Joachim Scholtz, SV/PROG 2

How are you related to Joachim Scholtz, SV/PROG 2?

Connect to the World Family Tree to find out

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Joachim Scholtz, SV/PROG 2

Birthdate:
Birthplace: Altmark, Mark Brandenburg, Herzogtum Preußen, Deutschland (Germany)
Death: February 15, 1738 (43-52)
Farm De Klijne Vogelvallei, dist Piketberg, Caep de Goede Hoop, South Africa
Place of Burial: Piketberg, Caap de Goede Hoop, Suid Afrika
Immediate Family:

Son of Hans Heinrich Schulz and Catharina Schulz
Husband of Anna Maria Meckelenburg . Strang . Scholtz and Agnitie Antonette Campher
Father of Johannes Paasen Scholtz, b1 and Jan Joachim Scholtz

Occupation: Stalkneg/soldaat/boerkneg, Soldier, farm manager, farmer, Farmer, VOC Service as a soldier and stockman, then farmer for his own account
DVN: SV/PROG 2
Managed by: Hester Maria Christina Marx
Last Updated:

About Joachim Scholtz, SV/PROG 2

www.stamouers.com

Joachim SCHOLTZ is in circa 1690 in Altmark, Brandenburg, Pruise, gebore en sterf in 1738 op sy plaas "de Klijne Vogelvallei", naby Piquetberg. Hy trou op 3 August 1727 in die Paarl met Anna Marijna SWART. Sy is circa 1690 in Stockholm, Swede, gebore en sterf in 1732. Joachim trou vir 'n tweede keer op 31 Mei 1733 in Stellenbosch met Anthoinetta CAMPHER, die dogter van Lorenz Campher en Ansela Hanselaar. Sy is in circa 1690 gebore en sterf in 1735 op die plaas Elandskloof.

Joachim was afkomstig van die Hertogdom Altmark, Brandenburg, Pruise (tans Duitsland) maar die naam van die dorp word nie aangegee nie. Die hoofstad van Altmark is die dorp Stendal, ongeveer 160km wes van Berlyn.

Joachim het in 1720 aan die Kaap geland, maar die naam van die skip en die datum waarop hy in die Kaap aangekom het, word nie vermeld nie. Die klerk wat die register ingevul het was Rijk Tulbagh, die latere goewerneur van die Kaap. Tulbagh, "verhollands" dan ook die naam en teken dit nie in die regte Duitse vorm aan nie, maar as "Jogem Schols".

Sy eerste betrekking na sy aankoms aan die Kaap was as stalkneg in diens van die VOC . Die garnisoen se ruitery moes uiteraard heelwat perde daarop aanhou, en die onderhoud van die stalle het dus baie aandag geverg. Gedurende die jaar 1721 is hy tot soldaat bevorder, 'n posisie wat hy tot 1722 beklee het. Daarna, gedurende die goewerneurskap van Hendrik Swellengrebel, is hy op 'n dienskontrak as landboukneg deur die Kompanjie aan die landbouer, Barend Buys, woonagtig te Paarl, uitverhuur. (Barend Buys het geboer op die plase Blomkool en Witteklip geboer.) Vanaf 1 Augustus 1722 tot 15 Februarie 1725 was Joachim as boukneg in die diens van Barend Buys. Vermoedelik was Joachim verantwoordelik vir die boerdery op Witteklip, terwyl Barend sy aandag aan die aktiwiteite op die plaas Blomkool geskenk het. (Familia XXIX/1992 Nr.2 bl 30.)

Die dienskontrak was vir een jaar vir 'n maandelikse vergoeding van 13 Gulden, Indiese valuasie, en een pond tabak -- benewens spyse, drank en 'n goeie huis. In die kontrak word na hom verwys as "soldaat Joghem Schols van Brandenburg". Hy onderteken die ooreenkoms slegs met sy voorletters J.S. onderaan. Rijk Tulbagh, die latere goewerneur van die Kaap en skoonseun van Hendrik Swellengrebel, teken as een van die getuies. (Argief Kaapstad C.J. 2880 : 31.)

In 1725 het hy aansoek gedoen om 'n "Vrijburger" te word. Blykbaar het hy in hierdie stadium nie op sy eie gaan boer nie, want hy het sover vasgestel kon word, geen aansoek ingedien vir 'n stuk grond nie. Gedurende hierdie tyd was hy ook nog nie getroud nie, en was hy in die omgewing van Paarl / Drakenstein bedrywig.

Op 3 April 1727 tree hy in die Paarl in die huwelik met Anna Maria Swart (toe die weduwee Strang met drie dogters). Hulle eerste kind, 'n seuntjie, is in die Paarl gebore en gedoop. Daarna moes hulle vir 'n tydperk na Kaapstad verhuis het, want op 8 April 1729 laat hulle in Kaapstad 'n gesamentlike testament opstel. Hier word hy beskryf as 'n burger van Drakenstein (toe nog deel van die gemeente Paarl) en op daardie oomblik "lichtelijk ten bedde leggend". In hierdie geval maak hy slegs 'n kruisie vir sy handtekening. (Argief Kaapstad C.J. 2604 : 40). In 1730 is hulle terug in Drakenstein, want op 18 Mei 1730 laat hulle hul tweede seun in die Paarl doop.

In 1732 het sy vrou, Anna Maria Swart, hom ontval. Die boedelrekening, gedateer 8 Desember 1734 toon aan dat hy die bedrag van 109,14 riksdaalders uit die boedel ontvang het. Blykbaar was hulle buite gemeenskap van goedere getroud. Uit die boedelrekening blyk ook dat slegs een van die Strang-dogters uit haar vorige huwelik nog in die lewe was, maar in werklikheid in werklikheid is dit die Raesen-dogter.)

Op 26 Junie 1732, terwyl hy nog onder Drakenstein resorteer het, was hy werksaam op die plaas Hooggelegen van Andreas Bester, naby Kaapstad. Vanaf Hooggelegen stuur Joachim 'n "memorie" aan die Goewerneur en lede van die Politieke Raad waarin hy hulle hulp vra, aangesien hy arm en gebreklik is en dat hy weens sy gesondheidsprobleme dit moeilik vind om vir homself en vir sy seuntjie te sorg. Hy noem nie die Strang-dogter se naam nie. (Argief Kaapstad. Mss. Requesten, S-T.; Leibrandt.) Waar die Strang-dogter op daardie oomblik was, is onbekend. Haar naam verskyn nie onder die lyste van weeskinders na wie die verskeie gemeentes omgesien het nie. Sy is later met Jacob Kruger getroud en het toe na haar halfbroertjie, Jan Joachim moes omsien.

Blykbaar het Joachim se gesondheid sodanig verbeter, dat hy besluit het om vir homself te gaan boer en hom op veeboerdery toe te spits. Plase in die gevestigde gebiede was nie meer maklik beskikbaar nie en nuwelinge moes hulle na die grensgebiede wend. Weilisensies wat gebruiksreg oor 'n stuk grond gegee het, maar nie besitreg nie, was beskikbaar. Aangesien die weiregte slegs tydelik was, het die amptenare van die Kompanjie in die meeste gevalle ook nie veel moeite gedoen om spesifieke beskrywings van die plekke te gee nie; hulle was in elk geval onbekend met die omgewing van die plase. Die beskrywings was soms heeltemal ontoereikend en die amptenare het nie omgegee of die eienaar van die weiregte ander persone in hulle regte te na sou kom, of lastig sou val nie.

In 1725 was die getal veeboere aan die noordelike grens alreeds 50 in getal en in 1735 word die getal as 135 huisgesinne aangegee. Gedurende 1725 en die daaropvolgende jare, het die Swartland vinnig ontwikkel. Die eerste veeboere het hulle reeds in die vallei van die Olifantsrivier gevestig en permanente en duursame opstalle is tot stand gebring. Die omvang van die plase was bereken dat dit 'n deursnee van een uur se stap moes hê, d.w.s. ongeveer drie myl by drie myl, of naastenby 3 000 morg.

Op 10 Desember 1732 word aan Joachim toestemming verleen om vir een jaar met sy vee (wat hy blykbaar reeds moes besit het) op die veepos "Kanse Fonteijn" in die vlakte van die Piquetberg op die verlate plaas van Gerrit van Aardt te staan. (Argief Kaapstad R.L.R. Nr.9. -395.) Terwyl hy met sy vee hier gestaan het, is hy op 31 Mei 1733 in Stellenbosch weer getroud met die weduwee van Arij van Wijk t.w. Antoinetta Campher. In die huweliksregister word nog na hom as 'n burger van Drakenstein verwys. Uit hierdie huwelik is geen kinders gebore nie, maar gesamentlik was hulle verantwoordelik vir die Strang (Raesen) dogter, wat haar weer by Joachim gevestig het, Joachim se seun, en die tien Van Wyk kinders van Antoinetta.

Op 13 September 1733 het hy toestemming ontvang om hom op die plaas "Elandskloof over de Olifants Rivier" te vestig. (Argief Kaapstad -R.L.R. Nr. 9. -839.) Blykbaar het hy nie onmiddellik verhuis nie, want op 9 Oktober 1733 rapporteer Jacob Kruger, die Veldkornet, dat Joachim nog op "Kanse Fonteijn" staan.

Op "Elandskloof" het dit ook maar moeilik met Joachim gegaan en sy tweede vrou het hom hier in 1735 ontval. In die gemeentelike uitgawe "Ons Kerk in die Bo-Olifantsrivier, Citrusdal, 1716 - 1966" skryf dominee A. P. Smit dat hy nie die begraafplaas kon opspoor nie. Ds. Smit wys ook daarop dat in die jare 1738-39 die gevaar van rooftogte deur die Boesmans so groot was, dat die Boere van Agter-Piketberg moes ontruim aangesien die Boesmans 'n skrikbewind in hierdie streke gevoer het. Joachim moes ook planne beraam om van die heel voorste poste terug te val en hom te vestig waar die aanslae en diefstalle van die Boesmans nie so erg was nie.

Ds. Smit gee die naam van die aanlegger en eerste eienaar van "Elandskloof" as "Joachim Schultz" . Die oorspronklike inskrywing waarna verwys word is nagegaan en alhoewel die dokument ietwat onduidelik is, blyk dit dat dit tog "Joachim Scholtz" kan wees. Wat wel verbasend is, is dat die naam in hierdie geval korrek deur die Nederlandse amptenaar gespel is.

In sy boek "So the High Road" vermeld Jose Burman dat twee bergpasse wat gebruik was om die Bo-Olifantsrivier en omgewing te bereik t.w. "Piekenierskloof en "Karbouskloof" wat naby die huidige Porterville geleë was, die afgelope honderd jaar nie meer in gebruik is nie. Blykbaar is die oorspronklike "Piekenierskloof" die oudste van die twee passe, en is dit reeds in 1660 as roete gebruik.

In 1685 het Simon van der Stel ook hierdie pas met sy tog na Namakwaland gebruik. Die plaas "Elandskloof" het op die pad na die Bokkeveld gelê.

In die gemeentlike uitgawe van "Die Geskiedenis van Malmesbury" word vermeld dat die Swartland al teen hierdie tyd taamlik beset was en dat oop waters en fonteine omtrent alles al opgeneem en beset was op die bewoonde plase. Onder hierdie omstandighede het Joachim besluit om eiendomsreg oor 'n plaas in die meer besette deel te verkry. Hy het die plaas "De Klijne Vogelvallei" aan die Piquetberg gekoop en hom dus as volwaardige eienaar na die "Swartland" teruggetrek -- nou nie meer 'n boer met slegs weiregte nie.

Terwyl hy hier in die Swartland woonagtig was, het hy hom op die veeboerdery sowel as die landbou toegelê. As boer het hy arbeid nodig gehad en het hy omstreeks 1736 'n manlike slaaf van Abraham Paling vir 120 Riksdaalders gekoop. Die slaaf is op skuld gekoop en die finale vereffening van die koopsom het met die afhandeling van die Boedelrekening van Joachim plaasgevind.

In 1738 is Joachim hier op die plaas " De Klijne Vogelvallei", aangrensend aan die huidige dorp Piketberg, oorlede en vermoedelik begrawe. Met die boedelvendusie op 23 September 1738 het Hendrik Kruger die plaas vir 1088 Riksdaalders gekoop. Die boedelrekening Nr. 16 van 1739 is deur die "Weesmeesteren" aanvaar en op 31 Julie 1739 onderteken. (Argief Kaapstad MOOC 13/4.)

Alhoewel Hendrik Kruger in die boedelrekening aangegee word as die koper van die plaas, moet daar tog bedenkinge daaroor bestaan, want hy was op daardie tyd slegs 12 jaar oud. Dit is waarskynlik dat dit sy ouer broer, Jacob Kruger (wat ook 'n stief-skoonseun van Joachim was, want hy was met die Strang (Raesen) dogter getroud) die plaas namens Hendrik gekoop het. Jacob het vanaf 1734 tot 1752 weiregte agter die "Blaauwberg" gehad en in 1752 het hy na die Roggeveld verhuis. (Sien Dr. E.E. Mossop "Lives of the Krugers told in a revised Genealogical Table" - Argief Jaarboek vir SA Geskiedenis - 1947.)

Skriftelike kommentaar van Richard Ball: Die koper was Hendrik Krugel, en nie Kruger nie. Hy was die skoonseun van Anthonetta Campher. In hulle testament van 1769 het Hendrik Krugel en Maria van der Swaan 'onse van d'E Compagnie in leening hebbende Vee plaats gent. de Kleyne vogel valleij bij de piequet Berg' aan hulle dogter Margareta Krugel gelaat.

Toe Joachim die plaas "Klein Voëlvlei", soos dit tans bekend staan, in besit geneem het, was dit 'n verlate plaas en dit kan aanvaar word dat die verbeteringe daarop minimaal was. Watter verbeteringe hy aangebring het kan onder omstandighede nie vasgestel word nie, maar aangesien dit tot op daardie tydperk slegs as weiregteplaas gebruik was en dat daar geen prys vir die plek betaal was nie, moet daar aanvaar word dat daar geen verbeteringe op die plaas was nie. Watter verbeteringe Joachim wel aangebring het is ook nie duidelik nie, maar die feit dat na sy afsterwe die plaas teen 'n redelike prys verkoop is, moet dit aanvaar word dat daar wel verbeteringe aangebring was.

Volgens Hans Fransen en Mary Cook (The Old Houses of the Cape bl. 16) was daar nog 'n aantal jaar gelede 'n bouvallige huis op "Kleijn Vogelvallei" waarvan die kern moontlik baie oud was. Die huis was oorspronklik skynbaar T-vormig met 'n voorhuis, 'n slaapkamer aan die kant en 'n kombuis aan die agterkant.

NOTAS VIR ANNA MARIJNA SWART

C.C. de Villiers -"Oude Kaapsche Familiën" gee die naam aan as Anna Marijna. Sy is nie in Suid-Afrika gebore nie, maar wel in Swede. Sy is van Stockholm afkomstig en die doopsertifikaat kan dus nie nagegaan word vir die regte naam nie. In die verbeterde uitgawe van "Oude Kaapsche Familiën" gebruik Pama die naam Anna Maria, - op welke gronde hy dit doen is nie duidelik nie. Hoge in "Personalia" asook Malherbe in "Driehonderd Jaar Nasiebou" gee albei die naam as Anna Maria aan.

Onder welke omstandighede sy aan die Kaap gekom het is nog nie vasgestel nie. Sy moes voor die jaar 1712 al in die Kaap gewees het, want in daardie jaar is sy met Martin Mecklenburg, van Köningsberg afkomstig, op 22 Mei in Kaapstad getroud. Uit hierdie huwelik is geen kinders gebore nie. (Hoge - Personalia) Mecklenburg se afsterwe is nog nie vasgestel nie.

Sy is weer in die huwelik bevestig op 4 Augustus 1720 met Carl Strang, 'n mede Sweed afkomstig van Götenberg in Swede. Drie kinders (dogters) is uit hierdie huwelik gebore.

1. Maria Strang - ongeveer 1719.

2. Christina Strang - gedoop in Kaapstad op 14 September 1721.

3. Sophia Strang - gedoop in Stellenbosch op 26 September 1723.

Hoge in "Personalia" meld 'n dogter met die naam "Maria", gebore 10 Sept 1719 onder die naam Stoote Heinrich Raesen, ook genaamd Raesenen of Roosen - dus voordat sy met Carl Strang getroud was. Die eerste dogter hierbo genoem t.w. Maria Strang, blyk as na geboortedatums gekyk word, dieselfde te wees as Maria Raesen en dus nie Maria Strang nie. Die huwelikssertifikaat tussen haar en Raesen kon nog nie gevind word nie. Hulle was altwee Swede en hoogs moontlik het die huwelik in die Lutherse Kerk plaasgevind, maar daardie registers is nog nie deurgewerk en bestudeer nie. Uit haar huwelik met Joachim Scholtz is twee seuns gebore. In hierdie tyd het altwee van hulle aan die Lutherse Kerk behoort, maar die huwelik het wel in die N.G. Kerk, Paarl, op 3 Augustus 1727 plaasgevind. Sy is in 1732 oorlede. (Boedel rekening Nr. 83 van 1734 gedateer 8 Desember 1734. MOOC 13 /2 Argief Kaapstad).

NOTAS VIR ANTHOINETTA CAMPHER:

C.C. de Villiers gee die naam aan as Agnita. Die naam kom in die huweliksregister sowel as in die boedel van Joachim as Antoinetta, en 'n enkele keer as Anthonetta, voor. Waar De Villiers egter na haar vorige huwelik met Arij van Wyk verwys, word die naam as Antoinetta aangegee. Hoge gee ook die naam as Antoinetta aan. Sy was die dogter van Lorenz Campher en Ansela van die Kaap.

Haar vader, Lourenz Campher, was afkomstig van Danzig, Pommern, nou Duitsland. Hy was later 'n Vryburger van Stellenbosch en die eienaar van die plaas "Muratie" naby Koelenhof.

Sy was die weduwee van Arij van Wyk wat op die plaas Kuikenvallei gewoon het. Arij was die seun van Williem van Wyk en Catharina Hillebrandts. Uit haar huwelik met Arij is tien kinders gebore en uit haar huwelik met Joachim is geen kinders gebore nie. Joachim was dus verantwoordelik vir die Raesen dogter, twee Strang dogters, sy eie twee seuns en die tien kinders Van Wyk - altesaam vyftien kinders.

KINDERS VAN JOACHIM SCHOLTZ EN ANNA SWART:

b1. Johannes Paasen Scholtz, gedoop 21 September 1727. Johannes moes op 'n baie jeugdige ouderdom gesterf het, want geen verdere verwysing na hom kan gevind word nie.

b2. Jan Joachim Scholtz, gebore 28 Mei 1730 in die Kaap, oorlede 2 August 1804 in Stellenbosch. Hy trou op 19 September 1748 in Swartland (Malmesbury), met Catharina Elizabeth van Wyk, gedoop 15 Oktober 1730 in Kaapstad. Sy sterf 18 Julie 1777 in "de Rogge Cloof", in die omgewing van Sutherland. Hy trou 'n tweede keer met Johanna Elizabeth Hamman op 22 November 1778 in die Paarl. Sy is gebore in die Drakenstein op 16 November 1750 en oorlede 3 August 1826 in die Swartland (Malmesbury).

Geskryf deur J A (Bertus) Scholtz (1907 - 1997)

Bydrae te danke aan:

Inligting voorsien deur Ian Scholtz ians@transnet.co.za

[In die gemeentlike uitgawe van "Die Geskiedenis van Malmesbury" word vermeld dat die Swartland al teen hierdie tyd taamlik beset was en dat oop waters en fonteine omtrent alles al opgeneem was en beset was in bewoonde plase. Onder hierdie omstandighede het Joachim besluit om eiendomsreg oor 'n plaas in die meer besette deel te verkry. Hy het die plaas "De Klijne Vogelvallei" aan die Piquetberg gekoop, en hy het hom aldus teruggetrek na die "Swartland" as eienaar van 'n plaas in teenstelling met die vroeëre geval waar hy sleg weiregte gehad het. -- http://www.ballfamilyrecords.co.uk/kfp/I204.html##I206]

http://www.stamouers.com/

About Joachim Scholtz, SV/PROG 2 (Afrikaans)

Bronne:

  1. My Familia deur Ian Scholtz
  2. Stamouers

About Joachim Scholtz, SV/PROG 2 (English (default))

view all 13

Joachim Scholtz, SV/PROG 2's Timeline

1690
1690
Altmark, Mark Brandenburg, Herzogtum Preußen, Deutschland (Germany)
1720
1720
Age 30
1721
1721
- 1722
Age 31
1722
1722
- 1725
Age 32
1727
September 21, 1727
Paarl, Kaap de Goede Hoop, Paarl, WC, South Africa
1730
June 24, 1730
Cape of Good Hope, South Africa