Catharina Glaudina Coetzee

Is your surname van Niekerk?

Connect to 11,739 van Niekerk profiles on Geni

Catharina Glaudina Coetzee's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Catharina Glaudina Coetzee (van Niekerk)

Also Known As: "Gloudina"
Birthdate:
Birthplace: Winburg, Free State, South Africa
Death: August 15, 1917 (72)
Soutpan, Bloemhof, North West, South Africa
Place of Burial: Bloemhof, North West, South Africa
Immediate Family:

Daughter of Adriaan Erasmus van Niekerk, b6c7d1e3 and Claudina Catharina Johanna van Niekerk
Wife of Theunis Gert Coetzee, b5c5d12e10f1
Mother of Hendrik Schalk 'Tal' Coetzee; Adriaan Erasmus Coetzee; NN Coetzee; Theunis Gert Coetzee; Glaudina Catharina Coetzee and 2 others
Sister of Anna Maria van der Westhuizen; Adriaan Erasmus van Niekerk; Glaudina Maria van der Westhuizen; Barend J van Niekerk; Cornelia Johanna Laubscher and 2 others
Half sister of Johanna Margarita van Niekerk, 1 and Adriaan Pieter van Niekerk

Managed by: At Coetzee
Last Updated:

About Catharina Glaudina Coetzee

Die volgende brief is van oom Theuns Coetzee, n kleinseun van Theuns Gert Coetzee en Catharina Glaudina van Niekerk in 1974 ontvang:

                                                                                   Glaudina

Bus 1442 Salisbury
10-5-1974
Liewe Adriaan

Graag voldoen ek aan u versoek om een kort weergawe van my oorlede Oupa se lewe te skryf daar ek nog al een is wat lewe wat hom goed geken het. Na my oorlede vader se dood het ek by my liewe Oupa en Ouma in gewoon tot na sy dood en daarna tot oorlede Ouma weer getroud is.

My Oupa Theunis Gert Coetzee was een baie mooi sterk geboude man net oor die 6’, lang arms baie sterk man, maar baie sag geaardheid. Hy het een mooi en voorbeeldig lewe gelei. Sy baard was nooit geskeer nie lang swart bos baard. Oupa was ook die raadgewer van die bure om ons heen, hy was nie een geleerde nie maar een Wyse.

Nooit kan ek die Here genoeg dank vir die opvoeding wat ek van my Oupa en Ouma gekry het nie, vroeg elke more het die ou mense een volle hoofstuk uit die Bybel gelees, hulle het dit een kapitel genoem en ook een gesang of Ps. gesing en een gebed gedoen en vanaand weer. Ek moes elke dag een paar versies uit die Bybel leer wat my vandag nog goed te pas kom.

Oupa was een baie presiese Boer, hy was knap met sy hande en baie spaarsaam. Ouma was een baie spogerige vrou, baie mooi aangetrek baie lief vir kinders en kleinkinders en altyd iets lekkers vir ons gegee, ons was baie lief vir haar.

Hier is een paar gesegdes wat ek nie sal vergeet :

Die oubaas het altyd gese as iets werd is om te doen dan is dit werd om goed te doen.

Hy het gese as iemand slordig op die werf en sy lyf is dan lyk hy binne ook so.

Hy het altyd vir sy kinders gese moet nooit in die aand as julle moeg gewerk is oor groot sake besluit nie, staan liewer vroeg op in die more dan is jy uit gerus en jou verstand helder.

Hy keer ons kinders een agtermiddag in die Waenhuis vas oor ons vrugte gesteel het, en een van ons se ons was nie daar by nie. Die oubaas se toe een mens skiet nie een jakals om dat jy hom sien dat een skaap gevang het nie, jy weet hy het al een gevang of hy sal nog een vang, toe moes ons maar almal deeurloop.

Elke sondag more moes ons ons sondag klere aantrek en teen tien uur kom al wat op die plaas is by mekaar vir Godsdiens, die bediendes sit een kant.

Wat ek nooit sal vergeet nie is die regverdigheid van die ou mense, hulle woord was hulle eer, hulle het net een wet boek gehad die Bybel, daar om het hulle een skoon lewe gelewe. Daar is so baie wat mooi en edel was in hulle lewe dat een mens nie weet wat om te se en wat om na te laat.

Met liefde groete soos altyd Oom Theuns

Geteken T. G. Coetzee

view all 11

Catharina Glaudina Coetzee's Timeline

1845
March 26, 1845
Winburg, Free State, South Africa
1865
August 11, 1865
Winburg, Orange Free State
1867
September 20, 1867
Hoopsad
1869
April 19, 1869
1872
August 18, 1872
Winburg, Free State, South Africa
1875
September 18, 1875
1880
August 7, 1880
1889
April 15, 1889
1917
August 15, 1917
Age 72
Soutpan, Bloemhof, North West, South Africa