Francois du Toit, SV/PROG

How are you related to Francois du Toit, SV/PROG?

Connect to the World Family Tree to find out

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Francois du Toit, SV/PROG

Birthdate:
Birthplace: Lille, Flandre, France
Death: October 20, 1731 (62-71)
"Kleinbosch", Dal Josafat, Kaap de Goede Hoop
Immediate Family:

Son of Pierre du Toit and Marie du Toit
Husband of Suzanne Seugnet, SM/Prog
Father of Geertruijda du Toit, SM; Andries du Toit; Susanna Elberts; Helena Elizabeth van Dyk. de Swart. Olivier. Botha; Pieter du Toit, b5 and 5 others
Brother of Marie Suzanne du Toit; Bruno du Toit and Marie Anne du Toit

Occupation: Ruil skape met Koi om aan skepe te verkoop, boer met graan, wingerd en maak wyn; Du Toit stamvader in SA; kom met skip Vrijheid in SA aan; Plaas De Kleine Bos in Dal Josaphat in 1692 toegeken; Trou op Feb. 12 1690 met Susanne Seugnet; Het saam 9 kinders;
Managed by: Esther Alkina Van Tonder
Last Updated:

About Francois du Toit, SV/PROG

The brothers Guillaume and Francois Dutoit of Lille, who reached the Cape in 1686, both probably on the Vrijheijt which anchored on June 23, were, however, clearly French speakers. Dutoits are known to have emigrated to Leyden as early as 1605 .. In September 1678 a Guillaume Dutoit, with his wife and daughter Marguerite, brought an attestation from the Leyden church. Whether this is the Cape settler has not been ascertained, but the Guillaume Dutoit who became a member of the Walloon congregation of Middelburg on December 20, 1684 must certainly have been the future Stellenbosch farmer. Lille records confirm the family ties with Leyden. S.F. du Toit has discovered in the French city the baptismal entry of a Francois Dutoit who was probably the Cape settler. The son of Pierre Dutoit and Marie Rousel(le), he was baptized in the church of the Madeleine on September 15, 1664, with Jean Brian and Catherine Rousel(le) as godparents. However, it must be added that another Francois Dut(h)oit was christened in the church of Saint-Maurice in Lille on April 5, 1665. With reference to the first baptism, a Pierre Dutoi(c)t was christened at Saint-Maurice on October 28, 1639 and two girls Marie Rousel at the Madeleine church on January 19, 1634 and on October 1, 1641. The name Guillaume Dutoit appears in seventeenth-century records for the Lille area, but there is no apparent connection with the exile at Middel- burg and the Cape. The Dutoits evidently had a sister and a brother, Bruno. On March 17, 1693 a Bruno-Joseph Duthoy (sic) was baptized at the Madeleine church." As throughout the Spanish Netherlands, the Calvinists of Lille were compelled to make use of Catholic facilities for the registration of baptisms, marriages and deaths. That Guillaume Dutoit was an older man than Francois is suggested by the fact that he was engaged to the widow Sara Cochet, one of whose sons Abraham came to the Cape in 1688 as a soldier in the company’s service aboard the Oosterland. * Boucher.M (1981). French speakers at the Cape: The European Background. Pretoria, UNISA. CHAPTER NINE Cape settlers V: from Flanders to Alsace on the turbulent frontier pp261-2



Francois du Toit c1663 in Lille, Flandre, Belgium or Rijssel

x 12 February 1690 Nederduitsch Gereformeerde Kerk, de Caep de Goede Hoop, Suzanne Seugnet, daughter of NN Seugnet

  • 1. Geertruy c 1690, - 19 Nov 1750
  • 2. Andries c 1691- c 1749
  • 3. Susanna c 1692
  • 4. Helena bef 8 May 1695
  • 5. Pierre bef 9 Mar 1697 - 16 May 1768
  • 6. Francois bef 28 Jun 1699
  • 7. Martha bef 4 Nov 1701
  • 8. Stephanus c 1703
  • 9. Elisabeth bef 9 Aug 1705 - 5 Jan 1789
  • 10. Marie bef 21 Sep 1709 - c 1732

http://www.e-family.co.za/ffy/g7/p7220.htm


Hy kom van Lille (in Flandre) in 1686 na die Kaap aan boord die Vrijheit.

Hy besit die plase Kleinbosch, Schoongezicht en Palmietvallei in Daljosafat, Soetendal en Lemietrivier in Wagenmakersvallei. Francois du Toit owned ‘Die Kleine Bos’ in Dal Josaphat; ‘Zoetnedal’ –

an annex to Wagenmakers Vallei; & ‘Limiet Rivier on the Compagnies Rivier, Waveren, above the Company’s Old Post [G.C.Botha Map Showing Huguenot Farms]

On 12 Feb 1690, he married Susanna Seugnet who had come out in 1689 with her sisters, from Saintes (in Saintonge). Hy was 'n Heemraad vir Drakenstein en het 'n belangrike rol gespeel in die vryburgers se stryd teen goewerneur W.A. van der Stel.

Du Toitskloof, in die Drakensteinberge is na hom vernoem.

Pieter Coertzen puts his death at 1734

He came from Lille (in Flanders) in 1686 to the Cape aboard the Vrijheit.

He owned the farm Klein Bosch Schoongezicht and Palmietvallei in Daljosafat, Soetendal and Lemietrivier in Wagenmakersvallei. Francois du Toit owned '‘Die Kleine Bos’ in Dal Josaphat, 'Zoetnedal' - an annex to Wagenmakers Valley; & Limiet the Companies River on the River Waveren, Above the Company's Old Post [GCBotha Map Showing Huguenot Farms]

On 12 Feb 1690, he married Susanna Seugnet who had come out in 1689 with her sisters, from Saintes (in Saintonge). He was a heemraad Drakenstein and has played an important role in the free burghers' struggle against Governor WA van der Stel.

Du Toit's Kloof, in the Drakenstein Mountains is named after him.

Pieter Coertzen puts his death in 1734


Twee broers, met name Francois en Guillaume du Toit, het na Suid-Afrika gekom op die skip Vrijheit. Beide was afkomstig van Ryssel (Lille in Flandres). Melding word ook gemaak van 'n broer, Bruno, en 'n suster, dog dié het Suid-Afrika nooit bereik nie. Hulle ouers was Pierre du Toit en Marie Rousel(le).

Waar Francois hom aanvanklik bevind het, weet ons nie. Moontlik het hy sy broer met die boerdery gehelp. In 1692 is De Kleine Bos (Kleinbosch) in Daljosafat aan hom toegesê en in 1695 het hy dit as vaste eiendom verkry. Op 12 Februarie 1690 is hy getroud met 'n Hugenotemeisie van Saint Onge, Susanne Seugnet, wat met haar twee susters, Claudine en Jeanne, in 1689 in die Kaap aangekom het. Hy het dus De Kleine Bos kort na sy troue verkry. (Die Hugenote Gedenkskool is in 1883 op Kleinbosch in gebruik geneem). Hy het baie eikebome daarop geplant. Honderd jaar later was daar nog van die bome te sien. Hulle was so dik dat vier mans dit nouliks kon omvat.

Two brothers, notably Francois and Guillaume du Toit, went to South Africa on board Vrijheit. Both came from Ryssel (Lille Flandres). Mention is also made of a brother, Bruno, and a sister, but they never reached. South Africa Their parents were Pierre du Toit and Marie Rousel (s).

Where Francois initially began, we do not know. Perhaps he helped his brother with the farming. In 1692, (Klein Bosch) in Daljosafat allocated to him and in 1695 he was given title . On February 12, 1690, he married a Huguenot girl from Saint Onge, France. Susanne Seugnet, who with her two sisters, Claudine and Jeanne, in 1689 arrived in the Cape . He, therefore, bought ‘Die Kleine Bos’ shortly after his wedding. The Huguenot Memorial School in use in 1883 on ‘Die Kleine Bos’ ). He has many oak trees planted on it. One hundred years later there were still trees to see. They were so thick that four men were needed to surround it.

Hulle het 9 kinders nagelaat:

b1 Andries gebore c 1691 x 7 Maart 1717 Martha Rousseau (dogter van Pierre Rousseau en Anne Retif).

b2 Susanna gebore c 1692, X Willem Elberts

b3 Geertruyda x Pierre Rousseau, xx Carel van der Merwe, xxx Johannes Bastiaans (seun van Johannes Bastiaans en Anna Maria van Dyk).

b4. Helena ~ 8 Mei 1695, x Burgert Pieters van Dyk, xx Ernst Frederik de Swart xxx 16 April 1730 Arend Olivier (seun van Hendrik Corneliszoon Olivier en Beatrix Gysberta Verwey) xxxx 15 Maart 1739 Johannes Botha (seun van Friedrich Both en Maria Kickers).

b5 Pierre gedoop 24 Maart 1697 x Elisabeth Rousseau (dogter van Pierre Rousseau en Anne Retif).

b6 Francois ~ 28 Junie 1699, + Tulbagh 6-12-1751, x 12 April 1722, Marie Theron (dogter van Jacques Therond en Marie-Jeanne des Pres) weduwee van Pieter Janse van Marsevene

b7. Martha ~ 4-11-1701 x Johannes Möller (seun van Hendrik Christoffel Möller en Margaretha Marquard).

b8 Stephanus ~1693 x Debora Marais (dogter van Charles Marais en Anna des Ruelles) xx 13 Februarie 1757, Maria Jacobs (dogter van Daniel Jacobs en Louisa Cordier) sy was weduwee van Pieter Barend Blom

b9 Elizabeth ~ 9 Augustus 1705, + Tulbagh 5 Januarie 1789, x Jacques Theron (seun van Jacques Therond en Marie-Jeanne des Pres) .

b10 Maria ~ 21 September 1709 x 22 Julie 1725, Johann Friedrich Bierman van Hamburg.

Let wel volgens Juna Malherbe is die volgorde van die kinders in De Villiers en Pama foutief, Juna het hieroor geskrywe in, "Die Du Toit-familie in SA - nuwe feite oor die b-geslag" Die Bulletin 36 (1999), Hugenote Vereniging van SA.

Van hom word vertel dat hy die Goewerneur gevra het om die Dal (wat tans bekend is as Dal Josaphat) aan hom te verkoop, maar omdat oorkant die Bergrivier baie San en Koikoikrale was, het die Goewerneur geweier en gesê dat Du Toit vermoor sou word. Hy het egter volgehou en die Goewerneur het dit eindelik afgestaan, met die woorde "Jy moet jouself verdedig, ek staan nie borg vir jou veiligheid nie."

Die Sanmense het Du Toit vreeslik gepla en bitterheid veroorsaak deur voortdurend sy vee te steel. Dikwels het hy en sy bure die rowers agternagesit. Die manne was gewoonlik in twee klompe verdeel en het dan die klowe ingesteek. Wie eerste by die groot bos kom, moes gewoonlik 'n trompetter blaas. Die plek het later bekend geword as Trompettersbos. Omdat die Du Toits die eerste was wat Du Toitskloof deurgegaan het, het dit later dié naam gekry.

Soos sy broer Guillaume het hy 'n belangrike rol in die gemeenskap gespeel. Francois was 'n heemraad vir Stellenbosch en Drakenstein asook ouderling in die gemeente. Met sy boerdery het dit blykbaar heel voorspoedig gegaan, want hy was uiteindelik die eienaar van drie plase, De Kleine Bos in Daljosafat sedert 1692, Zoetendal (1712) in Wagenmakersvallei (Wellington) en Limiet Rivier (1715) aangrensend aan Zoetendal. Hy was een van die suksesvolste graan- en wingerdboere aan die Kaap. Hy is in Oktober 1731 oorlede.

Was Guillaume en Francois du Toit werklik Hugenote? Of was hulle afstammelinge van Hugenote? Ons weet reeds dat daar vanaf 1605 Du Toits in Leiden was. Is die broers nie maar net die nageslag van hierdie familie nie? As ons die lys van toekennings aan Hugenote hierbo genoem vergelyk, is dit duidelik dat sowel Guillaume as Francois wel finansiële ondersteuning as Hugenote ontvang het. In 1690 het die broers 'n toelaag ontvang uit die Bataafse Fonds.

Hy was 'n sterk opponent van goewerneur W. A. van der Stel. Hy en Guillaume het 'n lewendige rol gespeel in die opstootjie wat daar geskied het tussen die Goewerneur en die Koloniste oor die klagbrief van Adam Tas. Onder datum van die 20 Desember 1706 vertel Tas dat hy daardie dag by Francois du Toit die ete geniet het. Dieselfde nag is hy gewek deur die geklop van Abraham Bleusei, wat van Drakenstein gery het, om Tas mee te deel dat vyftien Franse daardie dag aan die huis van Du Toit was en dat die Landdros besig was om die boere te beweeg om 'n geskrif te laat teken ten gunste van die Goewerneur. Eers is hulle met beloftes toegespreek, meld Bleusei, naderhand met dreigemente, maar hulle kon Du Toit nie beweeg nie. Eindelik het die Landdros die deur laat sluit en iemand daar gestel om dit op te pas. Niemand wou egter teken nie.

Sowel Guillaume as Francois is gevolglik gelas om voor die geregshof te verskyn in verband met die ondertekening van die klagbrief, maar hulle het geweier om aan die versoek te voldoen en het saam met sewe ander burgers na die Vier-en-twintig Riviere gevlug. In hul afwesigheid is die vonnis uitgespreek, nl. dat hulle vir 5 jaar na Mauritius verban word. Elkeen is ook 'n boete opgelê en verbied om ooit weer 'n militêre of politieke pos te beklee. Die Goewerneur het alles in sy vermoë gedoen om die manne terug te kry, maar tevergeefs. Guillaume en Francois het, na dit blyk, vriende gehad onder die dienaars van die Goewerneur en dié het die Du Toits in 'n brief wat hulle aan die manne geskryf het, aangeraai om nie terug te keer nie.

Francois sterwe in 1734.

Die broer en ander stamvader Guillaume du Toit en Sara Cochet het net een dogter gehad:

b1 Helena gebore 23 Julie 1690 en gedoop 6 Aug 1690, sterwe 14 Jan 1714, X Jan Oberholster

Bronne:

Kannemeyer, AJJ: Hugenote-familieboek, 1940

Coertzen, P: Die Hugenote van Suid-Afrika 1688-1988,1988

De Villiers/Pama

Heese/Lombard

Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek

Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek

Juna Malherbe, Genforum

Saamgestel deur:

Martina Louw (nee van Breda) Kennethl@xtra.co.nz

Piet du Toit dutoitel@iafrica.com



FRANCOIS DU TOIT (STAMVADER)

Twee broers, met name Francois en Guillaume du TOIT, het na Suid-Afrika gekom op die skip Vrijheit. Beide was afkomstig van Ryssel (Lille). Melding word ook gemaak van 'n broer, Bruno, en 'n suster, dog dié het Suid-Afrika nooit bereik nie. Hulle ouers was Pierre du Toit en Marie Rousel(le).

Waar Francois hom aanvanklik bevind het, weet ons nie. Moontlik het hy sy broer met die boerdery gehelp. In 1692 is De Kleine Bos (Kleinbosch) in Daljosafat aan hom toegesê en in 1695 het hy dit as vaste eiendom verkry. oP 12 Februarie 1690 is hy getroud met 'n Hugenotemeisie van Saint Onge, Susanne SEUGNET, wat met haar twee susters, Claudine en Jeanne, in 1689 in die Kaap aangekom het. Hy het dus De Kleine Bos kort na sy troue verkry. (Die Hugenote Gedenkskool is in 1883 op Kleinbosch in gebruik geneem). Hy het baie eikebome daarop geplant. Honderd jaar later was daar nog van die bome te sien. Hulle was so dik dat vier mans dit nouliks kon omvat.

Hulle het 9 kinders nagelaat: b1 Andries gebore c 1691 x 7 Maart 1717 Martha Rousseau (dogter van Pierre Rousseau en Anne Retif). b2 Susanna gebore c 1692, X Willem Elberts b3 Geertruyda x Pierre Rousseau, xx Carel van der Merwe, xxx Johannes Bastiaans (seun van Johannes Bastiaans en Anna Maria van Dyk). b4. Helena ~ 8 Mei 1695, x Burgert Pieters van Dyk, xx Ernst Frederik de Swart xxx 16 April 1730 Arend Olivier (seun van Hendrik Corneliszoon Olivier en Beatrix Gysberta Verwey) xxxx 15 Maart 1739 Johannes Botha (seun van Friedrich Both en Maria Kickers). b5 Pierre gedoop 24 Maart 1697 x Elisabeth Rousseau (dogter van Pierre Rousseau en Anne Retif). b6 Francois ~ 28 Junie 1699, + Tulbagh 6-12-1751, x 12 April 1722, Marie Theron (dogter van Jacques Therond en Marie-Jeanne des Pres) weduwee van Pieter Janse van Marsevene b7. Martha ~ 4-11-1701 x Johannes Möller (seun van Hendrik Christoffel Möller en Margaretha Marquard). b8 Stephanus ~1693 x Debora Marais (dogter van Charles Marais en Anna des Ruelles) xx 13 Februarie 1757, Maria Jacobs (dogter van Daniel Jacobs en Louisa Cordier) sy was weduwee van Pieter Barend Blom b9 Elizabeth ~ 9 Augustus 1705, + Tulbagh 5 Januarie 1789, x Jacques Theron (seun van Jacques Therond en Marie-Jeanne des Pres) . b10 Maria ~ 21 September 1709 x 22 Julie 1725, Johann Friedrich Bierman van Hamburg.

Let wel volgens Juna Malherbe is die volgorde van die kinders in De Villiers en Pama foutief, Juna het hieroor geskrywe in, "Die Du Toit-familie in SA - nuwe feite oor die b-geslag" Die Bulletin 36 (1999), Hugenote Vereniging van SA.

Van hom word vertel dat hy die Goewerneur gevra het om die Dal (wat tans bekend is as Dal Josaphat) aan hom te verkoop, maar omdat oorkant die Bergrivier baie San en Koikoikrale was, het die Goewerneur geweier en gesê dat Du Toit vermoor sou word. Hy het egter volgehou en die Goewerneur het dit eindelik afgestaan, met die woorde "Jy moet jouself verdedig, ek staan nie borg vir jou veiligheid nie."

Die Sanmense het Du Toit vreeslik gepla en bitterheid veroorsaak deur voortdurend sy vee te steel. Dikwels het hy en sy bure die rowers agternagesit. Die manne was gewoonlik in twee klompe verdeel en het dan die klowe ingesteek. Wie eerste by die groot bos kom, moes gewoonlik 'n trompetter blaas. Die plek het later bekend geword as Trompettersbos. Omdat die Du Toits die eerste was wat Du Toitskloof deurgegaan het, het dit later dié naam gekry.

Soos sy broer Guillaume het hy 'n belangrike rol in die gemeenskap gespeel. Francois was 'n heemraad vir Stellenbosch en Drakenstein asook ouderling in die gemeente. Met sy boerdery het dit blykbaar heel voorspoedig gegaan, want hy was uiteindelik die eienaar van drie plase, De Kleine Bos in Daljosafat sedert 1692, Zoetendal (1712) in Wagenmakersvallei (Wellington) en Limiet Rivier (1715) aangrensend aan Zoetendal. Hy was een van die suksesvolste graan- en wingerdboere aan die Kaap. Hy is in Oktober 1731 oorlede.

Was Guillaume en Francois du Toit werklik Hugenote? Of was hulle afstammelinge van Hugenote? Ons weet reeds dat daar vanaf 1605 Du Toits in Leiden was. Is die broers nie maar net die nageslag van hierdie familie nie? As ons die lys van toekennings aan Hugenote hierbo genoem vergelyk, is dit duidelik dat sowel Guillaume as Francois wel finansiële ondersteuning as Hugenote ontvang het. In 1690 het die broers 'n toelaag ontvang uit die Bataafse Fonds.

Hy was 'n sterk opponent van goewerneur W. A. van der Stel. Hy en Guillaume het 'n lewendige rol gespeel in die opstootjie wat daar geskied het tussen die Goewerneur en die Koloniste oor die klagbrief van Adam Tas. Onder datum van die 20 Desember 1706 vertel Tas dat hy daardie dag by Francois du Toit die ete geniet het. Dieselfde nag is hy gewek deur die geklop van Abraham Bleusei, wat van Drakenstein gery het, om Tas mee te deel dat vyftien Franse daardie dag aan die huis van Du Toit was en dat die Landdros besig was om die boere te beweeg om 'n geskrif te laat teken ten gunste van die Goewerneur. Eers is hulle met beloftes toegespreek, meld Bleusei, naderhand met dreigemente, maar hulle kon Du Toit nie beweeg nie. Eindelik het die Landdros die deur laat sluit en iemand daar gestel om dit op te pas. Niemand wou egter teken nie.

Sowel Guillaume as Francois is gevolglik gelas om voor die geregshof te verskyn in verband met die ondertekening van die klagbrief, maar hulle het geweier om aan die versoek te voldoen en het saam met sewe ander burgers na die Vier-en-twintig Riviere gevlug. In hul afwesigheid is die vonnis uitgespreek, nl. dat hulle vir 5 jaar na Mauritius verban word. Elkeen is ook 'n boete opgelê en verbied om ooit weer 'n militêre of politieke pos te beklee. Die Goewerneur het alles in sy vermoë gedoen om die manne terug te kry, maar tevergeefs. Guillaume en Francois het, na dit blyk, vriende gehad onder die dienaars van die Goewerneur en dié het die Du Toits in 'n brief wat hulle aan die manne geskryf het, aangeraai om nie terug te keer nie.

Francois sterwe in 1734.

Die broer en ander stamvader Guillaume du Toit en Sara Cochet het net een dogter gehad:

b1 Helena gebore 23 Julie 1690 en gedoop 6 Aug 1690, sterwe 14 Jan 1714, X Jan Oberholster

Bronne: Kannemeyer, AJJ: Hugenote-familieboek, 1940 Coertzen, P: Die Hugenote van Suid-Afrika 1688-1988,1988 De Villiers/Pama Heese/Lombard Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek Juna Malherbe, Genforum

Saamgestel deur: Martina Louw (nee van Breda) Kennethl@xtra.co.nz Piet du Toit dutoitel@iafrica.com

www.stamouers.com



Arrived in Cape Town in 1686 on board the Vrijheit. First farm was Kleine Bosche (Kleinbosch). Other farms were Soetendal, Land van Waveren and Schoongezicht. His brother Guillaume only had daughters.



"Vanaf Lille, Vlaandere. Kom in 1686 na die Kaap aan boord die Vrijheit. Hy besit die plase Kleinbosch, Schoongezicht en Palmietvallei in Daljosafat, Soetdal (ontvang op 11 Mei 1712) en Lemietrivier in Wagenmakersvallei (die huidige Wellington).

Volgens familie-oorlewering het Francois vir goewerneur Simon van der Stel gevra om die Dal (Daljosafat) aan hom te verkoop, maar omdat daar baie San (Boesmans) en Khoikhoi krale oorkant die Bergrivier was, het die goewerneur geweier en gesê dat Francois en sy gesin vermoor sou word. Hy het egter volgehou en in 1692 het die goewerneur Simon van der Stel die plaas aan hom toegeteken met die woorde: "Jy moet jouself verdedig, ek staan nie borg vir jou veiligheid nie". Geen sulke bepalings kom egter op die grondbrief voor nie, die plaas De Kleine Bosch (Kleinbosch) is volgens die standaard voorwaardes uitgegee.

Lemietrivier was aanvanklik 'n weidingsplaas vanaf 1706. Francois het die weilisensie op 7 Desember 1706 verkry. Die weilisensie is na elke ses maande hernu. Op 23 Augustus 1715 het hy die plaas as eiendomsgrond ontvang. Francois du Toit het 'n gemengde boerdery van graan, wingerd en vee be-oefen.

Hy was 'n Heemraad vir Drakenstein en Ritmeester van die burgerkommando. Jan Manie en Pierre Viviers het op 3 Maart 1704 verklaar dat hulle op 19 Oktober 1703 by was toe die gekommiteerdes van die landdros en heemrade na die plaas van Jean le Roux de Normandië is om ondersoek in te stel na die bouwerk waarmee hy besig was. Die gekommiteerdes het bevind dat die bouwerk bo die skeiding van die land opgesit is en het hom beveel om dit te staak. Hierop het Jean le Roux vir heemraad Francois du Toit belaster. Hy het 'n belangrike rol gespeel in die vryburgers se stryd teen goewerneur W A van der Stel.

Du Toitskloof, in die Drakensteinberge is na hom vernoem." Souce: Huguenot Memorial Museum



Wynboer: Boer saam met sy broer Guillaume. In 1692 reeds 10000 wingerdstokke gehad.Op 18 Maart 1695 bekom hy die plaas De Kleine Bosch in Drakenstein. In 1720 het hy reeds 20000 wingerdstokke gehad. Hy plant ook baie eikebome aan. Op 11 Mei 1712 bekom hy die plaas Soetendal. Hy besit later ook Schoongezicht, Palmietvallei en Lemietrivier. Ouderling in die Drakenstein gemeente. Het nie geskroom om standpunt in te neem nie en was betrokke by voorvalle wat gevolg het op klagtes teen goewerneur Willem Adriaan van der Stel.


of Kleinbosch, Drakenstein. Heemraad. Born Rijssel, Flanders. died before December 1731, (based on will filing date) He came from Flanders and arrived at the Cape in 1686, on board the Dutch East India Ship 'De Vrijheid' which, in that year, left Wielengen on the 9th March 1686 bound for Batavia, calling at the Cape between 23rd June 1686 and 3rd July 1686.

Both in their will of 1715 and that of 1730, Francois and Susanne make special provision for their youngest son, Steven or Stephanus. In the 1715 will he is left 800 gulden over and above what would be his share. In 1723 he is left the same plus the farmhouse called 'de Lemite Rivier', the reason for this is his disablitiy (gebrekkelijkheijt).

In 1730 they issued a codicil changing their executors with no mention of the son Stephanus.

Die stamvader van die DU TOITS in Suid-Afrika is ene FRANCOIS DU TOIT, oorspronklik afkomstig van Ryssel in Frankryk Vlaandere.

Francois du Toit het met sy broer, GUILLAUME DU TOIT omstreeks 1688 na Suid-Afrika gekom. Hulle was Franse vlugtelinge en Guillaume en sy eggenote Sara Cochel, die weduwee van Pieter de Klerk, het net drie dogters gehad en gevolglik het sy naam uitgesterf.

Op12 Februarie 1690 is Francois getroud met Susanna Seugnet van St. Ong'e. Die paartjie het hulle op die plaas 'Soetendal' gevestig. Later het Francois du Toit die Goewerneur versoek om die Dal (tans bekend as Daljosaphat) aan hom af te staan. Sy aansoek is egler geweier, omdal die Goewerneur bevrees was dal die Boesmans en Hottentotte wat oorkant die Bergrivier gewoon hel, die Du Toils sou vermoor. Francois het egter daarop aangedring en die grond is eindelik aan hom afgestaan. Hy het ook die plaas 'Kleinbos' aangele waarop hy baie eikeboke geplant het. Francois en Susanna was die ouers was nege kinders

The organised large-scale emigration of Huguenots to the Cape of Good Hope in South Africa occurred during 1688 - 1689. However, even before this large-scale emigration individual Huguenots such as François Villion (1671) and the brothers François and Guillaume du Toit (1686) fled to the Cape of Good Hope. In 1692 a total of 201 French Huguenots had settled at the Cape of Good Hope. Most of them settled in an area now known as Franschhoek ("French Corner"), some 70 km outside Cape Town, where many farms still bear their Original French names. http://sassienie.com/archivelinks/Who%20were%20the%20Huguenots.pdf



Born in Ryssel, Flanders in France. Rijsel was the Dutch name for Lille in northern France on the border of Belgium. Born 15 September 1664. One of the earliest French Huguenots. His farm was De Kleijne Bosch in Paarl.



Hugenote Immigrant

The Huguenot symbol

François du Toit was a Huguenot emigrant. Join: Huguenot Migration Project Discuss: huguenot 

boat at sea with people approaching coast of Cape of good Hope

François du Toit is a Cape of Good Hope - Kaap de Goede Hoop (1652-1806) Stamouer-Progenitor Join: Cape of Good Hope - Kaap de Goede Hoop (1652-1806) Project Discuss: DUTCH_CAPE_COLONY_PROGENITORS 

Farmer. Kleinbosch, Dal Josafat, Cape of Good Hope, South Africa.

Arrival in the Cape Colony July 1686, Cape of Good Hope, South Africa

du Toit Farms - Aan Het Pad and Watergang - Stellenbosch.

        ===============================

Brother of Guillame Du Toit.
Arrived in South Africa 1687 Both brothers convicted of Sedition 9 Sept 1706.

Circa <b>1685</b> two Du Toit brothers left Lille (France) during the <u>Huguenot <the_huguenot.htm></u> persecutions by the Catholic Church and fled to Nederland. No details were found about their origins or professions, but, considering their success in Stellenbosch, they were surely also farmers in France.
In <b>1686</b>, on board the "Vrijheit", the two brothers - Guillaume du Toit and his younger brother <b><u>François du Toit <du_toit's.htm></u> - </b>arrived at the Cape and settled, almost immediately in the Stellenbosch region.
In <b>1687</b>, Guillaume du Toit is granted a farm - Aan't Pad - which was only allocated to him in 1692.
In <b>1690</b> François marries a Huguenot girl, Susanne Seugnet, who had arrived at the Cape with her two sisters Claudine and Jeanne, in 1689. François du Toit is also allocated his first farm - De Kleine Bosch - in <b>1692</b> . He must, therefore, have obtained De Kleine Bos shortly after his marriage. Like his brother Guillaume, he also played a prominent part in the local community. He strongly opposed governor W.A. van der Stel. He was also a member of the heemraad for Stellenbosch and Drakenstein.
He apparently prospered as a farmer, because he eventually owned three farms : De Klein Bos, Zoetendal in the Wagenmakersvallei and Limietrivier adjoining Zoetendal.
François and Guillaume, who had come from the north of France, did cultivate vines, but not on as large a scale as some other Huguenots. They went in for mixed farming with a large number of stock and a reasonably high grain production. François was obviously the most successful Huguenot farmer.

view all 16

Francois du Toit, SV/PROG's Timeline

1664
September 15, 1664
Lille, Spanish Netherlands, Holy Roman Empire
1664
Lille, Flandre, France
1691
1691
Cape of Good Hope, South Africa
1692
1692
Caep de Goede Hoop, South Africa
1692
Age 28
"Kleinbosch", Dal Josafat
1693
1693
Drakenstein, Caep de Goede Hoop, South Africa
1693
Stellenbosch, Cape, South Africa
1695
May 8, 1695
Paarl, Drakenstein, Dutch Cape Colony, South Africa
1697
March 24, 1697
Palmietvlei, Dal Josafat, Paarl, Caap de Goede Hoop, Suid Afrika