Charles Gustav Fichardt

How are you related to Charles Gustav Fichardt?

Connect to the World Family Tree to find out

Charles Gustav Fichardt's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Charles Gustav Fichardt

Birthdate:
Birthplace: Bloemfontein, Orange Free State, South Africa
Death: May 30, 1923 (53)
Rhodes Nursing Home, Muizenberg, Western Cape, South Africa
Place of Burial: Bloemfontein, Free State, South Africa
Immediate Family:

Son of Gustav Adolph Fichardt, SV/PROG and Caroline Beck, SM
Husband of Catharine Mary Grant Fichardt
Father of Gustav Arthur Innes Fichardt; Everard Lewis Innes Fichardt and Valerie Maria Caroline Fichardt
Brother of Herbert Lewis Fichardt; Arthur Emanuel Fichardt; Everard Walter 'Charles' Fichardt; Maud Geraldine Fichardt; Ella Cecil Fischer and 1 other

Occupation: Director, G A Fichardt Ltd & Fichardt Estates Ltd, & Member of Parliament for Ladybrand, Director and Member of Parliament for Ladybrand
Managed by: Lindie Fourie
Last Updated:

About Charles Gustav Fichardt

deur Gert Theart

Charles Gustav Fichardt meer bekend as Charlie, die oudste seun van Gustav Fichardt en Caroline Beck. Hy is op 20 Maart 1870, op sy pa se verjaarsdag, gebore. Charlie is gebore in die tyd toe die Vrystaat aan die ontwikkel was en die swaarkry jare van die voortrekkers iets van die verlede was. Dit was in die dae van pres. Jan Brand en F.W. Reitz. Die Vrystaat het toe as ‘n model-republiek bekend gestaan.

In die gedenkboek van GA Fichardt Bpk word verwys na die vervoergeriewe en dat ons vandag geneig is om die vervoergeriewe as primitief te bestempel,  maar dit is tog opvallend hoe maklik die Vrystaters van daardie gereis het, nie alleen binne Suid-Afrika nie, maar ook oorsee.

Toe Charlie 10 jaar oud was, is hy saam met die res van sy familie op ‘n uitgebreide oorsese reis. Die oorsese reis het nie net sy visie oor die wêreld verbreed nie, maar met die saamreis van goewernante mej. M.A. Smith, 35 jarige oujongnooi, is die Fichardt-kinders se lewe beinvloed. Die nimlike vrou het nie alleen daartoe bygedra om die jong Fichardts van die daarop volgende geslagte te vorm nie: sy het feitlik ‘n angenome matriarg vir die hele Fichardt-geslag geword, want sy is eers in 1947 in die rype ouderdom van 101 jaar oorlede. Heelwat grasie en welewendheid, wat tot vandag toe, kenmerkend van die Fichardts is, is van hierdie Victoriaanse oujongnooi aangeleer.
Hoewel die Vrystaat destyds reeds minstens een ordentlike skool gehad het, nl. Grey-Kollegeskool, was dit tog die gebruik dat opgeskote seuns en dogters vir hul opvoeding weggestuur word, na bekende seunskole en seminares van die Kaap of desnoods oorsee. Op 17- jarige leeftyd, twee jaar voor die dood van pres. Brand en die verkiesing van pres. Reitz, is die jong Fichardt van Greykollege na Skotland. Hier het hy sy studies voortgesit. Die studies in Skotland het nie van hom ‘n groot geleerde gemaak nie, maar ‘n jongman wat in omgang sy man kon staan.

Charlie Fichardt was ‘n sportliefhebber en uitstekende krieketspeler. Kort na sy terugkeer uit Europa, het hy die eer gehad om in Kaapstad(19-22 Maart 1892) teen die besoekende Engelse krieketspan te speel. Volgens GA Fichardts Bpk gedenkboek het hy tydens die wedstryd die hoogste telling aangeteken en is deur sy spanmaats skouerhoog van die veldgedra. Die inligting word weerspreek op die telkaart verskaf deur www.espncricinfo.com/ci/engine/match/62433.html. Volgens die webtuiste het Charlie geen lopies in die eerste beurt en 10 in die 2de beurt aangeteken. In Februarie 1896 het hy Suid-Afrika in nog ‘n toets verteenwoordig en 4 lopies in die eerste beurt en 1 lopie in die 2de beurt aangeteken.

Charlie Fichardt was lief vir musiek en uitmuntende sanger en toneelspeler wat in sy dae sonder weerga in die Vrystaat was.

Charlie Fichardt was nie ‘n handelaar nie, maar het wel tot sy vader se besigheid toegetree na sy terugkeer uit Europa.Hy het later uitgetree en ‘n kantoor geopen en sy vader se veelvoudige belange behartig, maar nooit sy verbintenis in die handelsaak prysgegee nie. Hy het hom meer toegspits op die openbare lewe as op die handel. Charlie het kort na sy terugkeer uit die buiteland stadsraadslid geword op die ouderdom van 24. In April 1898 het hy burgermesster geword, maar die amp slegs ses maande beklee. Charlie wou die te vinnig moderniseer vir sy mederaadslede en dit het tot botsings gelei. Hy het later weer as raadslid gedien, van November 1906 tot November 1907.

Kort voor die uitbreek van die Anglo-Boere Oorlog het hy met Kate Innes, dogter van ‘n oud-burgermeester van Bloemfontein, in die huwelik getree. Met die uitbreek van die oorlog het hy op kommando gegaan en rapportryer vir die suidelike kommand’s geword. Hy het aan die meeste gevegte aan die wesfront geveg en is gewond tydens die slag van Popler Grove en is gevange geneem. Hy was nie lank opgesluit nie en is op parool vrygelaat. Charlie Fichardt het hom vir tyd lank in Mowbray in die Kaap gevestig en sy parool ge-eerbiedig. Dit het wel nie gemaak dat hy nie voortgegaan het om vir die Boeresaak te veg nie. In die Kaap het hy vriende gemaak met John X. Merriman, Sauer, F.S. Malan en Cronwright-Schreiner en van wie die laasgenoemde twee, as gevolg van hul pro-Boerse bedrywighede agter tralies laat beland het. Hy was ook ‘n gunsteling van mev. Koopmans de Wet, by wie hy o.a. Olive Schreinder en Emily Hobhouse ontmoet het. Met Emily Hobhouse het hy intiem bevriend geraak en uit sy pad gegaan om haar in staat te stel om Vrystaat en Tansvaal, veral die verwoeste plase en konsentrasiekampe te besoek.

Charlie het uit die Anglo-Boere Oorlog gekom as een van die grootste ondersteuners van genl. Hertzog. Hy was trouens een van genl. Hertzog se getrouste en mees geniale ondersteuners oor ‘n tydperk van 20 jaar. In karakter was daar geen ooreekoms tussen die twee manne nie. Genl. Hertzog was ‘n doodsernstige man, intens in denke, in woord en daad, darenteen was Charlie Fichardt skynbaar die lighartigheid self. In die daaglikse handel en wandel het sy nimlike persoonlikheid, sy humorsin, gevatheid en sy redenaarstalent homselfs by sy politieke teenstanders, as persoon in die hoogste mate gewild en gesog gemaak. Hy het sy menings nooit onder stoele en banke weggesteek nie, maar oor die vermoë beskik om sy sê te sê sonder om iemand as persoon te grief nie. Sy politieke loopbaan het met die stigting van die Unie in 1910 begin toe hy as volksraadlid vir die ou Suid-Afrikaanse Party vir Ladybrand verkies is. Die setel het hy behou tot sy dood. Saam met genl. Hertzog het hulle in 1912 uit die Suid-Afrikaanse Party getree en die Nasionale Party gestig.

Charlie Fichardt het in Desember 1917 saam met Willie A. Hofmeyr(Prokureur), Charlie R. Louw(Prokureur), Pieter A. Malan(Prokureur), Fred H. Dormehl(Voormalige Versekeraar), Antoon F. Benning(Prospekteerder en meester bouer), Alfred McDowell(Skotse Bankier en versekering rekenmeester) in ‘n hotel in Kaapstad vergader , Suid-Afrikaanse Nasionale Trust en Assuransie Maatskappij (Santam) en Suid-Afrikaanse Nasionale Lewens Assuransie Maatskappij Beperk (SANLAM) gestig met Willie Hofmeyr as voorsitter.

Charlie was ook ‘n goeie organiseerder en tydens die Uniewording feesvieringe het hy ‘n fees vir bykans 2000 Bloemfonteinse kinders by Brandkop gehou.

Charlie Fichardt was ‘n goeie organiseerder. So ‘n geleentheid was die organisering van 2 000 kinders, wat vir Uniedag 1910, feesvieringe op Brandkop bygewoon het. Dit is te verstane dat hy gekies is om twee groot geleenthede in die Vrystaat te reël, nl: die onthulling van die Vrouemonument (16 Desember 1913) en die teraardebestelling van oud-pres. M.T. Steyn.

Die uitbreek van die Eerste Wêreld Oorlog het ook gelei tot die rebellering van baie Afrikaners omdat genl. Louis Botha se regering aan Brittanje te kenne gegee het dat Suid-Afrikaanse Uniemagte Duitswes-Afrika sal inval. Baie Afrikaners was nie te vinde hiervoor nie, omdat hul Duitsland as bondgenoot gesien het tydens die Anglo-Boere Oorlog. Genl De Wet, Beyers en Kemp was die persone wat ‘n leidende rol gespeel in protes teen die inval in Duitswes-Afrika. Wat veronderstel was om ‘n protes te wees is deur die Uniemagte in ‘n bloedbad verander. Oud-pres Steyn het Colin Steyn , sy seun, en Charlie Fichardt seun van Gustav Fichardt gestuur om met genl. De Wet te gaan onderhandel om af te sien van sy planne. Met hul aankoms per motor by Doornkop slagveld net na die slag, vlug Uniemagte troepe by hul verby met Burgers agter hul aan en genl. de Wet wie se perd onder hom doodgeskiet is spring by hul in die motor en hul sit die Burgers agterna deur Winburg. Intussen deel Charlie Fichardt pres. Steyn se versoek aan hom mee. Na ‘n ruk se geredekabel lyk dit of genl de Wet wil kop gee, maar net toe daag ‘n veldkornet op en laat weet De Wet se seun is doodgeskiet op Doornkop. Hoe Charlie Fichardt en Colin Steyn al probeer het, hulle kon nie genl. De Wet sover kry om van sy planne af te sien nie. Hoewel die onderhandelinge misluk het, het Charlie en genl De Wet nog jare lange vriende gebly. Genl. de Wet het selfs uit die Johannesburgse Fort met Charlie gekommunikeer. De Wet het onraad vermoed. De Wet is met ‘n paar man weswaarts na die Duitswes grens, en is uiteindelik tussen Kuruman en Vryburg gevang en na die Johannesburg Fort geneem. Desember 1914 was die einde van die rebellie, met die meeste prostesteerders gevange geneem. In Oktober 1914 het Ella Fischer, suster van Charlie ‘n ambulans op die been gebring in Bloemfontein vir die rebelle, met huiwerige toestemming van die regering, maar later hieroor.

Charlie Fichardt het hartstogtelik aan vooruitgang en moderne geriewe geglo. In 1908 was hy een van die eerste eienaars van ‘n motor uit Frankryk in die Vrystaat. Die Franse motor De Dederick was as ‘n proefneming aan Charlie Fichardt gestuur saam met Jadna, die fabrieks-verteenwoordiger. In 1910 na baie blikke petrol en konkas water het hy die motor vervang met ‘n Model T Ford wat hy by mnr Atkins gekoop het vir £375. Moontlik nog dieselfde motor waarmee hy genl. De Wet op die Doornkop slagveld besoek het.

Charles Gustav Fichardt is oorlede op 30 Mei 1923 in die ouderdom van 53 jaar na ‘n operasie in Kaapstad. Slegs ‘n maand na die oorlye van ‘n lieflingdogter.

Reeds lank voor sy dood is gelgo dat indien die party waarvoor hy hom so beywer het aan bewind sou kom, hy ‘n pos in die kabinet sou beklee het. Vriend en vyand was dit eens.

Dink terug aan die man en wat hy alles vir Bloemfontein beteken het as u in Charlesstraat ry.

(Bronne:-          G.A. Fichardt Bpk, 1848 – 1948. Gedenkboek.

Schoeman, Karel. Ontstaan van ‘n stad.
Wallis, F. (2000). Nuusdagboek: feite en fratse oor 1000 jaar, Kaapstad: Human & Rousseau)

(Foto’s: Vrystaat Argiefbewaarplek)

https://en.wikipedia.org/wiki/Charles_Fichardt

EGGSA Grafsteen / Gravestone

Boedel / Estate No. VAB MHG 16211


Caroline Fichardt nee Beck - Sterfkennis

Charles Gustav Fichardt - Sterfkennis

Wikipedia

view all

Charles Gustav Fichardt's Timeline

1870
March 20, 1870
Bloemfontein, Orange Free State, South Africa
1897
March 11, 1897
Bloemfontein, Orange Free State, South Africa
1899
October 16, 1899
Bloemfontein, Orange Free State, South Africa
1901
January 19, 1901
Bloemfontein, Orange Free State, South Africa
1923
May 30, 1923
Age 53
Rhodes Nursing Home, Muizenberg, Western Cape, South Africa
????
Brandkop 702, farm cemetery, Bloemfontein, Free State, South Africa