Johannes Petrus Bingle

Is your surname Bingle?

Connect to 330 Bingle profiles on Geni

Johannes Petrus Bingle's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Johannes Petrus Bingle

The deceased date of Johannes is mentioned on his wife, Magdalena Johanna Schoeman's death certificate as the 29 March 1916. This is, however, the date he was buried.

Van die dokument "Die Bingles" wat opgestel is duur Bettie Britz:

Volgens sommige bronne het Krugers hom groot gemaak aangesien sy ouers so vroeg oorlede is, en het hulle hom laat doop vandaar die naam Johannes Petrus. Prof Hennie Bingle gee die volgende inligting: Die ouers van Johannes Petrus Bingle was baie arm mense. Hy was ses jaar oud toe sy vader oorlede is. Weens verdere omstandighedehet hy reeds op vyftienjarige ouderdom uitgespring om te werk. Hy sluit dan toe ook aan by die Transportryers wat tussen Oos Londen en Kimberley en tissen Port Elizabeth en Kimberley bedrywig was. Op een van hierdie togte het daar ‘n ongeluk gebeur naby Wildeperdehoek waar Coetzees gewoon het. In die ongeluk het die wa oor ‘n gedeelte o.a sy neus geloop waardeur hy ernstig beseer is. Die transportryers het hom net daar laat lê en verder getrek. Die Coetzees het hom daar gekry en verpleeg. Met die transportryers se terugkeer na Port Elizabeth het hy maar weer by hulle ingeval en sy werk hervat. Niks kon hom onder kry nie. Na verdere omswerwinge het hy op Flinksfontein beland wat dan ook sy plaas geword het. Hy het ‘n sterk besigheidsin gehad en begin ook later ‘n meule en winkel op die plaas. Het ook ‘n skool, bank ens. Kerklik was hy by Queenstown ingedeel omdat sy grond op die grens gelê het tussen Queenstown en Sterkstroom. Met hierdie toedrag van sake was hy nie tevrede nie. Hy rig ‘n versoek aan die kerkraad om hom toe te laat om b Sterkstroom in te skakel omdat al sy ander belange daar was, maar hulle weier sy versoek. Hierop bedank hy die NG Kerk en skakel hom kerklik in by die Gereformeerde kerk, Sterkstroom op 19 Nov 1893. Hy was ‘n geweldige sterk leiersfiguur en met sy oorgaan na die Gereformeerde Kerk het baie mense saam met hom “Doppers” geword, o.a. ook sy De Beer familie. Na sy oudste dogter Susanna se troue met sy susterskind het hy die plaas aan hulle oorgemaak en in dorp toe getrek. Die plaas se naam is later na “Weltevrede” verander. Sy derde dogter Elizabeth Maria Bingle skryf in haar negentigste lewensjaar as volg van haar ouers: My moeder Elizabeth Maria (Coetzer) Bingle is oorlede die 30ste Maart 1886 op die ouderdom van 29jr 8mnde en 16 dae. Sy is op die plaas Flinksfontein oorlede en begrawe. Al wat ek van weet is dat my pa my op sy arm gedra het en die lyk vir my gaan wys het waar dit in die perdestal oor die krip neer gesit was. Haar ouers het in Cradock se distrik ‘n plaas gehad, genaamd Waterval. Van ek maar kan onthou het ons op Flinksfontein gebly. Hy was ‘n groot mofskaap boer en het ook sybokke en beeste gehad. Verder was daar ook groot landerye. Hy was soos ‘n ou weesvader wat al sy familie by hom laat woon het. Sy enigste broer Tom en sy familie, sy suster Anna en haar gesin en nog ‘n suster Lenie Eales. Sy was ‘n weduwee. Haar seun Eddie het in die Boere-oorlog gesneuwel en toe het sy in Sterkstroom ‘n winkel gaan oopmaak. Hulle was almal behoeftige mense en my pa het die seuns op die lande laat help as hul groot genoeg was. Sy swaer Carl het die skool gehou vir die ander kinders. Later het hy nog twee ander behoeftige wit mans ook daar laat bly. Twee swart gesinne het ook by hom gebly. Later het hy ‘n groot watermeul opgesit en daar is honderde sakke koring gemaal. Nog later het hy met ‘n klein winkel ook begin waar ek toe gewerk het. Voor die winkel daar was het ons altyd saam met die wa wa na skeertyd die wol weggeneem het dorp toe gegaan. Dan het my ma al die voorrade vir ‘n jaar gekoop. Gedurende die Boere-oorlog het my pa die mense so baie gehelp met die meel wat hy self gemaal het. Hy het ook in stilligheid sy geweer en rewolwer vir hulle gegee. Die regering wou hom toe laat vang, maar voor dit kon gebeur het hy Sterkstroom toe getrek. Na die oorlog het die boere besluit om ‘n Handels Maatskappy te open en daar was hy toe die bestuurder.

Hy het steeds ‘n oop hart en hand vir almal gehad. Daar was twee families wat hy gereeld daagliks gaan besoek het en goed voor gegee het omdat hulle so behoeftig was. Toe die een man gesterf het, het hy die twee seuns winkel toe geneem en van kop tot toon aangetrek. Sy linkerhand het egter nooit geweet wat die regter doen nie. Een van die swart mans wat vroëer op die plaas by hom gebly het, het toe ook al in die dorp gebly en was baie siek en toe my ma nie komberse gehad het om vir hom te gee nie het my pa twee in die winkel gaan koop om vir hom te gee. Gereeld elke aand na ete moes elke kind met sy Bybel kom, om die tafel sit, en dan moes elkeen ‘n paar verse lees en dan het ons gebid en saam gesing. Sondae is daar gereeld kerk toe gegaan en tuis ook diens gehou. Hy was ook ouderling in die kerk. Hy het nooit in sy lewe skool gegaan nie. Hy is oorlede a.g.v. kouevuur (Gangreen) Sy lyksrede is op Sterkstroom in die kerk gehou en daarna is die lyk uitgeneem na sy plaas Flinksfontein waar hy begrawe is. Twee van sy vrouens is ook daar begrawe. My Ma vertel die volgende van haar oupa Bingle: Oupa Johannes Petrus Bingle was ‘n baie goeie man. Hy het twee van sy susters en ‘n broer met hulle families na hom toe aangery en herberg en kos en alles wat hulle nodig gehad het gegee omdat hulle almal baie behoeftig was. Tog was hy ‘n baie kwaai en streng man. Daar is gesê dat sy blou oë groen geword het wanneer hy so verskriklik kwaad word. Op ‘n keer het hy onverwags op die skaapwagter afgekom waar hy gelê en slaap het in die veld en toe was hy so kwaad dat hy sommer sy knipmes uitgehaal het en ‘n stuk van die ou skepsel se kombers afgesny het. Hy het ook altyd self die griffels van die skool in sy muurkas toegesluit en as die kinders se griffels gedaan was moes hulle vir hom ‘n nuwe een gaan vra en hulle het ‘n ewige vrees vir hom gehad, want dan het hy eers vir hulle ‘n preek afgesteek omdat hulle dan te spandabel werk en hul griffels te veel skerp maak.

view all 21

Johannes Petrus Bingle's Timeline

1845
March 5, 1845
September 18, 1845
1877
October 18, 1877
1877
Cradock, Stormberg District, EC, South Africa
1878
October 22, 1878
Cradock, Stormberg District, EC, South Africa
1879
October 10, 1879
Cradock, South Africa
1879
Cradock, Stormberg District, EC, South Africa
1881
September 26, 1881
September 26, 1881
Queenstown, Stormberg District, EC, South Africa