Gustav Adolph Fichardt, SV/PROG

How are you related to Gustav Adolph Fichardt, SV/PROG?

Connect to the World Family Tree to find out

Gustav Adolph Fichardt, SV/PROG's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Gustav Adolph Fichardt, SV/PROG

Birthdate:
Birthplace: Creuzburg, Thuringia, Germany
Death: June 06, 1900 (66)
Bloemfontein, Mangaung, Free State, South Africa
Place of Burial: Bloemfontein, Mangaung, Free State, South Africa
Immediate Family:

Son of Carl August Fichardt and Johanna Maria Fichardt
Husband of Caroline Beck, SM
Father of Herbert Lewis Fichardt; Charles Gustav Fichardt; Arthur Emanuel Fichardt; Everard Walter 'Charles' Fichardt; Maud Geraldine Fichardt and 2 others
Brother of Eerw Carl Eberhard Fichardt; Julius Nicholaus Fichardt; Arthur Emanuel Fichardt; Herbert Lewis Fichardt and Emmanuel Theodore Ferdinand Fichardt

Managed by: Private User
Last Updated:

About Gustav Adolph Fichardt, SV/PROG

EGGSA Grafsteen / Gravestone

Boedel / Estate No. VAB MHG F345

deur Gert Theart

Elf jaar na die aankoms van Gustav Fichardt met 9s. Duitse geld in sy sak, het hy op 30 jarige ouderdom tydelik( tot Carl na Europa reis) en later permanent aan die hoof van die Fichardt-handelsaak gestaan. Aan die begin jare het Gustav en Carl saam langs die winkel in ‘n huis gewoon. Die huis het later deel van die winkel geword.

Die omvang van die besigheid toe Gustav die leisels oorgeneem het, kan nie bepaal word nie, omdat die boeke nie meer bestaan nie, maar as daar na die deeglikheid gekyk word waarmee Carl te werk gegaan het, moes die besigheid al sterk gestaan het. Soos sy ouer broer, was Gustav ‘n hardwerkende en deeglike man, iemand in wie vertroue gestel kon word.

Gustav het, net soos sy broer moeite gedoen om die verskeie tale magtig te raak. Hy het selfs verder gegaan en ‘n drie talige woordelys opgestel, Duits, Hollands en Engels. Daarin het hy die betekenis en sinonieme van alle woorde waarmee hy te doen gekry het, aangeteken en sy vrye tyd gebruik om daardie drietalige woordelys grondig te bestudeer. Op dieselfde metodiese wyse het Gustav te werk gegaan om hom op hoogte van die leefwyse, sedes en oortuiginge van die Vrystaatse volk te bring.

Gustav Fichardt was aanvanklik ‘n haastig en ietwat voortvarend met ‘n humeur wat soms gedreig het om handuit te ruk. Hy het spoedig besef dat geduld in die handelswêreld ‘n deug is waarsonder hy nie kon klaarkom nie, en sy humeur met alle mag bedwing en kalmte aangeleer.

In sommige opsigte het hy ‘n tipiese Duitser gebly, gemoedelik en het van humor en geselskap gehou. Hy het gereeld agter die winkel in sy huis tuin saam met vriende oor ‘n glasie bier pret gemaak, gesels en probeer saamsing, hoewel hy nie musikaal was nie. Met feestye het hy opgeruim aan die pret deelgeneem. Volgens die Gedenkboek was daar een gedenkwaardige stukkie pret wat daardie dae se Nuwejaarsfeeste bestaan het, in die afrol van brandende teerbalies in Monumentweg, en wel van die hoogte waar die monument staan(Oranje Toyota vandag), in die rigting van Bloemspruit. Die man se teerbalie wat die verste gerol het was die wenner.

In sy tuin het Gustav ‘n put gegrawe. Baie Bloemfonteiners het hul huiswater hier gekry. Dit was natuurlike lank voor die damme in die Modderrivier. Benewens synmededeelsaamheid was hy ook ‘n sakeman. Op die put is ‘n handpomp aangebring wat die water in twee strome verdeel het: twee dele vir die pomper en een deel vir die eienaar. Die Bloemfonteiners het hom sy deeltjie nie misgun nie. Met daardie water het hy een van die mooiste tuine van daardie dae in Bloemfontein aan die gang gehou.

Sakeman of nie, maar van een instelling wou Gustav Fichardt geen vergoeding ontvang nie. Jare lank het die Nederduitse Gereformeerde gemeente Fichardt ‘n wolskuur op die hoek teenoor die winkel vir sy dienste gebruik, voor sowel as ten tyde van die bou van die huidige Tweetoringkerk.

Met die vertrek van Carl na Europa het oorlog teen die Basoete’s uitgebreek en dinge het sleg gelyk vir die Republiek . Die nederlaag by Verkeerdevlei het einde aan die inval gebring, en toe sake weer min of meer ‘n normale gang begin neem, het Gustav vir hom ‘n jong man as helper en later as vennoot in diens geneem. Arthur William Beck het in 1865 tot Fichardts se saak toegtree. Hy was bestem om Gustav se swaer te word.

In 1866 is die eerste diamante in Kimberley ontdek en dit het ‘n hele wending in die handel in die Vrystaat te weeg gebring. Die delwersgemeenskap in die weste was kwistige verbruikers van alles wat die plase in die vorm van voedsel kon oplewer, en hul le was bereid om te betaal, want die uitstromende diamante het ‘n stroom geld die land ingebring.

In 1868 het die invloedryke Beckgesin Artur Beck na Bloemfontein gevolg, daar was 13 kinders. Gustav het ‘n gawe vriendsakp met Caroline, oudste suster van Arthur gehad, wat spoedig tot ‘n verlowing oorgegaan het. Hulle het op 20 Desember 1868 in die huwelik getree.

In die gedenkboek is die pragtige staaltjie opgeteken oor Gustav se humorsin. Die bruid se swierige uitrusting is natuurlik deur die winkel bestel. Die aankoms is taamlk vertraag, maar eindelik het die transportwa tog met die kosbare vrag opgedaag. Gustav en Arthur het dadelik aan die werk gespring. Die klomp kiste is gou-gou van hul kosbare inhoud geledig en allerhande denkbare prulle is uit die winkelrakke in die kiste gestop. Met heelwat vertoon is die vrag die volgende oggend by die bruid se huis besorg. Wat die jonge Caroline se reaksie was, laat min twyfel. Verbasing, elllende, verdriet en ontstuimige ergernis sou haar gevoelens bolangs beskryf. Die twee grapmakers moes gou speel om die dreigende oorlog af te weer. Wittebroodsdae is op die plaas Wildfontein, waar Julius Fichardt gewoon het, deurgebring. Waarna Gustav en Caroline hul intrek geneem het in die huis waar hy en se broer gewoon het ,langs die winkel.

Op Gustav se verjaarsdag, 20 Maart 1870, is hy verbly met die geboorte van sy eerste seun, Charles Gustav. Twee jaar later is sy tweede seun Arthuer Emmanuel gebore en sy derde seun, Herhert Lewis ‘n jaar later. Gustav het met die gesin uitbreiding ‘n nuwe huis gebou en die geskiedkunige huis Kaya Lami in 1875 betrek en die eerste woninkie deel van die vergrote winkel geword. In dieselfde jaar is die vierde seun Everad Walter gebore, twee jaar later sy eerste dogter Maud Geraldine en in 1884 Ella.

Gustav was ‘n gretige leser van klassieke werke in Duits, Engels en Nederlands en het hom veralin die geskiedenis en staatkunde ingegrawe.

In 1872 het Gustav lid van die destydse dorpsraad geword en in 1876, die eerste jaar van sy burgermeesterskap, is Boemfontein se eerste hospitaal ingewy. Hy is as burgermeester herkies tot in 1880, toe hy uit die stadsraad bedank het om ‘n uitgebriede oorsese reis te onderneem, ‘n eertse sedert sy aankoms in Vrystaat ‘m kwarteeu vroeër.
Gustav Fichardt se liefde vir boeke lees, het daartoe gelei dat hy in 1875 ‘n groot bedrag geld aan die Bloemfonteinse Raad beskikbaar gestel het vir die oprigting van ‘n biblioteek. Dit het aanleiding gegee tot die stigting van Bloemfonteinsche Publieke Bibliotheek. Die eerste gebou is in Jacobsdal gekoop, daar afgebreek en stuk-stuk per ossewa na Bloemfontein gebring, waar die biblioteek vir 25 jaar gehuisves was. In Junie 1899, nouliks drie maande voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het Gustav Fichardt die perseel waar die huidige biblioteek staan, saam met die nodige fondse om ‘n nuwe gebou op te rig aan die stadsraad oorgedra. Nouliks ‘n jaar voor sy dood. Die geskiedkundige Transport Akte no. 56500 is op ‘n geselligheid aan die destydse burgermeester dr Bernhard Otto Kellner oorhandig. Die waarde van sy skenking, insluitend boeke is destyds op £8 000 gewaardeer.

Gustav Fichardt het na sy terugkeer uit Europa weer vir ‘n jaar, van April 1882 tot April 1883, as burgermeester gedien. Vanweë ‘n agteruitgang van sy gesondheid, ’n kroniese blindederm-ontsteking, volgens ‘n geneesheer-skoonseun, het Fichardt hom al hoe meer onttrek van die openbare lewe. Athur Beck, swaer en vennoot het al hoe meer die verantwoordelikhede van die firma oorgeneem. Fichardt het meer tyd met sy familie op die plaas Brandkop spandeer. Fichardt het nog ‘n dag voor sy dood die direkteursvergadering van die Bloemfontein Bank, waarvan hy ‘n stigter was, bygewoon.

Met die oorlogswolke in die lug het Gustav Fichardt agter die skerms gewerk om die oorlog af te weer. Saam met pres Steyn het hy as arbiter opgetree tydens die Bloemfonteinse konferensie tussen pres Kruger en Lord Milner. Lord Milner het in Kaya Lami gebly en pres Kruger in Fichardt se privaatwoning in Elizabethstraat. Die mislukking van die konferensie was vir Fichardt ‘n groot terugslag.

Gustav Adolf Fichardt is oorlede in Junie 1900, kort nadat die Britse magte Bloemfontein en Pretoria beset het.

(Bronne:- G.A. Fichardt Bpk, 1848 – 1948. Gedenkboek

Foto’s: Vrystaat Argiefbewaarplek)

More Info


Everard Walter Fichardt - Sterfkennis

Caroline Fichardt nee Beck - Sterfkennis

Charles Gustav Fichardt - Sterfkennis

view all 11

Gustav Adolph Fichardt, SV/PROG's Timeline

1834
March 20, 1834
Creuzburg, Thuringia, Germany
1868
1868
Bloemfontein, Orange Free State, South Africa
1870
March 20, 1870
Bloemfontein, Orange Free State, South Africa
1872
March 9, 1872
Bloemfontein, Orange Free State, South Africa
1875
August 27, 1875
Bloemfontein,, Orange Free State, South Africa
1877
September 8, 1877
Bloemfontein, Free State, South Africa
1884
January 1, 1884
Bloemfontein, Free State, South Africa
1899
1899
1900
June 6, 1900
Age 66
Bloemfontein, Mangaung, Free State, South Africa