Gerhardus Jacobus Rudolph Nel, b1c3d4e1f6g3h2

Is your surname Nel?

Connect to 17,972 Nel profiles on Geni

Gerhardus Jacobus Rudolph Nel, b1c3d4e1f6g3h2's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Gerhardus Jacobus Rudolph Nel, b1c3d4e1f6g3h2

Hierdie is uitreksels uit die: "Familie Nel van Nelspruit" Deur Hans Borman 1982. Gepubliseer en versprei deur Country Life

Bl 99: "Gerhardus (Gert) Nel Jnr. het die eerste twee jaar van sy lewe op die plaas Krogshoop deurgebring. Daarna verhuis die familie na die aangrensende plaas Witbank, wat sy vader in 1880 aangekoop het. Van normale skoolopleiding was daar vir die jonge Gert geen sprake nie. Dit was as voldoende beskou indien 'n man, wat vie die boerdery bestem was, die Bybel vlot kon lees, skryf en reken. Hy was vir drie maande in die skool by 'n baie streng Hollander, wat in die groot ou waenhuis gehou is op sy vader se plaas Witbank. Hierdie waenhuis het ook met tye as kerkgebou gedien. As jong seun het Gert die jaarlikse tog na die Laeveld meegemaak en was teen 1890 groot genoeg om lang ure in die saal deur te bring om na die vee om te sien. Daar was meer werk as wat daar tyd voor was en sy vader as 'n streng tugmeester wat geen versuim oorgesien of geduld het nie. 'n Man se (bl.100) verantwoordelikheid en voorbeeld teenoor sy ondergeskiktes is van hom geeis. Gert Nel Jnr. het later self in 'n baie streng tugmeester ontwikkel wie se woord wet was vir sy kinders, ondergeskiktes en werksvolk. Na sy ouer halwe broer, Swart Lewies, se huwelik in 1890, het Gert sy vader se regterhand geword. Gedurende hierdie tyd het hy gekatkiseer en na hy belydenis van geloof afgele het, het hy lidmaat van die NG Kerk, Ermelo, geword. Op 16 jarige ouderdom het hy burger van die Zuid Afrikaanse Republiek geword. Hy was toegewys aan Wyk 3 van die Ermelo Kommando en was voortaan aan krygsplig onderhewig. Indien hy opgeroep word moes hy hom by 'n bepaalde plek en tyd aangemeld met perd, saal en toom, geweer, 50 rondtes ammunisie en proviant vir 14 dae. Hy het gedurende die Mpefuoorlog in die Soutpansberg in 1898 opgecommandeerd en weer tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Die Ermelo Kommando het in Natal deelgeneem aan die beleg van Ladysmith, die veldsla van Tugela, Spioenkop en andere.

=====

"


Probate notes:
ZA TAB MHG_#_9472/66_1
https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C91C-B986-Y?i=331&...
Archivist's notes:
PREDECEASED SPOUSES 1) ELSIE JOHANNA NEL (BORN VAN DER WALT) 2) MAGDALENA HENRIETHA ELIZABETHA (BORN NEL). SURVIVING SPOUSE BREGGIE ELIZABETH SUSANNA NEL (BORN SCHOEMAN).

view all 18

Gerhardus Jacobus Rudolph Nel, b1c3d4e1f6g3h2's Timeline

1878
February 25, 1878
Carolina, South Africa
April 21, 1878
Middelburg, mpumalanga, Middelburg, Eastern Cape, South Africa
1907
April 12, 1907
1908
June 25, 1908
1910
April 15, 1910
Witbank, Mpumalanga, South Africa
1912
October 27, 1912
Plaas Witbank, Witbank, Mpumalanga, South Africa
1915
August 24, 1915
Plaas Witbank, Witbank, Mpumalanga, South Africa
1918
September 9, 1918
Plaas Witbank, Carolina, Mapumalanga, South Africa