Vraag aan die van der Merwes

Started by Frans van der Merwe Oosthuizen on Thursday, May 19, 2011
Problem with this page?

Participants:

Related Projects:

Showing all 26 posts
5/19/2011 at 5:05 AM

Hello,

Ek weet nie eitnlik wie om te vra nie, maar aangesien my vraag met 'n van der Merwe te make het, hoop ek ek kry dalk hier iemand wat kan help:

Ek is op soek na inligting rakende my oupa, Frans Jacobus Wilhelmus van der Merwe (b. 8 apr 1924, d. 8 apr 1968), getroud met Maria Magrieta van Rensburg (1928 - ). Hy het geboer op Varsfontein, distrik Prins Albert.

Sy pa was blykaar 'n ene "Kola", maar ek weet niks meer nie. Ek dink ook dat Kola van Calvinia omgewing was.

Dankie!
Frans

5/20/2011 at 10:16 AM

Hallo Frans! Lyk my ek en jy is op dieselfde ontdekkingstog.

Eers bekendstelling. Ek is (tannie) Elsa Dijkman se seun. Sy is een van jou oupa Frans se susters. Toevallig het ons vannermerwe nasate onlangs 'n groep begin op Facebook. As jy my bevriend daar, sal ek jou uitnooi na die groep en ook ons stamboek op MyHeritage.com. Ons is besig om Oupa Kola se stamboom na te vors en in te vul. Ekself soek nou naarstiglik na SY voorsate om die pad terug te kry na die stamvader. Ek oorweeg nog om die stamboek hier op Geni ook te sit, maar ongelukkig ondersteun hulle nie "import" van genalogiese inligting nie, en sal ek alles moet oortik. So nou werk ons maar eers op MyHeritage. Ons kort hoeka van julle familie se details. Daar is ook sprake van 'n reunie in Januarie 2012, maar daar's nog niks finaal nie.

Hoor graag van jou!

Groete uit Kanada!

Private User
5/20/2011 at 10:26 AM

Ahoi Jan...Klink my julle bewys waaroor Geni gaan in terme van saamwerk!

Jan... die ding met Geni en GEDCOMS is dis regtig nie nodig nie. So groot deel van die boom bestan. Bou net die verskil. Link Kola na Willem en jou hele boom sal homself oplos. Doen dit met elke lyn. Glad nie soveel werk nie en ons is baie wat sal help.

Sodra jou struktuur in is kan jy begin kyk waar het jy beter data as wat ons op Geni is.. en help om wat verkeerd is reg te maak. So sal hier by ons vele hande ligte werk maak...

Is oupa Kola al op Geni?

jy hoef net die verskil in te sit. Link Kola to by Willem en jy het baie min werk. As jy dieselfde met elke lyn doen is jou hele boom sommer vinning in Geni in...

5/20/2011 at 10:37 AM

Mauritz, verskoon my onkunde, maar hoe kan ek my Oupa "link" tot by Willem sonder 'n direkte skakel ?

Private User
5/20/2011 at 10:47 AM

Ek weet nie of ek nou gaan sin maak nie.. maklikste is bou net jou direkte lyn. Merge Willem met Willem... en dan die duplikate af in die boom...

Gewoonlik as jy net eenvoudig opbou van jouself af sal die hot matches jou waarsku sodra daar matches is...(jy moet naam en geboorte datum insit dink ek.).. So jy behoort nie al die pad tot by Willem te bou nie..

Die ander manier is om jou lyn van Willem af te soek en dan af te bou na jouself toe en met jouself te merge..

Laat maar weet as ek moet help..

Private User
5/20/2011 at 10:49 AM

Iemand het onlangs sy hele boom gebou en opgelink deur so iets soos 300 profiele te laai... Dis letterlik omtrent waar ons nou is. Die bokant van ons boom 1600 tot 1800 is besig om vinnig voltooid te raak..

5/20/2011 at 10:54 AM

OK, wel as jy my antwoord aan Frans lees, sal jy sien dis juis my probleem: ek het al rondgeklim in Willem se stamboom, maar kon tot nou toe nognie 'n lyn kry tot by my Oupa Kola nie. Dis waarna ek nou soek.

Private User
5/20/2011 at 10:58 AM

Enige idee wie Kola se pa was?

5/20/2011 at 11:02 AM

Nee! dis die probleem. Ek sit nog dáár vas. ;)

Private User
5/20/2011 at 11:08 AM

Dis nou mooi.. Daar is so mooi Van der Merwe boek in 'n box wat my nou niks help nie..

Iemand sal wel kom help.. Bou solank op tot by Kola en link die twee van julle se bome solank... en gee so bietjie geduld..

5/20/2011 at 11:15 AM

Ek probeer nou juis. Ek het Frans se ma (my niggie) op my boom bygesit, maar nou kry ek nie die twee deur haar geskakel nie. Help! Die ding sê ek moet haart in die ander boom "view" sodat dit op my lys van ge"view"de profiele kan kom, maar as ek haar op my boom probeer merge, dan kry die ding haar nie elders in Geni nie?

Private User
5/20/2011 at 11:27 AM

Ons sal moet wag tot Frans my Familie versoek goedkeur. Het julle dit reeds uitgeruil?

5/20/2011 at 11:44 AM

Nee, moet ons eers "collaborate" om dit te kan doen?

Private User
5/20/2011 at 12:27 PM

Yip.. Ok.. alles in plek vir my met albei van julle... kom ons kyk...

Private User
5/20/2011 at 12:38 PM

Wel, wel, wel
Ek is bly daar is nog van my neefs wat vashak oppie vdM's. Ekself soek nou al baie lankal na my oupa grootjie vdM (aan my ma se kant) se voorvaders. Is op ander lyne al aan die vdM
Hoop een va julle het dalk vir my inligting. Hier volg dit wat ek het:
Johanna Dorothea vdM (21/6/1932 - tans) x Andries Johannes Oosthuizen (30/10/1931 - 21/9/1981) dogter van Magdalena H. E. Vermaak (14/7/1902 - 6/5/1985) & Marthinus Johannes vdM (12/4/1902 - 8/1/1973) seun van Hendrik Johannes vdM (? - ?) & Dorothea Regina Schoeman (6/11/1877 - ?)
Hoop om van jul te hoor.
GerritO

Private User
5/20/2011 at 1:06 PM

Dink jou Vdm is ook nie in die boekie nie GerritO..

Die Schoeman link sal in die Schoeman boek wees en die van der Merwe in die VDM... worst case scenario sal julle net so 6 maande moet wag .. dan sal ek help ;-)

Private User
5/20/2011 at 1:27 PM

Dankie Mau ;-)

Die Schoemans het ek reeds gekry tot by Hendrik Schoeman SV/PROG. Stoei al paar jaar aan die vdM's so nog 6 mnde salie saak maakie. Ma salie ophou probeer nie.

Groete
GerritO

Private User
5/20/2011 at 1:33 PM

Sekerlik 'n kans dat iemand jou gaan help voor dan!

Private User
5/21/2011 at 2:18 AM

Hallo, julle!

Wat se informasie soek julle van Frans Jacobus Wilhelmus van der Merwe? Hoe hy link aan Willem Schalk van der Merwe? Weet julle dalk wie se kind hy was van Willem se 17 kinders? Ek het net 'n van der Merwe boek wat in detail die stam gee van Hendrick sy seun en dan Hendrick se seun Willem. Ek het dit alles al op Geni gesit wat baie lank gevat het. Ek kan nie onthou dat ek 'n Wilhelmus op gelaai het nie. Ek het baie Wilhelmina's, Willem's, en by my familie Wilhelm's gekry. My pa en broer en ek dink my oupa het Wilhelm naam. Ek het nog nie die bietjie informasie van die 17 kinders van Willem wat ek het opgelaai nie. Ek het nog nie tyd gekry nie, want ek studeer. As ek iets kry wanneer ek weer aan dit werk sal ek julle laat weet.
Hendie Dijkman sal jy my ook asseblief add na die Van der Merwe groep op facebook. Ek het al paar familie op facebook op gespoor net om vir hulle te search. Ek het ook nog kontak met Koos van der Merwe se klein klein kinders wat Merwespont own op Bonnievale. Dalk sal hulle pa wat nog lewe Laubscher van der Merwe iets weet van die ouer generasie van Van der Merwe's.

5/21/2011 at 3:38 AM

Hi Maryke,

Ek het toe Kola (Jacobus Johannes Gideon vdM) gekry, maar ons weet nog niks van sy voorgeslag nie! Hopelik vind ons iewers iet! Laat weet gerus weet as jy iets uitvind!

Groete,
Frans

Private User
5/21/2011 at 7:11 AM

Maryke ... Hulle soek Kola van der Merwe

Private
5/22/2011 at 12:56 AM

Ai tog, een dag weg en hier is sommer vanmy Oosthuisens, reeds voltooi aan my kant, asook vander Merwe, voltooi aan my kant.
Ek glo ek het redelik alles vand ie van der Merwe's.
Makliker oplossing - sê ons waar hulle gebore, gelewe en oorlede is en dan kan ek julle help om die spoor te vind.
Ek gaan julle nou opsoek op Geni en nooi na die kollab en die familie indien dit saamval.
Mau weet, ek doen reeds 33+ jaar navorsing, ens, ens.
Ek help graag.
Groete,
Judi

5/22/2011 at 5:59 AM

Hi Judi,

Ons soek Kola van der Merwe (link bo deur Mauritz) se voorgeslag (en sy vrou s'n ook! Ek weet nie waar hy gebore is nie, maar het geboer op die plaas Biesies in Williston distrik.

sy graf:
http://www.eggsa.org/library/main.php?g2_itemId=1005011

Dalk weet jy waar hy inpas?

Groete,
Frans

5/22/2011 at 5:59 AM

Hallo almal , kan ek maar hier inval met my doodloopstraat . Het enige van julle dalk inligting van my man se grootoupa : Gerhardus Christiaan van der Merwe oorlede 13 Desember 1953 in Pretoria . Was getroud met Maria Hendrina Hattingh (ek het reeds haar hele lyn tot by die stamvader) Hulle Kinders was 1) Gerhardus Christiaan 2) Gertruida Magdalena (my man se ouma) 3) Maria Hendrina 4)Gerbregt Catharina 5) Johannes Leonardus

Ek mag dalk nog kinders kort maar ek sukkel vreeslik om hierdie man se ouers op te spoor !

Sonskyngroete
Marie

Private User
5/22/2011 at 9:05 AM

Hallo Judi, Mau, Frans en die res

Die Hendrik Johannes vdM (? - ?) x Dorothea Regina Schoeman (6/11/1877 -?) se seun Marthinus Johannes vdM (12/4/1902 - 8/1/1973) is volgens hoorse in die distrik van Lydenburg gebore en is oorlede en begrawe in Carolina. so ek vermoed sy pa is waarskynlik in die Lydenburg distrik oorlede.

Laeveld Groete
GerritO

6/8/2011 at 8:23 AM

Ons het toe Kola vd Merwe se pa gekry:

Frans Jacobus Wilhemus van der Merwe

Ek vermoed sy oupa was ook Frans Jacobus Wilhelmus van der Merwe, gebore 1840, getroud met Maria Helena Elizabeth PRETORIUS b: 7 Aug 1860 in Robertson en getroud te Calvinia.

Indien enigiemand inligting het wat dit kan bevestig, of dalk vir ons in 'n ander rigting stuur, sal dit gaaf wees.

Groete,
Frans

Showing all 26 posts

Create a free account or login to participate in this discussion