Jan Ruurds van der Wal

Is your surname van der Wal?

Connect to 5,000+ van der Wal profiles on Geni

Jan Ruurds van der Wal's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Jan Ruurds van der Wal

Birthdate:
Birthplace: Lemsterland, Friesland
Death: June 15, 1935 (72)
Heuningnestkrans, dist Lydenburg,, Transvaal
Place of Burial: Ohrigstad, Mpumalanga, South Africa
Immediate Family:

Son of Ruurd Willems van der Wal; Willem Ruurt van der Wal; Hendrika Petronella Schelhaas and Hendrika Petronella van der Wal
Husband of Jacobus Marthinus Oosthuizen (van der Wal) and Jacoba van der Wal
Father of Private; Private; Private; Private; Private and 7 others
Brother of Janna Ruurds van der Wal; Willem Ruurd van der Wal; Sake van der Wal and Jansje Ruurds van der Wal
Half brother of Ymkjen van der Wal; Ymkjen Ruurds van der Wal; IJmkje Ruurds van der Wal and Jetske Ruurds Lassche

Occupation: Boer
Managed by: Catharina Johanna Cecilia Wolvaa...
Last Updated:
view all 28

Immediate Family

About Jan Ruurds van der Wal

Jan is gebore in Lemsterland - Friesland op 18 Julie 1862. Op 12 jarige ouderdom verlaat hy sy ouerhuis en begin op 'n skip(skepe) te werk. Sy jong jare as matroos bring hy deur op die oop see, en uit die aard van die saak sien hy baie lande en kontinente regoor die wêreld. Dit bring ook mee dat hy sewe tale kon verstaan en van hulle praat. Met sy uittrede uit die vloot volg hy Willem na Suid-Afrika. Met die uitbreek van die tweede Anglo-Boereoorlog met Brittanje (1899 - 1902) word Jan saam met sy broer Willem deur die Engelse as krygsgevangene geneem. Jan en sy broer Willem Ruurd word saam met ander Boere krygsgevangenisse op een van die agt Bermuda eilande (Burts) wat in die Atlantiese Oseaan geleë is, 900 km oos van die VSA, en halfpad tussen die Wes-Indiese eilande en Kanada aangehou gedurende hierdie tydperk. Meer as 4600 Boere is daar aangehou sedert Julie 1901. Die huisvestiging het meestal uit tente bestaan. Met 'n sakmes as primêre gereedskapstuk vervaardig hy heelwat artikels uit hout (sien foto van seilskippie iewers op die webwerf). Een van die artikels is 'n 3-mas seilskip wat vandag in die Lydenburg museum tentoon gestel word. Reeds in Julie en Augustus 1902 na afloop van die oorlog word die eerste Boere krygsgevangenes met transportskepe weer terug na Suid-Afrika gestuur. Met sy vrylating word hy geweier om weer in Suid-Afrika toegelaat te word, omdat hy op daardie stadium nie burgerskap gehad het soos sy broer Willem nie. (Sien brief van Willem aan Jan).

Uiteindelik terug op Suid-Afrikaanse bodem kom vestig hy hom op die plaas Höningnestkrans, nie vêr van Willem Ruurd se plaas Doornhoek af nie. Hy trou met die jong Jacoba Lothering (Koba) wat op 'n tyd by Willem Ruurd-hulle te Doornhoek ingewoon het. Uit die huwelik word 3 seuns en 3 dogters gebore. Hy begin 'n transport besigheid met 'n wa en osse. Hy het ook probeer om 'n boerdery (koring, mielies en boontjies) op die been te bring, maar was nie baie suksesvol nie. Die boerdery is later deur sy oudste seun Ruurd Willem vir 'n tyd behartig na sy Pa se afsterwe. Ruurd se jonger broer, Jan het dikwels vertel hoe hy gedurende ploegtyd elke middag na skool tou leier vir die span osse moes wees, terwyl Ruurd die ploeg hanteer het. Die einste wa en osse is later deur 'n ene Hans Breytenbach kom opeis vir uitstaande skild (vermoedelik grond wat gehuur was, waarvan hy nie die maandelikse huur geld nie kon bekostig nie vanweë die droogte, sprinkaan plae en mislukte oeste).

Jan van der Wal sterf weens long komplikasies op 15 Junie 1935, en word begrawe op sy plaas Höningnestkrans.



See www.vanderwal.co.za


Huwelik https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C91V-R967-W?cc=272...

Civil death https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C9BY-LWDK-V?cc=299...

Sk https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS4V-R97X-J?cc=252...

view all 17

Jan Ruurds van der Wal's Timeline

1862
July 18, 1862
Lemsterland, Friesland
1911
August 21, 1911
1914
May 31, 1914
Ohrigstad, Lydenburg, South Africa
1916
September 3, 1916
1920
September 20, 1920