Elizabeth Cecilia Van Zyl

Is your surname Coetzee?

Connect to 14,031 Coetzee profiles on Geni

Elizabeth Cecilia Van Zyl's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Elizabeth Cecilia Van Zyl (Coetzee)

Also Known As: "Elizabetha Cecilia", "Kotze"
Birthdate:
Death: March 11, 1940 (75-76)
Plaas De Bank, Bothaville
Immediate Family:

Wife of Hermanus Egebert Pieter van Zyl, b2c7d1e1f1g8
Mother of Heiltjie Elizabeth Albertina Taljaard, b2c7d1e1f1g8h1; Hester Willemina Van Zyl, b2c7d1e1f1g8h2; Lizzie van Zyl (concentration camp child / konsentrasiekampkind); Hermanus Egbert P(i)eter van Zyl, b2c7d1e1f1g8h7; Private and 6 others

Managed by: Lindie Fourie
Last Updated:
view all

Immediate Family

About Elizabeth Cecilia Van Zyl

Notas deur David Abraham Swanepoel

Siviele sterfteregistrasie: https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C91L-Z3F2-P?cc=373...

‘n Ernstige aantyging word gemaak teen hierdie persoon, die ma van die kind op veelgebruikte / misbruikte foto van Lizzie van Zyl (concentration camp child / konsentrasiekampkind)

"Bloemfontein Refugee Camp

Dec. 15th 1901

I Miss Hester Swanepoel Distinctly remember Lizzy V Zyl before she was removed to Hospital her Mother did not look after her children at all & this one in particular I myself told Dr Pern that the child was starved & nearly dying & Mrs. V Zyl used to go down to the darn & wash clothes all day & not even return in the middle of the day ... I often used to get up at night time because the child was crying so ... My mother & Sister can prove what I state

Hester Swanepoel"

Helen Dampier [1], ‘n Britse (maar skynbaar SA gebore) historikus haal hierdie verklaring van Hester Swanepoel van ‘n naburige tent aan.

Daar word opnuut gekyk na die geskiedskrywing oor die kampe. Behalwe Dampier bied Elizabeth van Heyningen ook ander perspektiewe aan.

Goeie wetenskaplik gefundeerde geskiedenis is welkom. Vir my wat nog 2 oupas, groottantes en plaasbure as kinders in kampe gehad het en na hulle stories as bejaardes geluister het, is dit moeilik om nie emosioneel na die kwessie te kyk nie.

Elizabeth sr, ‘n bywonersvrou het klere moes was vir ryker vroue en kon nooit in die dag van die dam terugkeer nie. My vraag is, wat het ander kampbewoners vir Lizzie probeer doen? Hester Swanepoel beweer sy het dikwels in die nag opgestaan en gaan help omdat Lizzie so smartlik gehuil het. Dis ook sy wat die kampdokter ingelig het waarna Lizzie na ‘n hospitaal verwyder is, maar daar is sy net verder mishandel. As Hester Swanepoel die verklaring binne haar gewete gedoen het, en dit kan aanvaar word, steek daar wel waarheid in. Alle blaam kan egter nie voor Elizabeth sr se deur gelê word nie. Sy het nie gevra om daar te wees nie. Ons weet nie hoe lewensmoeg sy was nie.

As mens kyk na haar man se profiel, is daar dokumente vir 3 van haar 4 ander voor-oorlogse kinders, wat almal trou-ouderdom bereik. Twee van hulle sterf op oor 70. Dis onge-ag die beweerde swak sorg.

Nog twee kinders sterf egter ook in die kamp. Oor Hester Willemina se oorsaak is niks bekend nie. Hermanus Egbert (Pieter) sterf egter ook uiters wreed, aan ‘n tipe gangreen waar ggaamsweefsel afsterf (nekroties raak) as gevolg van infeksie of gebrek aan bloedtoevoer wat die mond, neus en lippe aantas. Sy lyding moes op dieselfde vlak as die van Lizzie gewees het, indien nie erger nie. Dit hou ook verband met wanvoeding en swak higiëne.

Sommige van Elizabeth Cecilia se vooroologse kinders word slegs ‘n jaar na die vorige gebore. Dit kan daarop dui dat daar nie genoegsame laktasie plaasgevind het om vrugbaarheid te onderdruk nie. Dit kan die resultaat wees van prematuriteit, diabetes, “polycystic ovary syndrome” (PCOS), vetsugtigheid (wat die resultaat van voorafgaande kan wees) en skildklierprobleme. Prematuur-gebore kinders sou in daardie tyd beswaarlik verby geboorte geleef het, andersins ‘n agterstand gehad het.

Volgens die wanversorgingshipotese kon Elizabeth geweier het om haar kinders lank te soog. Dis baie onwaarskynlik. Liggaamsmoegheid weens te vinnig opeenvolgende swangerskappe is eerder ‘n rede.

Iets laat my sterk vermoed dat Lizzie ‘n ko-morbiditeit gehad het, ‘n voorafbestaande toestand wat deur die kampomstandighede vererger is. Meer in haar profiel.

Elizabeth se siviele sterfteregistrasie en haar man se SK gee haar van as Kotze aan, en haar dogter Heiltje s'n as Coetzee. Dis 2 aparte families. Sy het nie ‘n BCCD rekord nie. Oorlewendes het dikwels nie. Sy en haar man verwek nog ‘n na-oorlogse “Lizzie”, gebore en gestorwe in 1913. Syself sterf eers in 1940.

Bron:

1. Women's testimonies of the concentration camps of the South African war : 1899-1902 and after / Dampier, Helen. Thesis: Newcastle University, 2005

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf. Ek laat my bo uit oor vakgebiede waarin ek nie formele opleiding het nie.