Genadendal uitgegee is, het reeds tekste en briewe in Afrikaans bevat.

In sy boek "Eerste skrijwers. Laaste stem uit die Genootskap van Regte Afrikaners" noteer G.R. von Wielligh die agt stigterslede van die GRA as volg:

  • Casper Peter (CP) Hoogenhout - (onderwijser te Groenberg, Wellington, in de distrik Paarl). Hij word tot voorsitter gekies.
  • Ds. August Ahrbeck - (theologiese student te Stellenbosch en later predikant te Prieska). Hij werd gekies als sekretaris.
  • Stephanus Georg (SG) du Toit - (student aan Paarl Gymnasium). Hij werd gekies als hulp-sekretaris.
  • Ds. Stephanus Jacobus (SJ) du Toit - (predikant van die pas opgerigte Noorder Paarl Gemeente en ook onderwijser in die oue tale aan die Paarl Gymnasium).
  • Gideon Jozua Malherbe - ('n goedgeleerde man, ouderling van die N. Paarl Gemeente en Kurator van die Paarl Gymnasium).
  • Daniël Francois (DF) du Toit - D.P. zn. (onderwijser en later as Oom Lokomotief bekend, was 'n broer van Ds. S.J. du Toit).
  • Daniël Francois (DF) du Toit - D.F. zn. (Wijnboer in Dal Josafat, bekend onder die bijnaam van Dokter; later bestierder van die Patriot-Drukkerij, was 'n neef van Ds. S.J. du Toit).
  • Petrus Jacobus Malherbe (Piet Borrie) - (Wijnboer in Dal Josafat, was 'n susterskind van Ds. du Toit, en had sin opleiding aan die P. Gymnasium).

Die naam van Eerw. J.P. Dempers kom ook op die notule voor as negende persoon, maar omdat hy nie teenwoordig was nie, is dit weer met ink uitgekrap.

von Wielligh gee ook die name van GRA lede wat op opvolgende vergaderings teenwoordig was:

  • Tweede vergadering (25 September 1875)
    • G.W.B. van der Lingen (theologiese student te Stellenbosch, later predikant, Kroonstad).
    • J.W. van der Rijst (gebore Hollander, en was redakteur van die Patriot, toe dit in 1877 'n weekblad werd).
    • M.L. Rossouw (hij was vir 'n tijd nominale redakteur van die Patriot, toe dit in 1877 'n weekblad werd).
  • Derde vergadering (6 November 1875)
    • A. Pannevis (wat toe vir die tweede maal onderwijser aan die Paarl Gymnasium was)
    • F.S. Cillie
    • S.P. Malherbe
    • F.P. Marais

En noteer voorts dat die volgende name ook in notules voorkom:

  • A.E. du Toit
  • G.D. Marais
  • Jan Balt (ook Hollander en onderwijser)
  • P.B. de Ville
  • C.J. Esterhuizen
  • S. Cillie
  • W.M. Retief
  • W.A. Joubert
  • I.A. Perold
  • J.D. Minnaar
  • D.W.J. du Toit
  • M.W.J. Uijs
  • A.P. Zeeman
  • M.M. du Toit
  • P.J. Schabort
  • J.G. Perold
  • Ernst J. du Toit
  • J.S. Malherbe
  • J.G.H. Tulleken
  • J.P.J. Dempers
  • P.J. Malan (Dr.)
  • J.M. Hoffman (Dr.)
  • G.R. von Wielligh (Landmeter)

Bronne :

  1. Oorsprong van Afrikaans
  2. "Eerste skrijwers. Laaste stem uit die Genootskap van Regte Afrikaners", G.R. von Wielligh

Jump Back to:

See Also Related Geni Project Pages: