George Diederik Geere, b6

Is your surname Geere?

Connect to 292 Geere profiles on Geni

George Diederik Geere, b6's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About George Diederik Geere, b6

Wees ASSEBLIEF VERSIGTIG met hierdie man se vroue en kinders. Baie uiters SWAK inligting swerf op die internet rond en word ongelukkig baie herhaal. Dit maak dit NIE feite nie...
Hy was met vier vrouens getroud:
1. Catharina Elisabeth Christin: getroud 3 Julie 1875
Hulle was lank getroud en het tipies in Graaff-Reinet gedoop. Hul laaste kind, Willem George is op 18 Aug 1803 gebore en is op 21 Mei 1804 in Graaff-Reinet gedoop. Met die doop was die moeder reeds oorlede.
2. Martha Helena Basson: waarskynlik getroud Aug 1803
Hulle het skynbaar net een dogter gehad wat na haar ma vernoem is. Die ma kon met die geboorte of kort daarna gesterf het.
3. Anna Catharina Piek: getroud 31 Mrt 1805, Huwelikshof, Kaapstad
Sy is oorlede voor 30 Junie 1807, toe haar boedelinventaris afgeteken is. Dis nie duidelik of hulle kinders gehad het nie, maar chronologies lyk dit wel só.
4. Dorothea Regina Nel: getroud ná Junie 1807
Sy laaste vrou by wie hy nog twee kinders gehad het.

---
Hy kon eers ná 24 Junie 1821 sterf - hy en sy laaste vrou, Dorothea Regina Nel, was nog getuies in Graaff-Reinet by die doop van sy kleinseun Matthys Adam (gebore 24 Junie 1821)



Judi Marais-Meyer register - MARNEWICK REGISTER - MRIN 125

Volgens die GESAMENTLIKE Inventaris van George Diederik Geere en Anna Catharina Piek (met haar afsterwe) aan die Weesheer Kaap de Goede Hoop geneem op 30 Junie 1807.

Geen kinders word in sy afgestorwe eggenoot, Anna Catharina Piek, se inventaris gelys nie, maar daar word ook nie gemeld dat hulle nie kinders gehad het nie. (Kinders is nie gewoonlik in 'n inventaris gelys nie, aangesien hulle nie 'eiendom' is nie.) Haar broers en susters en die naam van haar moeder Sara Nel word wel as erfgename genoem.

MOOC8/27.15


Nota deur David Abraham Swanepoel

Ek neem kennis van bg waarskuwing oor die persoon se kinders.

In een van die vele ongure insidente op Louis Tregardt se trek beweer Lalie Albach, ‘n dogter van die egpaar Isak en Lena Albach (lg van gemengde bloed) dat “overleedene Gert Schepers in Albach zijn huis aan Calidons rivier, in tegenwoordigheid van ons, dat juffr. Botha [dogter van die persoon in die profiel, Anna Maria Bezuidenhout, b6c5] een onegte kind ben, en dat het zoo slegte familie is dat zij niet nodig heb hun voor baas of meester te erkennen!” Hieruit leer ons dat die kinders van Albach, waarna as “bastaards” en in die geval van die dogters as “mijden” verwys word, rasgebaseerde onderdanighed aan die blankes moes betoon.

Dit terloops. Tregardt vervolg in die dagboek: “En zei, dat als het waarheid was ik overleeden Gert uit de droom zoude geholpen hebben, wand hoewel dat ouwe Geere onegte kinderen heb, weet ik zeer wel dat dat zij van de eerste vrouw en egt gebooren ben!”

Daarna kruisondervra Tregardt vir Lalie en Hendrina Bezuidenhout, "juffr. Botha" se dogter. Hulle eie weersprekings maak die storie ongeloofwaardig. Beide die meisies was nie engeltjies nie.

Van belang is dat Tregardt die opmerking maak oor Geere se buite egteliike kinders wat nie van Lalie kom nie. Ongelukkig, waar hy vir Lalie en Hendrina preek om hulle uitlatings te bewys, doen hy dit self nie en is vandag nie beskikbaar om die kinders en hulle moeder(s) by name te noem nie.

Bron:

Louis Trigardt; Gustav Schoeman Preller. Dagboek van Louis Trichardt, 1836-1838 Kaapstad : Nasionale Pers, 1938. Ons geskiedenis-serie. Inskrywing 21 Jun 1837.

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.

view all 21

George Diederik Geere, b6's Timeline

1765
February 3, 1765
February 3, 1765
1787
July 22, 1787
1790
March 16, 1790
Achter De Sneeuwberg, Graaff-Reinet, South Africa
1794
March 2, 1794
1795
July 12, 1795
Cape of Good Hope
1799
August 26, 1799
Graaff-Reinet, Western District, Eastern Cape, South Africa
1801
August 9, 1801
1803
August 18, 1803
Graaff-Reinet, Great Karoo, Cape Colony, South Africa