Elsje Francina Kruger b7c2d4e3f3g5

Is your surname Kruger?

Connect to 25,950 Kruger profiles on Geni

Elsje Francina Kruger b7c2d4e3f3g5's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Elsje Francina Kruger b7c2d4e3f3g5

In die Familie Bybel staan geskryf: "mijn dogter Elsie Vranciena is gebooren in het Jaar 1853 den 19 Maart."

_________________________________________

Elsie Francina Eloff-Kruger (Rustenburg, Transvaal, 19 Maart 1853 – Pretoria, Suid-Afrika, 21 Oktober, 1924) was ’n dogter van pres. Paul en mev. Gezina Kruger, ’n weldoener en gesiene inwoner van Pretoria.

Ná haar huwelik met die welgstelde heer Frederik Christoffel Eloff (bynaam Frikkie of Ryk Freek, 9 Februarie 1850 – 14 November 1924) het die egpaar in die woning langs die presidentswoning in Pretoria gaan woon. Later (omstreeks 1896) het die groot gesin verhuis na die deftige woning op die plaas Daspoort, waarby die pragtige landgoed behoort het, waarop die voorstede Eloffsdal en Capital Park later verrys het. Sowel die NG gemeente Eloffsdal as die Gereformeerde kerk Eloffsdal is na hul plaas genoem. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het sy as lid van die versorgingskomitee veel vir behoeftige mense, asook vir die burgers wat deur die vyand gevang en oor Pretoria na Ceylon en Sint Helena gestuur is.

Toe haar vader as banneling na Europa moes uitwyk, het hy haar versoek om die sorg van haar siek moeder op haar te neem. Ná die dood van mev. Kruger op 20 Julie 1901 het Elsie die president gedurende sy ballingskap versorg, tot hy in 1905 in Clarens, Switserland, oorlede is.

In 1914 met die Rebellie, het mev. genl. Joubert en mev. Eloff die plan beraam en die vrouebetoging in die lewe te roep met die doel om die vrylating van genl. Christiaan de Wet en ander leiers van die Rebellie te verkry. Mev. Eloff was lid van die deputasie wat die premier, genl. Louis Botha, ontmoet het.

Die egpaar Eloff was van die gesiene lidmate van die gemeente Pretoria. Sy was beskermvrou van die Tabitha-vereniging wat deur ds. en mev. Los opgerig is. Vir die armes het sy altyd met milde hande gegee en die latere sustersvereniging Sustershulp het nooit vergeefs om hulp by haar aangeklop nie.

Toe sy op 21 Oktober 1924 in die ouderdom van 71 jaar oorlede is, het prof. J.A. du Plessis, wat vroeër predikant van Pretoria was, in Die Kerkblad as volg van haar geskrywe: "Mev. Eloff was ook 'n geestelike kind van haar vader. Sy was in gestalte, in haar houding en in haar onafhanklike gees 'n Boerevorstin soos daar meer is ander ons volk – vorstinne van die grootsheid van die Afrikaanse veld. Sy was groot, omdat sy klein was voor God in innige godsvrug – groot omdat sy haar kon neerbuig tot die ellende van haar medemens – nie 'n gemaakte, maar 'n uit Godgebore en oorgeërfde vorstelike grootheid."

Haar eggenoot het van haar getuig: "Sy was 'n troue en waardige eggenote liefdevolle moeder – onwrikbaar vas van karakter. Gods Woord was vir haar steeds onuitspreeklik dierbaar en haar kerk had sy hartelik lief. Vir armes en behoeftiges had sy steeds 'n ope hand. Vir die grootheid van die wêreld had sy weinig oog nog oor." F.C. Eloff is drie weke ná sy geliefde vrou, sag ontslape. Hul seun Fanie, die beeldhouer, het 'n marmer grafbeeld van sy ouers gemaak – 'n vertolking van hul gewyde stemming by die naggebed.

Sy het agt kinders gehad:

   1. Sarel Johannes
   2. Gezina Susanna Frederika Wilhelmina Jacobsz
   3. Susanna Cornelia Jacobsz
   4. Stephanetta Johanna Paulina "Nettie" Bredell
   5. Elsje Francina "Elsie" van Broekhuizen
   6. Stephanus Johannes Paulus
   7. Frederik Christoffel
   8. Dirk Postma

Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/Elsie_Eloff-Kruger

_____________________________________________

Bydrae deur David Abraham Swanepoel onderhewig aan vrywaring in my profiel. Inligting mag gebruik word onder lisensie Attribution-NonCommercial-NoDerivatives 4.0 International tensy ‘n ander regspersoon se kopiereg aangedui word.

Grafsteen (borsbeeld saam met man, gebeeldhou deur haar seun Fanie, asook beide se inskripsie

Francinastraat en Francinapark in Eloffdal, Pretoria is na haar vernoem.


view all 14

Elsje Francina Kruger b7c2d4e3f3g5's Timeline

1853
March 19, 1853
Rustenburg, Transvaal, South Africa
August 14, 1853
Rustenburg, South Africa
1870
August 18, 1870
Rustenburg, Bojanala, North West, South Africa
1872
September 1, 1872
Rustenburg, Bojanala, North West, South Africa
1875
September 16, 1875
Rustenburg, South Africa
1877
October 10, 1877
Rustenburg, Transvaal, South Africa
1880
March 8, 1880
Rustenburg, Bojanala, North West, South Africa
1885
October 7, 1885
Pretoria, Pretoria, Gauteng, South Africa
1893
February 24, 1893