Theunis Gert Coetzee, b5c5d12e10f1

Is your surname Coetzee?

Research the Coetzee family

Theunis Gert Coetzee, b5c5d12e10f1's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Theunis Gert Coetzee, b5c5d12e10f1

Theunis Gert Coetzee 1844-1910

Gebore op 24 Februarie 1844 in die Albert distrik waar sy vader boer op die plaas van sy oupa Theuns Gert Pelser. Hulle verhuis later na die Vrystaat.Tydens sy huwelik op 4 Julie 1864 met Catharina Glaudina van Niekerk (gebore 26 Maart 1945 in Winburg) is hy op Tafelkop en sy bruid aan Vet Rivier in die Winburg distrik woonagtig. Die getuies by hulle huwelik wat deur Ds H van Broekhuizen waargeneem word is Adriaan Erasmus van Niekerk, die bruid se vader en HJ Hofstedes.

Verhuis saam met sy seun Adriaan Erasmus na Zoutpan in die Bloemhof distrik in 1890, waar hy die suidelike deel van die plaas Zoutpan, gelee langs die Vaalrivier, op 5 Desember 1890 aankoop. Die gedeelte blyk later in 1896 tydens die opmeting 2943 morge groot te wees. Die prys is 1200 pond en word geregistreer onder akte no. 732/1891.

Theunis Gert Coetzee is op 21 November 1910 oorlede en begrawe op Soutpan. Hy is herbegrawe in die Kalkfontein begraafplaas gedurende 1968 tydens die bou van die Bloemhof dam.

Catharina Glaudina is op 15 Augustus 1917 op Soutpan oorlede en begrawe in die Bloemhof begraafplaas.

RECORD:

1. TVL Boedels 16860.

Die volgende brief is van oom Theuns Coetzee, n kleinseun van Theuns Gert Coetzee in 1974 ontvang

                                                                                   Glaudina
                                                                            	Bus 1442                                                                        			                                                Salisbury
                                                                            	10-5-1974

Liewe Adriaan

Graag voldoen ek aan u versoek om een kort weergawe van my oorlede Oupa se lewe te skryf daar ek nog al een is wat lewe wat hom goed geken het. Na my oorlede vader se dood het ek by my liewe Oupa en Ouma in gewoon tot na sy dood en daarna tot oorlede Ouma weer getroud is.

My Oupa Theunis Gert Coetzee was een baie mooi sterk geboude man net oor die 6’, lang arms baie sterk man, maar baie sag geaardheid. Hy het een mooi en voorbeeldig lewe gelei. Sy baard was nooit geskeer nie lang swart bos baard. Oupa was ook die raadgewer van die bure om ons heen, hy was nie een geleerde nie maar een Wyse.

Nooit kan ek die Here genoeg dank vir die opvoeding wat ek van my Oupa en Ouma gekry het nie, vroeg elke more het die ou mense een volle hoofstuk uit die Bybel gelees, hulle het dit een kapitel genoem en ook een gesang of Ps. gesing en een gebed gedoen en vanaand weer. Ek moes elke dag een paar versies uit die Bybel leer wat my vandag nog goed te pas kom.

Oupa was een baie presiese Boer, hy was knap met sy hande en baie spaarsaam. Ouma was een baie spogerige vrou, baie mooi aangetrek baie lief vir kinders en kleinkinders en altyd iets lekkers vir ons gegee, ons was baie lief vir haar.

Hier is een paar gesegdes wat ek nie sal vergeet :

Die oubaas het altyd gese as iets werd is om te doen dan is dit werd om goed te doen.

Hy het gese as iemand slordig op die werf en sy lyf is dan lyk hy binne ook so.

Hy het altyd vir sy kinders gese moet nooit in die aand as julle moeg gewerk is oor groot sake besluit nie, staan liewer vroeg op in die more dan is jy uit gerus en jou verstand helder.

Hy keer ons kinders een agtermiddag in die Waenhuis vas oor ons vrugte gesteel het, en een van ons se ons was nie daar by nie. Die oubaas se toe een mens skiet nie een jakals om dat jy hom sien dat een skaap gevang het nie, jy weet hy het al een gevang of hy sal nog een vang, toe moes ons maar almal deeurloop.

Elke sondag more moes ons ons sondag klere aantrek en teen tien uur kom al wat op die plaas is by mekaar vir Godsdiens, die bediendes sit een kant.

Wat ek nooit sal vergeet nie is die regverdigheid van die ou mense, hulle woord was hulle eer, hulle het net een wet boek gehad die Bybel, daar om het hulle een skoon lewe gelewe. Daar is so baie wat mooi en edel was in hulle lewe dat een mens nie weet wat om te se en wat om na te laat.

Met liefde groete soos altyd Oom Theuns

Geteken T. G. Coetzee

http://www2.lib.uct.ac.za/mss/bccd/Person/95045/Theunis_Gert_Coetzee/

view all

Theunis Gert Coetzee, b5c5d12e10f1's Timeline

1844
February 24, 1844
District Albert, Cape Province, South Africa
1865
August 11, 1865
Winburg, Orange Free State
1867
September 20, 1867
Hoopsad
1869
April 19, 1869
1872
August 18, 1872
Winburg, Free State, South Africa
1875
September 18, 1875
1880
August 7, 1880
1889
April 15, 1889
1910
November 21, 1910
Age 66
Soutpan, Bloemhof, North West, South Africa