Historical records matching Genl. Pieter Daniel de Wet
Immediate Family
-
Privatechild
-
daughter
-
son
-
daughter
About Genl. Pieter Daniel de Wet
STERFKENNIS - https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QSQ-G9LS-J945-9?i=1335...
Generaal
Christiaan R. besluit om Bloemfontein se watertoevoer by Sannaspos waterwerke af te sny. Spoed was van belang aangesien Britse versterkings 17-myl vêr weg was. Sy broer Piet jaag die Britse Brig Broadwood se kolonne in ’n hinderlaag aan die wal van die Koringspruit waar Christiaan R. met 400 man vir hulle inwag. Hy vang 400 man en 170 sneuwel. Hy buit 7 kanonne en 117 waens. Die watertoevoer word onderbreek met die wete dat die ingewandskoorsepidemie in Bloemfontein sou vererger.
Hy raak op 03.04.1900 slaags met Genl. Sir William Gatacre van die Royal Irish Rifles and Mounted Infantry by Mosterthoek en neem 470 gevangenes en 100 sneuwel. Sy poging om die Cape Mounted Rifles en Brabant’s Horse (Kolonialers in diens van die Britse Leër) te beleër en tot oorgawe te dwing by Jammersbergdrif, misluk. Sy broer Piet laat weet dat ‘n sterk ontsettingsmag op pad was en dat ‘n verdere beleg nutteloos sou wees (7-23.04.1900).
Een van Christiaan R. se mees suksesvolle strooptogte van die oorlog was te Roodewalstasie, tussen Kroonstad en Vereeniging op 07.06.1900. Hy verdeel sy magte in 3 en doen gelyktydige aanvalle op die garnisoene langs die spoorlyn uit Kroonstad en hy val Roodewalstasie direk aan. Binne ‘n paar uur was alle teenstand oorkom en ‘n ontsaglike buit word geneem (gewaardeer tussen £100,000 en £250,000). Alle goedere wat nie weggeneem kon word nie, word verbrand.
Lord Roberts was toe vasbeslote om Christiaan R. te vang. Met 15000 man probeer hy om hom teen die Drakensberge vas te druk. Pres. Steyn en die OVS Regering was te Bethlehem gesetel en moes noodgedwonge nadat genoemde dorp ingeneem word, saam met Christiaan R. op kommando gaan. Hy slaag daarin om op 15.07. 1900 deur een van die onbewaakte passe te ontsnap. ‘n Dubbele slag tref hom nou. Genl. Marthinus Prinsloo saam met 3000 man gee aan die vyand oor en Christiaan R. se broer, Genl. Pieter Daniel, gee oor aan die Engelse.
De Wet, Pieter Daniel, Boeregeneraal.
1861: Gebore op 18 Augustus op die plaas Nuwejaarsfontein, Dewetsdorp, broer van die latere generaal C. R. de Wet. 1881: Neem deel aan die Slag van Amajuba. 1892: Hy word gekies as lid van die Volksraad vir Lindley. 1899: Trek met 200 burgers van Lindley na die Natalse grens. 1900: Word hoofkommandant, maar gee horn in Julie aan die Engelse oor. 1929: Oorlede op 27 Februarie.
Uit Afrikaanse Kinder Ensiklopedie Deel XI 1962
Graf: https://graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=2446429
Volgens ‘n bespreking op die Facebook groep Monumente, Gedenktekens en Interessanthede Suid Afrika, is ‘n grafsteen eers in die 1960s in Lindley se begraafplaas aangebring deur ‘n nasaat en naamgenoot. Die familie was veral bang om die titel generaal te gebruik weens sy status as latere oorloper. Hulle het vandalisme gevrees.
‘n Verdere plaatsteen is meer onlangs aangebring, wat sy gesig op het en die titel Generaal dra. ‘n Foto is onder "media" aangebring.
Die verhouding tussen die broers word intensief bespreek in die boek: Albert Blake, Broedertwis: Bittereinder en Joiner: Christiaan en Piet de Wet Tafelberg, 2016. ISBN: 9780624075172
‘n Lang resensie essay van die boek is gratis te vind by: https://www.litnet.co.za/litnet-akademies-resensie-essay-broedertwi... Dit gee inligting oor die persoon van PD de Wet vir diegene wat nie toegang tot die boek het nie.
Ander biografiese bronne:
Genl. Pieter Daniel de Wet's Timeline
1861 |
August 18, 1861
|
Nuwejaarsfontein, Dewetsdorp, Motheo, Free State, South Africa
|
|
November 17, 1861
|
Bloemfontein, Orange Free State, South Africa
|
||
1884 |
September 24, 1884
|
Lindley, Free State, South Africa
|
|
1886 |
January 21, 1886
|
Lindley, Free State, South Africa
|
|
1887 |
September 24, 1887
|
Lindley, Free State, South Africa
|
|
1889 |
June 11, 1889
|
Lindley, Free State, South Africa
|
|
1891 |
March 21, 1891
|
Dewetsdorp, Free State, South Africa
|
|
1892 |
December 23, 1892
|
Lindley, Free State, South Africa
|