Johannes Petrus Nel, a1b2c3d1e4f1

Is your surname Nel?

Research the Nel family

Johannes Petrus Nel, a1b2c3d1e4f1's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Related Projects

About Johannes Petrus Nel, a1b2c3d1e4f1

Sneuwel saam met sy broer, Louis Jacobus jr, en sy swaer Gert Cornelis Nel, by Italeni. Hulle was drie van die nege gesneuweldes.


---------------------------------------------------------------------------------------------------------

Notas deur David Abraham Swanepoel

Dr (Ds) dr. H. C. de Wet, predikant van die N.G. Kerk Greytown het navorsing gedoen rondom die slag van Italeni (eThaleni) en spesifiek die oorskot van Piet en Dirkie Uys. Hier gaan dit egter om die persoon in die inskrywing en sy vrouen(s).

Uittreksels uit De Wet se artikel:

“Tant Annie Martens, geb. Nel in 1878, dogter van Theunis Nel van Greytown, Natal, en kleindogter van Philip Nel, die eerste landdros van Pietermaritzburg, wat deelgeneem het aan die twee krygstogte teen Dingaan, het as blyk van haar agting en liefde vir haar grootvader, uit eie sak 'n grafsteen op sy graf op die ou familieplaas, "Vastrap", Greytown, laat opsit, hoewel sy self behoeftig was.”

"Piet Nel se perd bet hande uitgeruk en agter die ander aangehardloop. 'n Zoeloe het Piet ingehardloop en, toe hy omkyk, hom aan sy groot bos swart hare gegryp en horn met die assegaai onder die arm ingesteek. Daar bet sewe man geval. Louis se perd bet ook hande uitgeruk. Dieselfde het met 'n ander Louis Nel se perd gebeur en het hy gevolglik aan die stiebeuel van 'n maat vasgehou. Sy maat se geweer was leeg, en die Zoeloe wat agter hom gehardloop bet, het dit geweet. Uiteindelik bet hy die geweer gelaai gekry en die Zoeloe, wat die man eers wou vang en dan sleek, geskiet. Toe bet hy sy vriend agter hom op sy perd gelaai.”

"Piet Nel se tweede vrou bet sy agt kinders net so laat staan, toe sy hoor dat hy dood is.”

Genealogies is die laaste opmerking interessant. Op datum (April 2019) word net een vrou aangedui op hierdie profiel en SAF 2018. Ek argumenteer dat Susanna Maria Nel, b2c3d2e6f1, sy eerste vrou was. Hulle was ook keinneef en -niggie van mekaar. Ongelukkig is daar geen internetdokumente beskikbaar vir hulle nie. Die huwelik vind volgens SAF2018 plaas op 16.3.1823 te Uitenhage (haar ouderdom 17). Dit is die 8 kinders in 15 jaar, ongeveer elke 2 jaar.

As daar ‘n tweede vrou was, moes Susanna Maria nie baie lank voor 1838 te sterwe gekom het.

Die geheimsinnige 2de vrou se gedrag is sosiaal vreemd en ek wil aan die hand doen dat die oorlewering wat Mev Martens bereik het, vervorm en selfs aangedik was. Dit mag wees dat sy ‘n baie kort huwelik gehad het met Piet Nel en nie sosiale binding kon bewerkstellig met die kinders nie. Daar mag ook redes soos finansies wees. Soos dit gestel word, is bietjie dik vir ‘n daalder.

Bron:

H.C. De Wet. Die grafte van Piet en Dirkie Uys ontdek. Historia, Volume 8, Issue 3, Sep 1963, p. 166 – 174. Teenswoordig onaanvaarbare woord met “Zoeloe” vervang.

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.

view all 11

Johannes Petrus Nel, a1b2c3d1e4f1's Timeline