Johan Georg Meyer

How are you related to Johan Georg Meyer?

Connect to the World Family Tree to find out

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Johan Georg Meyer

Also Known As: "Org"
Birthdate:
Birthplace: Prince Albert, Cape, South Africa
Death: August 30, 1907 (60)
Op plaas Elandfontein, Alberton, Witwatersrand, Transvaal, South Africa
Place of Burial: Alberton, Transvaal, South Africa
Immediate Family:

Son of Johan Georg Meyer and Hester Christiana Elisabeth Meyer
Husband of Johanna Elizabeth Jacoba Meyer and Johanna Elizabeth Jacoba Meyer
Father of Johan Georg Meyer; Hendrik Wynand Meyer; Johanna Elizabeth Magdalena Keyter; Johan Georg Meyer; Johannes Petrus Meyer and 4 others
Brother of Johannes Petrus Meyer; Anna Magdalena Meyer; Johanna Magdalena Meyer; Hester Christina Elizabeth Meyer; Wilhelmina Christina Johanna Bezuidenhout and 2 others
Half brother of Pieter Frederik Salverus Viljoen and Jacomina Hendrina Viljoen

Occupation: Boer
Managed by: Private User
Last Updated:

About Johan Georg Meyer



EGGSA GRAVE



Johan Georg (Org) Meyer 1846-1907. a1b9c1d5

Johan Georg Meyer is op 30.12.1846 gebore op Swartrivier in die Prins Albert distrik en gedoop aldaar op 14.2.1847. Hy was die vyfde oudste kind en derde seun van sy ouers, Johan George Meyer gebore 27.11.1816 en getroud op 4.5.1840 te Beaufort Wes met Hester Chirstina Elizabeth Mulder gebore 1822. Johan George Snr. en sy gesin verhuis vanaf Prins Albert en vestig hulle op die plase Elandsfontein, Klipriviersberg en Swartkoppies op die Witwatersrand in ongeveer 1845.

Johan Georg Jnr. bekend as Org Meyer is getroud op 2.2.1867, te Pretoria met Johanna Elizabeth Jacoba (Hannie) du Preez gebore 4.4.1850 te Potchefstroom. Sy was 'n dogter van Hendrik Wynand en Maria Catharina du Preez. Hit hulle huwelik is nege kinders gebore, vyf seuns en vier dogters. Die kinders word op Heidelberg gedoop tussen 1868 en 1887.

Org Meyer was die eienaar van 'n gedeelte van die plaas Driefontein asook Elandsfontein. Die ontdekking van goud op die Witwatersrand in 1886 het die lewens van hierdie huisgesin drasties beinvioed. Driefontein is, net soos die aangrensende plase, geproklameer vir mynhedrywighede. 'n Gedeelte van Driefontein word deur Org Meyer as 'n dorpsgebied uitgegee en erwe is op 'n veiling verkoop op 10 November 1890. Die dorpsgebied is na horn vernoem en heet Georgetown, vandag deel van Germiston. Die gesin was die eerste inwoners van Germiston. Die res van sy gedeelte van Driefontein het hy stuksgewys aan die mynmaatskappy Consolidated Goldfields of South Africa verkoop.

Op Elandsfontein het Org Meyer aanvanklik 'n tydelike plaashuis gebou in die Natalspruit gebied, vandag deel van Alberton, waar hy 'n gemengde boerdery beoefen het. Op die oewers van die Natalspruit, naby die teenswoordige Alberton Laerskool, was die koets-stilhou en uitspanpiek, waar Hannie Meyer verversings en huisvesting verskaf het aan reisigers vanaf Natal. Die Meyerdam in Alberton is deur horn gebou.

Gedurende die laat 1890's het Org Meyer 'n imposante woning laat ontwerp maar bouwerk moes tydelik gestaak word met die uitbreek van die Anglo Boere oorlog. Na bewering het hy goue Kruger munte ter waarde van 16 000 pond in vrugtevlesse in die fondasies van die woonhuis begrawe, wat hy weer teruggevind het na die oorlog. Die huis is na die oorlog voltooi en was bekend as "Meyers Farm"

Org Meyer is een van die 102 afgevaardigdes wat op 1.5.1893 te Pretoria deelneem aan die verkiesing van Kommandant Generaal Piet Joubert as Staatspresident. Hy was vir bale jare die Veldkornet van wyk Kliprivier in die distrik Heidelberg. Hy het deelgeneem aan die slag van Majuba gedurende die eerste Vryheidsoorlog. Gedurende die tweede is hy bevorder tot Kommandant in welke hoedanigheid hy aan verskeie gevegte deelgeneem het, tot die einde van die oorlog toe. Na bewering was hy die man wat oor die brug by Colenso gestap het om aan die Engelse te se om hulle oor te gee.

Org Meyer is op 30.8.1907 oorlede en begrawe in die familiebegraafplaas vandag in Fickweg, Alberton. Sy vrou Hannie is op 6.2.1926 op "Meyers Farm" oorlede en ook daar begrawe.

He was a veldcornet and later a kommandant in the Anglo Boer War Na bewering was hy die man wat oor die brug by Colenso gestap het om die Engelse te beveel om hulle oor te gee.

"The Klipriver men". During the battle of Ladysmith, 7 November 1899, On 7 December 1899 Hendrik Kamffer was in charge of the guard on Lombardskop. Their duty was to guard the 4.7 Howitzer guns and a Long Tom of Major Erasmus. At 02h00 the British had stealthily advanced and surprised the sleeping guard. The result was the flight of everyone and the capture of the guns. This resulted in the suspension of Commandant Weilbach and Org Meyer who were held responsible.

At Paardeberg where General Piet Cronje and his laager was trapped. The British Gloucester Regiment was moving against the position held by Org Meyer's Klipriver men,

The next morning the Klipriver men retook their former positions. The British bombarded their positions with liddite bombs

view all 14

Johan Georg Meyer's Timeline

1846
December 30, 1846
Prince Albert, Cape, South Africa
1872
1872
1873
July 23, 1873
1874
November 11, 1874
November 11, 1874
1879
January 21, 1879
October 15, 1879
1907
August 30, 1907
Age 60
Op plaas Elandfontein, Alberton, Witwatersrand, Transvaal, South Africa
1907
Age 60
Fick st, Alberton, Transvaal, South Africa