

Ruurd was die oudste broer van die ses kinders. Gedurende 1945 koop Ruurd en sy vrou Miemie die plaas Nooitgedacht van Koos Burger. Nooitgedacht is langs Höningnestkrans geleë waar Ruurd groot geword het. Eerste uit hierdie huwelik word 'n tweeling gebore, Bart en Suzy. Ruurd en Miemie het aanvanklik in 'n rondawel gebly, en met die geboorte van hulle derde kind Charles, bou Ruurd 'n huis met stene wat hy self gemaak het, omdat stene op daardie tydstip na die tweede wêreld oorlog onbekombaar was. Die nuwe huis is naby 'n watervoor gebou wat dit vir die gesin aansienlik makliker gemaak het om water te bekom in daardie tyd.
Hoofsaaklik boer Ruurd met tabak en koring asook die kweek van verskeie soorte sade vir aanplanting. Ruurd het ook 'n suksesvolle bees boedery aan die gang gehad, wat hom 'n baie suksesvolle boer gemaak het. Die boerdery is later deur sy seuns Bart en Charles oorgeneem.
Vandag is die einste huis met twee ander huise op die plaas in gastehuise omskep wat bekend staan as RUURD'S COUNTRY LODGE
Beide Ruurd en sy vrou Miemie is op hierdie plaas begrawe
1914 |
May 31, 1914
|
Lydenburg, South Africa
|
|
1938 |
September 22, 1938
|
||
September 22, 1938
|
|||
1945 |
August 9, 1945
|
||
1986 |
January 26, 1986
Age 71
|
Ohrigstad, South Africa
|