Johannes Jacobus Voges

Is your surname Voges?

Connect to 919 Voges profiles on Geni

Johannes Jacobus Voges's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Johannes Jacobus Voges

Die stamvader van die VOGES’se in Suid Afrika

Die Voges nageslag in Suid Afrika se stamvader was Johan Peter VOGES vanuit Brunswick / Braunschweig in Duitsland. Hy was in Neustadt (Nuwe stad) van Braunschweig gebore in 1731 en nie soos sommige bronne beweer in 1727 of 1734 nie. In die doopregister van die St Andreas Luthers Evangeliese Kerk in Braunschweig is hy op 07.10.1731 aldaar gedoop. Hy was die seun van Hans Heinrich Voges, gebore ±1705 in Braunschweig en Maria Abel, gebore ±1710. Sy was die dogter van Hans Jürgen Abel ook ʼn inwoner van Braunschweig. Sy vader is oorlede en begrawe by die St Andreas kerk op 13.09.1740 toe hy ongeveer nege jaar oud was. Net ʼn jaar later is sy moeder ook oorlede en op 15.07.1741 by sy vader begrawe.
Johan Peter Voges se weg na Suid Afrika
Johan Peter Voges sluit as matroos by die VOC aan op 24.06.1757 op die ouderdom van 26 en vertrek uit Texel op Die Kasteel van Tilburg (ʼn 850ton skip van die Kamer van Amsterdam, gebou 1743 in Amsterdam, bekend as Die Diemen. Die skip word in 1752 herbou en herdoop na Die Kasteel van Tilburg). Johan Peter se naam verskyn op die skeeplys as Johan Pieter Vooges, waarskynlik ʼn ‘vernederlandsing’ van die Duitse ‘Peter’ en waarskynlik ʼn spelfout van ‘Vooges’ in plaas van ‘Voges’. Die skip vertrek met 140 matrose, 80 soldate en 6 passesiers aan boord. Op die vaart na die Kaap sterf 62 mense. Die skip arriveer in Kaap de Goede Hoop op 31.10.1757 waar Johan een van die 30 matrose en 23 soldate is wat in die Kaap aan wal gaan.
Johann Pieter Voges word ʼn landsburger in ‘Caap de Goede Hoop’ (Kaapstad)
Aan die Kaap het Johan Pieter Voges by VOC gewerk op die skuite. Hoewel hy voet aan wal gesit het as matroos in 1757 is hy reeds in 1758 as ‘n smid aangestel. Hy word op 15.12.1761 'n landsburger en werk in Kaapstad. In 1754 was die populasie mense aan die Kaap ongeveer 5,510 Europeërs en 6,729 slawe waarvan die oorgrote meerderheid in besit of diens van die VOC was.
Johan Pieter Voges sterf op 21.11.1798 in Kaapstad.

view all

Johannes Jacobus Voges's Timeline

1763
March 27, 1763
South Africa
1763
Cape Town, Cape Town, Western Cape, South Africa
1792
1792
Cape Town, Cape Town, Western Cape, South Africa
1797
October 29, 1797
Cape Town, Cape Town, WC, South Africa
????
????
????