Abraham Christoffel Johannes Swanepoel

Is your surname Swanepoel?

Connect to 15,678 Swanepoel profiles on Geni

Abraham Christoffel Johannes Swanepoel's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Abraham Christoffel Johannes Swanepoel

Hy is waarskynlik die Abraham Swanepoel wat deel was van ’n ekspedisie van elf lede, onder leiding van Kommandant Andries Hendrik Potgieter, wat in 1836 die Noord-Transvaalse laeveld vir nedersettingsdoeleindes verken het. Die ekspedisie het die Sandrivier in die Vrystaat op 24 Mei 1836 verlaat en het op 24 Junie 1836 by Louis Trichardt se kamp by die Soutpan aangekom en ’n paar dae daar vertoef. Bron: Pienaar, U. de V. 1990. Neem uit die verlede. Pretoria: Nasionale Parkeraad.

____________________________________________________________________

Notas deur David Abraham Swanepoel

Theal lys ‘n “A Swanepoel”:

“On the 24th of May 1836 a party consisting of the commandant Hendrik Potgieter, his brother Hermanus Potgieter, Messrs. Carel Cilliers, J. G. S. Bronkhorst, R. Jansen, L. van Vuuren, A. Swanepoel, J. Roberts, A. de Lange, D. Opperman, H. Nieuwenhuizen, and C. Liebenberg, left the Sand river for the purpose of inspecting the country as far as Delagoa Bay.” [1], p276.

Daar is ook ‘n L van Vuuren in die geselskap, wat moontlik sy skoonpa kan wees, Lourens Janse van Vuuren. Carel Cilliers is Sarel Clliers.

Die tesis van Cooks [2] bespreek hom en sy vrou ook.

Cooks verwys na hom as hom as Abraham Christoffel Johannes Swanepoel (jr.), om hom te onderskei van sy pa Abraham (sr.).

“Abraham Swanepoel (jr.) was deel van die ekspedisie na die noorde. Die ekspedisie van elf lede het in 1836 die Noord-Transvaalse laeveld vir nedersettingsdoeleindes verken. Hulle het die Sandrivier in die Vrystaat op 24 Mei 1836 verlaat en het op 24 Junie 1836 by Louis Trichardt se kamp by die Soutpan aangekom en ʼn paar dae daar vertoef.213 Louis Tregardt het reeds in 1835 vooruit na die Zoutpansberg-area getrek. Alhoewel Abraham deel was van die ekspedisie kan daar nie met sekerheid bepaal word of hierdie vertakking van die Swanepoel-familie deurentyd deel van die Potgieter-trek was nie.”

Dis egter hoogswaarskynlik dat Abraham en sy vrou deel van die trek was wat tot in Masjonaland, huidige Zimbabwe gevorder het. Daarna keer hulle terug en neem aan die slag van Vegkop deel in 1838.

“Abraham Christoffel Johannes Swanepoel (jr.) het waarskynlik saam [met Potgieter] na Potchefstroom getrek en hom later as boer op die plaas Doornfontein in die destydse Lichtenburg-distrik. gaan gevestig. 220 Die plase Hartbeesfontein aan die Middelrivier in die omgewing van Klerksdorp/Potchefstroom en Witklip met ligging “Voor Schoonspruit” is op 12 Junie 1839 in die naam van Abraham geregistreer.”

In 1842 was die egpaar egter in die in die omgewing van Winburg.

Daarna is daar weer melding van ‘n plaas Doornfontein wat na 1913 ingedeel as deel van die Delareyville-distrik. Doornfontein is op 10 Desember 1849 in die naam van Abraham geregistreer. Abraham se vrou, Sarah, is volgens die boedel- en sterftekennis op 5 Junie 1873 op die plaas Doornfontein oorlede. Abraham het in 1882 na die plaas Zoutpannen in die Lichtenburgdistrik getrek en is op 27 September 1894 daar oorlede. Daar is talle dokumente uit Cooks se privaatargief in die tesis opgeneem wat bestudeer kan word vir ‘n beter beeld. Daar is ook korrespondensie wat daarop dui dat daar verwarring was oor wie die langslewende was, wat bietjie laf is want Abraham oorleef Sara met ‘n volle 21 jaar. Dit dui egter op dat selfs oorsponklike administratiewe dokumente foute kan bevat.

Visagie se Voortrekkerstamouers [3] bestee 'n kwartbladsy aan hierdie onbetwiste en belangrike Voortrekker en sy inligting, wat ek op 'n laat stadium bekom het, is in ooreenstemming met die bogenoemde.

Bronne:

1. Theal, George McCall, 1837-1919. 1908. History of South Africa since September 1795. v.2. London: Swan Sonnenschein

2. Cooks, James Andrew. 2013. ʼn Genealogiese en historiese perspektief op ʼn gedeelte van die familie Swanepoel in Suid-Afrika (1698-1906) MA tesis, Noordwes-Universiteit. Gratis aflaaibaar by: https://dspace.nwu.ac.za/handle/10394/10163. Die getalle in die aangehaalde teks is indeksyfers vir voetnotas.

3. Jan C. Visagie. 2010. Voortrekkerstamouers 1835-1845. Tweede uitgawe. Pretoria: Proteaboekhuis.

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.



Transvaal Civil Deaths, Pretoria - Entry for 1894

Abraham Christoffel Johannes Swanepoel passed away on 27 September 1894 at his residence on the farm ' Zoutpannen ' Lichtenburg District. He was aged 90 years, a farmer and a widower and left Burger rights ? valued at under £ 100

Death Notice signed at Boschsbult on 9 October 1903 by S.J. Horn - Daughter of the Deceased

view all 13

Abraham Christoffel Johannes Swanepoel's Timeline

1804
June 28, 1804
Franschoek, Cape Colony, South Africa
November 4, 1804
Graaff-Reinet, Western District, Eastern Cape, South Africa
November 4, 1804
Graaff Reinet
1828
November 30, 1828
Cape Colony, South Africa
1831
May 19, 1831
1834
May 30, 1834
1837
May 7, 1837
Lichtenburg, Ngaka Modiri Molema, NW, South Africa
1840
September 27, 1840
1844
October 23, 1844
Orange Free State, South Africa