David Matthys de Koker

Paarl, Cape Winelands, WC, South Africa

Is your surname de Koker?

Connect to 980 de Koker profiles on Geni

David Matthys de Koker's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About David Matthys de Koker

Baptism

Drakenstein (Paarl) Baptism Record. The Date of Baptism is 13 Jan 1771, not 6 Jan 1771 as per GISA's SAF CD Vol. 20)

Marriages

(1) De Koker - Veldsman Marriage Record (Cape Town) (30 September, net bokant die bladsystempel 152). Ek lees die vrou se eerste naam egter as Dalena, gebaseer op ander letters in die dokument. David Abraham Swanepoel

(2) De Koker - Swanepoel Marriage Record: Not Yet Located

Matthys Christoffel (b5c8) son of D M de Koker and H E Veldsman was born circa 1807.

On 3 April 1808, D M de Koker and D S Swanepoel were witnesses at the Tulbagh baptism of Johannes Swanepoel (see bottom left of image).

The implication is that D M de Koker and D S Swanepoel must have married between 1807 and early 1808.

This also ties in with Reference no.: MOOC8/57.16a, which places the death of H E Veldsman prior to 23 March 1808.

Date of Death

MOOC8/75.36

This stamp covers the last will and testament of David Matthys de Koker and Dina Susanna Swanepoel executed on the 23:rd November 1831 in the presence of seven witnesses.

Orphan Chamber Cape of Good Hope 19 February 1833

J: Serrurier

Man overleeden 20 May 32.

No executors appointed.

Op huijden den drie in twintigste dag der maand November in het jaar een duijsent agt honderd een in dertig.

Compareerden voor ons ondergeteekende den burger David Matthijs de Kooker in Diena Zuzanna Zwanepoel beijden van desen uijthoek geboortig egte lieden.

...

Aldus gedaan te Middelveld op de plaats genaamt de Sterkvontijn onder de veltcornetschap Willem Maartens Brits in by wesen der ondervernoemde getuijgen.

Davit Matijs de Cooker

Diena Susanna Zwanepoel

Als getuijgen: Johannis Hermanus Peyper, Frans C: Cloete, Rudolf Johans Brits, Johan Nicolaas Brits, Pieter van den Bergh, Carel Johannes Pelser, Martinis Janse van Vuurn

Produced to me at Graaff Reinet this 6:th day of July 1832.

E: Stockenstrom, Agent to Orp: Chamber


Notas deur David Abraham Swanepoel

David Matthys de Koker was ‘n assosiaat van die bekende Coenraad de Buys, en waar dié man betrokke is, is wetsgehoorsaamheid op die agtergrond. De Koker werk ook saam met Danster (Zonie/Nozi/Nzwani), ‘n mindere Xhosa-leier in hulle hiërargie, maar een wat ‘n groot impak gemaak het met sy misdadige gedrag.

SAF 2018:

b5 David Matthys ≈ 6.1.1771 x 30.9.1792 Magdalena Elizabeth VELDMAN xx Dina Susanna SWANEPOEL (David Matthys De Koker is reeds in 1819 saam met Coenraad Buys oor die grense)

Dit was eintlik al ruim voor die tyd. Die stelling gee ook die indruk dat sy verhuising permanent was aangesien De Buys dit toe gedoen het. Hy blyk nie kinders te verwek in die 1810s na 1812 nie, wat kan beteken dat hy meesal buite die Kaap was. Sy eerste kind by Dina Susanna Swanepoel word egter al in 1809 gebore, so hulle was al bymekaar. Na 1820 word al sy kinders binne die Kaap gedoop. Hy het altesaam 16 kinders by twee vrouens. Sy tweede vrou oorleef hom en hertrou na 4 maande. Die laaste kind word 4 dae voor sy afsterwe gebore.

Hy sterf in die "Middelveld". Die plek kan nie presies bepaal word nie. Die kaart tussen p 120 en 121 van CH Swanepoel [1], dui ‘n “Middenveld” aan. Dit verwys nog na die Graaf-Reinet era. Dis moontlik dat dit dieselfde wyk was wat later of in die moderne tyd Middelveld geword het.

Die wyk Middelveld was deel van die Colesberg distrik. As dit die “Middenveld” is, was dit tussen die huidige Hopetown en Petrusville tot op ‘n punt suid van die huidige Phillipstown. Dis steeds ‘n baie groot gebied. Die dorpe is nie ver van die Oranje nie. Sien vorentoe. Hy blyk nie heeltemal vry te wees soos ‘n wewenaar of oujongkêrel om die beskawing te verlaat nie, alhoewel De Buys dit met ‘n deel van sy familie gedoen het.

David de Koker word enkele kere in die historiese literatuur genoem.

“At the end of 1814, [Buys] with David de Kooker and Hans Opperman, two northern sheep farmers, had quit the colony and, in company with a group of Xhosa marauders, were on the Orange River at the part called then Nu Gariep, Zwart or Black River, and later the Cradock” [2]. Hierdie area is die bolope van die huidige Oranje, min of meer die suidelike grens van die Vrystaat van vandag. Ek kry ook die indruk dat hulle plek van operasies tussen die huidige Vanderkloof en Gariep damme was, maar het nie bewyse nie.

In die paragraaf daarna word egter gesê dat De Ko(o)ker en De Buys se paaie in April 1815 geskei het. Dit was nie weens rusie nie, hulle het vriende gebly.

De Buys raak uit kruit en ammunisie. Wagner skryf: ….in March 1816 [Buys] was expecting Boers from the colony (probably de Kooker and Opperman)…

In Julie-Aug 1818 toe landdros Stockenstrom naby die Oranje besig met operasies teen Xhosa, gelei deur Danster, word hy ingelig dat De Buys op 2 Aug ‘n vriend ontmoet het, maar gevlug het toe hy van Stockenstrom se aantog gehoor het. In dokumentasie aangehaal deur Schoeman [3], is dit nie duidelik of die vriend De Koker was nie. Die bewoording “conduct” is verwarrend. De Koker was betrokke by ammunisie, maar het Danster net halfpad vergesel en toe teruggedraai. Hy was egter van plan om weer by Danster aan te sluit.

Kallaway [4] som dit gedeeltelik korrek op:

“From 1812 to 1818 Danster and Thole [%E2%80%98n ander Xhosa leier] were periodically associated with Coenraad de Buys, who had fled the Colony, accompanied by his associates, David de Kooker and Hans Opperman.”

David de Koker was meer in ‘n ondersteunende rol by wanpraktyke betrokke. Hy moes miskien by dit betrokke raak om sy hoë vrugbaarheidskoers te finansier. Hy is moontlik ook die geheimsinnige
[Klein Doris De Koker] wat vermoedelik ‘n kind op 19 verwek het, voor David Matthys se eerste huwelik. Hy was seker 'n man met baie testosteroon, wat dit ongelukkig nie korrek gebruik het nie. In sy geval geld die stelling ook: “aan jou vriende sal jy geken word…”.

Bronne:

1. Swanepoel, Christiaan Hendrik. 2003. 'n Tak van die Swanepoel-familie in Suid-Afrika, 1699 tot 1999: 'n genealogiese en kultuurhistoriese studie. MA tesis, Universiteit van Stellenbosch. Gratis aflaaibaar by: http://scholar.sun.ac.za/handle/10019.1/53526

2. Wagner, R. Coenraad de Buys in Transorangia, Institute of Commonwealth Studies Papers, The Societies of Southern Africa in the Nineteenth and Twentieth Centuries, 4: 1974.

3. Schoeman, A. E. Coenraad de Buys (Tesis, Universiteit van Pretoria, 1933).

4. Kallaway, Peter (1982) Danster and the Xhosa of the gariep: towards a political economy of the Cape Frontier 1790–1820, African Studies, 41:1, 143-160, DOI: 10.1080/00020188208707581

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.

...

view all 22

David Matthys de Koker's Timeline

1771
January 6, 1771
January 13, 1771
Paarl, Cape Winelands, Western Cape, South Africa
1793
July 21, 1793
Graaff -Reinett, Eastern Cape, South Africa
July 28, 1793
Beaufort West, Central Karoo DC, WC, South Africa
1796
May 22, 1796
Cape Town, Cape Town, Western Cape, South Africa
1799
May 28, 1799
Swellendam, Overberg District Municipality, Western Cape, South Africa
1800
1800
Stellenbosch, Cape Winelands, Western Cape, South Africa
1803
1803
Stellenbosch, Cape Winelands, Western Cape, South Africa
1804
July 31, 1804
Tulbagh, Cape Winelands, Western Cape, South Africa