Willem Jacobus van Zyl

Is your surname van Zyl?

Connect to 5,000+ van Zyl profiles on Geni

Willem Jacobus van Zyl's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Willem Jacobus van Zyl

Birthdate:
Birthplace: Heidelberg, Cape of Good Hope, South Africa
Death: August 04, 1952 (87)
Heilbron, Orange Free State, South Africa
Immediate Family:

Son of Christoffel van Zyl and Helena Bernhardina van Zyl, b2c5
Husband of Dina Maria Van Zyl
Father of Christoffel van Zyl; Johan Tobias van Zyl; Willem Jakobus van Zyl and Margaretha Alberta Louw
Brother of Hendrik Samuel Johannes van Zyl; Helena Hendrina Margaretha Howell; Christoffel Pieter van Zyl and Frederik Rynard van Zyl

Managed by: Johan Adam Bosman
Last Updated:

About Willem Jacobus van Zyl

Surname VAN ZYL Name WILLEM JACOBUS Age 36 Address ROOIPOORT District HEILBRON Where Captured REITZ When Captured 1901/07/11 Camp Onbekend Country Onbekend Ship (To) Onbekend Ship (Back) Number 21669 Ref ID 20752 League of Veterans < Previous page Submit

Surname van Zijl Name Willem Jacobus Date Birth 6.5.1865 Residence Heilbron Name Last Officer Kmdt Davel Weapon 12.7.1901 When Killed Widow Veteran Branch Heilbron Notes Ref ID 13022

PRESIDENT STEYN IN GEVAAR OP REITZ

Ten einde te besin oor die wenslikheid al dan nie op die oorlog teen Brittanje voort te sit, het die leiers van die twee Republieke besluit om op generaal Louis Botha se plaas, Waterval in die distrik van Standerton, te vergader. Selfs die oue president Kruger het ’n boodskap gestuur dat daar met die oorlog voortgegaan moes word. Omdat die Boeremagte weer ’n paar oorwinnings oor die Engelse behaal het, is daar op genoemde vergadering besluit om wel met die oorlog voort te gaan.

Na die algemene vergadering van die Vrystaatse krygsraad op die plaas Spijtfontein tussen Reitz en Lindley, op 3 Julie 1901 is president Steyn en sy regering terug na sy eie kommando wat na Reitz begin beweeg het. Sommige van die regering se heliograwe was buite werking en president Steyn het besluit om ’n paar dae in Reitz te vertoef ten einde die heliograwe te laat herstel. Hy het aan kommandant Davel toestemming gegee om die Boere-krygers ’n paar dae verlof te gee.

Onder hulle was ’n verraaier, Jan Steenkamp, wat die president se posisie dadelik aan die vyand, wat ook in die omgewing was, verklap het. Met die hulp van Steenkamp het generaal R.G. Broadwood en sy troepe na Reitz vertrek om president Steyn te probeer vang. Maar gelukkig het generaal De Wet verkeerde inligting na die vyand laat deursypel om hul op ’n dwaalspoor te bring. Toe die Engelse uitvind dat generaal De Wet ook in die nabyheid was, het hulle besluit om hom te agtervolg, want as hulle dit kon regkry om hierdie vermaarde Boere-generaal te vang, sou hul beker van geluk oorloop. Aan die ander kant sou dit feitlik ’n nekslag vir die Boere beteken. Die middag van 9 Julie 1901 kon die president en sy gevolg die dorp dus ongehinderd binnetrek. Gordon Fraser (privaat-sekretaris van die president) het aan President Steyn gesê dat hy bekommerd is dat indien die Engelse hulle sou agtervolg hy, die President, nie vinnig op sy perd sou wegkom nie.

Dit was algemeen aanvaarde verstandhouding dat die president nooit oornag het op die plek waar hy dieselfde dag aangekom het nie. Generaals AP Cronjé en JB Wessels het hom probeer oorreed om verder te gaan. Kommandant Davel se verkenners het berig dat Broadwood en sy soldate sowat 8 km buite die dorp sou oornag. Bowendien was veldkornet H Serfontein en sy kommando tussen die dorp en die vyand. Daarom het Steyn hom veilig gevoel om wel in Reitz te oornag.

Na die pas afgelope beraadslagings en omswerwinge was die president daardie aand baie uitgeput en dit het verder gelyk asof ’n lomerigheid, soos soms in die verlede, hom oorval het. Die meeste burgers het ook aan die plaaslike gemeente behoort en baie van hulle het ook tuishuise op die dorp gehad – wat nog nie almal deur die Engelse verwoes is nie – waar hulle die nag sou deurbring. Die tent waarin president Steyn die nag sou slaap, is voor die huis van Reitz se landdros, landdros Rossouw opgeslaan en hy, sy oudste broer, Pieter, sowel as generaals Cronjé en Wessels het in die tent geslaap. Dit is onduidelik waarom die president nie in die huis geslaap het nie, maar waarskynlik sou die Engelse hom makliker in die huis kon vaskeer en om dit te verhoed, het hy verkies om in die tent te oornag. Davel en Thomas Brain het hulle vir die nag onder ’n wa digby die president ingerig. President Steyn se sekretaris, Rocco de Villiers en Gordon Fraser, Alec McHardy, Paul Kamann en Hendrik van Jaarsveld het in landdros Rossouw se huis geslaap. Sommige van die perde is gekniehalter en dié van die president sowel as ’n paar ander is in ’n stal, sowat 400 meter van die tent af, geplaas.

Baie na aan die president se tent het sy getroue Griekwa-agterryer en kok, Ruiter, geslaap. Hy was deurentyd in die nabyheid om president Steyn van diens te wees. Omdat die burgers hulle redelik veilig gevoel het met die vyand op ’n afstand, is daar die nag geen wagte uitgeplaas nie. Daardie nag het die president, soos dit sy gewoonte was, om 02h00 opgestaan en gaan kyk of alles nog in orde was. Nadat hy hom vergewis het dat dit wel die geval was, het hy hom weer ter ruste begewe. Dou voor dag het Ruiter die volgende oggend ontwaak en hy het begin om vir die president sy gebruiklike oggend koffie te maak uit ’n brousel van gebrande mielies, koring, gedroogde pampoen en gemaalde witgatboom-wortels. Skaars het Ruiter die slaap uit sy oë gevee of hy sien dowwe, Khaki-geklede figure die dorp binnery. Hy het dadelik besef wie dit was, alles net so gelos en hom na president Steyn gehaas. Steyn het in sy nagkabaai verskyn toe die Engelse sowat 400 meter van sy tent af was. Gelukkig het Ruiter geweet waar die president se perd was en het hom gaan haal. President Steyn het ’n ander bruinman, Hans, gestuur om gou sy saal en sy rewolwer te gaan haal, maar hy is deur die Engelse gevang. Die president was net van plan om bloots op te klim toe ’n jong onderwyser, afkomstig uit die Paarl, JC Curlewis, met sy eie saal opdaag en daarop aandring dat die president dit moes neem. Omdat Curlewis heelwat korter as die president was en die Engelse reeds baie naby, het president Steyn nie kans gehad om die stiebeuels langer te maak nie. Hy en Ruiter is toe inderhaas daar weg op hulle perde.

Die volgende burgers is deur die Britse soldate daar op Reitz gevange geneem en sou later per skip na ’n konsentrasiekamp op Bermuda gestuur word, naamlik Thomas Brain (regering-sekretaris); Andries P Cronjé (lid van die Uitvoerende Raad en van die Kryg kommissie); Pieter G Steyn (broer van die president en lid van die Uitvoerende Raad); Alex W Mc Hardy (sekretaris van die Kryg kommissie); Gordon A Fraser (privaat sekretaris van die president); WJ van Zyl (’n vriend van Thomas Brain); FWJ Slabbert (lid van die berede diensmag); OAI Davel (kommandant) en JC Curlewis (kommandant Davel se adjunk).

President Steyn het sy vlug voorgesit en op die plaas van ene De Jager naby Houtkop, sowat 12 km ten suide van Reitz op die Bethlehempad, uitgekom. Die huisvrou het haar man se troubaadjie aan die president gegee om hom teen die winterkoue te beskerm. Hy het dit teësinnig aanvaar. Daarvandaan is hy na Gert de Beer se plaas waar hy Barry de Beer en Johannes Theron raakgeloop en hulle dadelik as sy private sekretaris en sekretaris van die Uitvoerende Raad onderskeidelik aangestel het.

President Steyn het nou besluit om sy lyfwag tot 30 burgers te verminder met kaptein JJ van Niekerk as kommandant in die plek van Davel wat op Reitz gevange geneem is. Afgesien van die burgers wat daar gevange geneem is, het die Britte ook op ’n aantal belangrike staatsdokumente en ’n hoeveelheid geld beslag gelê.

Die Engelse se verrassingsaanval op Reitz het ernstige gevolge vir die Vrystaatse strydmagte gehad. Van die knapste regeringsamptenare is gevange geneem, belangrike korrespondensie tussen die Republikeinse regerings het in die hande van die Engelse beland en op sommige wankelmoedige burgers het dit tot groter twyfelagtigheid en selfs oorgawe gelei. Dat die waaksaamheid van die Boere so swak was, kan uit ’n militêre oogpunt nooit goedgepraat of verskoon word nie. Tog het hierdie onverkwiklike episode ook duur lesse ingehou. Voortaan sou die Vrystaatse president baie beter bewaak word, verkenners sou voortdurend uitgestuur word en daar is opnuut besef watter ernstige bedreiging verraaiers in eie midde vir die Boeresaak ingehou het.



===League of Veterans AOB === Added by AR Swanepoel

Surname van Zijl
Name Willem Jacobus
Date Birth 6.5.1865
Residence Heilbron
Name Last Officer Kmdt Davel
Weapon 12.7.1901
When Killed
Widow Veteran
Branch Heilbron
Notes
Ref ID 13022



===AOB Prisoners of War=== Added by AR Swanepoel

Surname VAN ZYL
Name WILLEM JACOBUS
Age 36
Address ROOIPOORT
District HEILBRON
Where Captured REITZ
When Captured 1901/07/11
Camp Onbekend
Country Onbekend
Ship (To) Onbekend
Ship (Back)
POW Number 21669


view all

Willem Jacobus van Zyl's Timeline

1865
May 6, 1865
Heidelberg, Cape of Good Hope, South Africa
June 18, 1865
Heidelberg, Cape of Good Hope, South Africa
1909
July 8, 1909
1910
September 8, 1910
1911
August 27, 1911
Heilbron, Northern Free State, Free State, South Africa
1916
January 24, 1916
1952
August 4, 1952
Age 87
Heilbron, Orange Free State, South Africa