![](https://www.geni.com/images/external/twitter_bird_small.gif?1658015567)
![](https://www.geni.com/images/facebook_white_small_short.gif?1658015567)
Ds. Abraham Faure Louw (Fauresmith, 28 Desember 1866 - Somerset-Wes, 16 Augustus 1960) was 'n predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en 'n kenner op die gebied van die Sending.
Tydens die Anglo-Boereoorlog het hy as kapelaan onder sowat 5 000 krygsgevangenes op St. Helena gewerk en daarna van 1903 tot 1906 aan die hoof gestaan van die Boeren Zending School of Drostdy op Worcester waar 175 veral voormalige krygsgevangenes vir sendingwerk opgelei is. Hy verlaat Graaff-Reinet in 1912 en werk tot 1917 as die eerste organiserende sendingsekretaris van die Kaapse Kerk. Hy het die bynaam "oom Affie" gekry en was bekend om sy veelsydige en hoogs merkwaardige persoonlikheid. Hy was van nature vroom, evangelies geesdriftig en nederig, maar het ook 'n fyn humorsin gehad, treffende voorkoms, buitengewone geheue, skerp sêgoed en uitstaande preek- en skryfstyl. Hy het vele artikels en traktaatjies geskryf asook die outobiografie My eerste neëntig jaar (1958).
Sy seun ds. Abraham Faure Louw jr. het sy hele bediening van 1938 tot 1978 in die destydse NG Sinode van Midde-Afrika deurgebring en was ook in 'n stadium moderator van daardie Sinode.
http://af.wikipedia.org/wiki/Abraham_Faure_Louw http://af.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Bloemfontein-Noord
1866 |
December 28, 1866
|
Fauresmith, Xhariep, Free State, South Africa
|
|
1905 |
March 15, 1905
|
||
1911 |
January 15, 1911
|
||
1914 |
February 15, 1914
|
||
1916 |
May 23, 1916
|
||
September 24, 1916
|
|||
1918 |
September 18, 1918
|
Boksburg, East Rand, Gauteng, South Africa
|
|
1920 |
May 11, 1920
|
Boksburg, East Rand, Gauteng, South Africa
|
|
1923 |
February 27, 1923
|
||
1960 |
August 16, 1960
Age 93
|
Somerset West, Cape Town, Cape Town, Western Cape, South Africa
|