Mary Davis - Davies/Homan

Started by Private User on Sunday, February 4, 2018
Problem with this page?

Participants:

Profiles Mentioned:

Showing all 2 posts

Hallo Marie
Ek doen navorsing oor die Davies familie en het heelwat inligting van William Richard Davis en Martha Ann Davis (ook DAVIES). Ek is egter op soek na hulle voorouers. William Richard het 'n suster Margaret gehad wat met James Smith getroud is en in Queenstown gebly het. Hulle het net een dogter Sarah Ann gehad en sy was getroud met Keenan - woonagtig in Germiston. Ek het hulle inligting redelik onder die knie. As jy egter enigiets oor Davies en Bentley het wat lig kan werp op hul herkoms sal ek besonder dankbaar wees. Ek het enkele foto's wat geen besonderhede verklap nie. Sover ek weet het Martha voor haar dood by haar dogter Mary en ook haar seun Dan (my oupa) in Boksburg gewoon. Hulle het in daardie stadium naby mekaar gebly in Driefontein Hills (66 Gold Straat Boksburg - waar Martha dood is.) My gevoel is dat die dogter (Mary) moontlik enige dokumente en foto's oor haar ouers en ook familie in haar besit gehad het. Thomas Bertram Davies, die oudste broer het ook in Boksburg omgewing gebly maar ek het kontak met sy nageslag en hulle het nie enige inligting vir my nie.

More Anna,
Ek het vir jou profiele bygewerk, as jy manager opsies wil verkry, vra net asb.
Sal kyk wat ek nog kan kry.

Showing all 2 posts

Create a free account or login to participate in this discussion