Stephanus Johannes Paulus Kruger, e3f3g9

How are you related to Stephanus Johannes Paulus Kruger, e3f3g9?

Connect to the World Family Tree to find out

Stephanus Johannes Paulus Kruger, e3f3g9's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Stephanus Johannes Paulus Kruger, e3f3g9

(Byvoeging deur Kornelius Snyman 5/5/2014: Dit wil voorkom of President Paul Kruger twee seuns gehad het met die name "Stevanus Johannes Paulus", een gebore op 21/11/1856 en een op 23/7/1860. Sou die oudste een dalk baie jonk doodgegaan het (voor die tweede gebore is) en sy naam toe vir die jonger een gegee is? Hier is 'n bron wat beide gee, maar met die jongste een se geboortedatum verkeerdelik as 23/7/1961: http://www.krugerfam.com/p004.html) Die bron hieronder (doopregister) wys duidelik die geboortedatum as 23 Julie 1860.)

b7c2d4e3f3g9

Bronne

  1. Doopregister - https://familysearch.org/pal:/MM9.3.1/TH-1942-23406-18015-63?cc=191...

Die bogenoemde is korrek oor die hergebruik van die naam. Daar is egter verwarring of daar 3 seuns met die naam was, respektiewelik *1856, *1860 en *1861, of net twee, *1856 en *1861.

Hiervolgens is daar:

  • Stephanus Johannes Paulus i Kruger, b7c2d4e3f3g7, *1856
  • Stephanus Johannes Paulus ii Kruger , b7c2d4e3f3g9, *1860
  • Stephanus Johannes Paulus iii Kruger, b7c2d4e3f3g10 *1861.

Dis die situasie op 2020-11-28, behalwe dat die konvensie van onderkas Romeinse letters vir sibbe met dieselfde naam, nie op die profiele voorkom nie en ook nie aangebring kan word nie weens onsekerheid. Die eerste kind se profiel kan ook nie geredigeer word nie, maar daar is nie probleme met hom nie.

Vir Stephanus Johannes Paulus iii Kruger, b7c2d4e3f3g10 is daar ‘n sterfkennis. Hy was daarvolgens 16 met afsterwe in Mei 1878. Dit kan sy berekende geboortejaar in 1861 of 1862 maak. Kruger Sr onderteken die SK self.

Hy bring in die familebybel [1] net een Stephanus Johannes Paulus aan, “gebooren in het Jaar 1861 den 23 Julij”. Die dooprekord by hierdie profiel gee dieselfde dag en maand aan, maar die jaar as 1860. Die dooprekord is in ‘n eenvormige handskrif en besonder netjies uiteengesit, wat sterk daarop dui dat dit ‘n afskrif is. Selfs sulke oorskrywers kan foute maak of die oorspronklike was onduidelik.

My oorwoë mening is dat Stephanus Johannes Paulus Kruger ii, g9 en Stephanus Johannes Paulus Kruger, iii, g10 dieselfde persoon is en wel gebore op 23 Julie 1861.

Hierdie profiel behoort egter behoue te bly. Die DVNs na hierdie persoon is ongelukkig dan foutief. In der waarheid is die hele skema soos dit tans uitsien verkeerd, want Maria Kruger (moeder: Anna Maria Etresia du Plessis) is nie in aggeneem nie. Hernumerering sal egter ‘n groepsbesluit onder toesig van ‘n kurator moet wees.

Die mortaliteit onder Kruger se kinders is hoog, selfs vir daardie tyd. Van sy 17 kinders wat volgens my bestaan het, maak 7 dit nie tot volwassenheid nie. Twee daarvan is ‘n tweeling, wie se kanse maar skraal was destyds. Origens reflekteer sy kinders egter sleg op ‘n man wat sinoniem is met krag en forsheid! "Soos ‘n berg, ongebuk, breed en bonkig van stuk, dis hy!" -- Jan FE Cilliers

Bron:

1. http://www.krugerfam.com/p004.html (Die fout van 1961 wat mnr Snyman noem is waarskynlik intussen reggemaak).

David Abraham Swanepoel
view all

Stephanus Johannes Paulus Kruger, e3f3g9's Timeline

1860
July 23, 1860
Rustenburg, Transvaal, South Africa
September 23, 1860
Gereformeerde Kerk, Rustenburg, Zuid-Afrikaansche Republiek, Rustenburg, Bojanala, North West, South Africa
1861
1861