Daniel Jacobus Erasmus

How are you related to Daniel Jacobus Erasmus?

Connect to the World Family Tree to find out

Daniel Jacobus Erasmus's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Daniel Jacobus Erasmus

Judi Marais-Meyer register MRIN 397

Eie boedel MOOC8/33.29 -8 Des 1817

Daniel Jacobus Erasmus laat sy vrou, Maria Sibella Roelofse en 13 kinders agter.

Twee kinders uit sy eerste huwelik met Maria Elizabeth Prinsloo.

Verder laat hy die plaas Kokskraal, geleë aan die Groot Visrivier, Graaff-Reinet agter.

Di ander geldelik bates is:

1 Slavin Clara vd Kaap (55)

40 Trekosse

14 jong osse

182 beeste

6 perde

1514 skape

64 bokke

Daar is verder 'n bylaag wat die volgende woord vir woord is en geteken is op 25 Sept 1813

Ik ondergetekende Daniël Jacobus Erasmus getuijgt, voor mijn persoon, onbekwaan te zullen zijn om mijn na Graaffe Rijnet te begeven door dien ik door een beroerte omvangen ben en zeer verswakt, ik dus vrese voor een schielijke onverwasse doot, en mijn egtgenoot Maria Seijbella Roelofse al dan bij mijn overlijden, met een huijs vol klijne kinderen zoude overig blijven, die nog zeer ongered zijn. Dus hebbe ik D:J: Erasmus goetgevonden aan mijn egtgenoot, Maria Seijbella Roelfsse een legaat te vermaken, gelijk ik legateren bij desen een goede bekwame osse wagen met een goede span osse en rd:s500, ik het geen aan mijn egtgenood Maria Seijbella Roelfse zal competeren buijten haar regtige portien, tot opvoeding van de van mij nagelatene klijne kinderen, het geen ik D:J: Erasmus getuijge mijn uijterste will te zijn

Den 25 September 1813

Daniel J: Erasmus

_____________________________________________

The following researchers state that this Daniel Jacobus Erasmus was the father of Daniel Jacobus Erasmus [Oupa Swartkoppies], who was married to Cornelia Jacoba Susanna Kruger and who in turn were the parents of Daantjie Doornkloof:

1) S. E. Biesenbach, Amosstraat 63, Colbyn, Pretoria

2) J.W.J. Fouché, Direktoraat Openbare Betrekkinge van Krygkor, Pretoria, 1992-02-06.

3) Geslacht Register der Oude Kaapsche Familien deel 1, bladsy 216 deur C.C. de Villiers.

_____________________________________________

Daniel Jacob Erasmus, b5c2d2 (voorheen b3c1d2) is op 5 November 1758 gedoop en hy was ‘n burger van Stellenbosch. Hy trou op 8 April 1781 met Maria Elisabeth Prinsloo. Sy tweede huwelik met Maria Sibella Roelofse op 12 September 1790 is in Kaapstad voltrek. Die grense van die kolonie is deur die Kaapse owerhede altyd dieper die binneland ingeskuif. Teen 1780 (toe Daniel Jacobus Erasmus 22 jaar oud was) is die Visrivier as oosgrens beskou. Daniel Jacobus Erasmus en sy gesin het later in die grensgemeente, Graaff-Reinet gaan woon, waar die toestande nie van die allerbeste was nie. Voortdurende botsings met die Xhosas en die nood vir geestelike welstand was hoog. Elke huis het sy Statebybel gehad, wat die gesin daagliks gebruik het vir huisgodsdiens. In 1786 is die sieketrooster, Hermanus ter Smitten aangestel. Die Nederduits Gereformeerde gemeente van Graaff-Reinet is in 1792 gestig.

Volgens S. E. Biesenbach lyk dit asof die naam “Daniel”, wat inslag gevind het by die Erasmusse, heel moontlik van Johanna Elisabeth Bochelenberg se pa afkomstig was. Verder voer Biesenbach aan dat Jacques moontlik deur die verloop van tyd Jacobus geword het. Biesenbach gee dan ook b3c1d2 aan as Daniel Jacobus Erasmus. Behalwe vir J. W. J. Fouché is dit teenstrydig met die ander bronne wat die navorser geraadpleeg het. Daniel Jacob (us) en sy vrou Maria Elisabeth Prinsloo se enigste seun Daniel Jacobus Erasmus, b5c2d2e6 (voorheen b3c1d2e5) is op 30 Junie 1785 gebore en op 15 November 1789 gedoop. Daniel Jacobus Erasmus, b5c2d2e6 (b3c1d2e5) trou op 10 Julie 1807 met Cornelia Jacoba Susanna Kruger. Cornelia Jacoba Susanna Kruger is op 3 Julie 1791 gebore en op 13 Julie 1791 gedoop. Sy was die dogter van Pieter Ernst Kruger en Anna Catharina van Aswegen.

Bron: DIE ERASMUSSE VAN GARSTFONTEIN - Rossouw, T (2003), Universiteit van Pretoria


view all 23

Daniel Jacobus Erasmus's Timeline

1757
November 5, 1757
1758
November 5, 1758
NG Kerk, Tulbagh, Caap de Goede Hoop
1758
Stellenbosch, Cape Winelands, WC, South Africa
1770
June 30, 1770
Age 12
1781
1781
1782
December 8, 1782
Caap de Goede Hoop
1784
April 1, 1784
Kaap de Goede Hoop, Suid Afrika
December 14, 1784
Stellenbosch, Kaap de Goede Hoop, Suid Afrika
1787
January 7, 1787
Stellenbosch, Kaap de Goede Hoop, Suid Afrika