Petronella Jacoba Voges, SM

Is your surname Thomasse?

Connect to 207 Thomasse profiles on Geni

Petronella Jacoba Voges, SM's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Petronella Jacoba Voges, SM

In die Leibrandt manuskrip(25) word na Johan Pieter Voges se vrou verwys as Petronella Jacoba Tomasse ʼn ‘vryswarte’. Dit was destyds ʼn tipiese verwysing na ʼn gewese slavin. Die sogenaamde ‘vryswartes’(26) was ʼn verwysing na nie-blankes wat na die Kaap gebring is as slawe en hier vrygestel is of wat uit ʼn verbintenis tussen slawe wie aan die Kaap gebore en hier vrygestel is of diegene wat uit ʼn onwettige verbintenis tussen slawe vrouens en blanke mans aan die Kaap gebore en hier vrygestel is. Na Petronelle Jacoba Thomasse se genealogiese samestelling word verwys as ¾ Duitse immigrant + ¼ nie-blanke (27). In die geslagsregister van die ou Kaapse families (28) word na haar verwys as Petronella Jacoba van die Kaap, ʼn tipiese verwysing na ʼn slavin in die Kaap, waarkskynlik ook die rede hoekom na haar oudste kind Christina verwys word as Christina van die Kaap wat later ook deur Ferdinand Voges as slavin gekoop en vrygestel is.

Oor wie Petronella Jacoba Tomes rêrig is of waar sy vandaan kom, is daar geen geverifieerde dokumentasie beskikbaar nie, behalwe raaiwerk en afleidings uit verskillende genealogiese dokumente wat oor familiename geskryf is. Op hul eerste kind se doopregister van die Kaapse Kerk (29) word haar familienaam geskryf as Pieternella Jacoba Tomass en van die tweede kind, Helena Maria’sn, af as Pieternella Jacoba Thomasse en verder as Petronella Jacoba Thomasse (29a). Aangesien die doopregister inskrywings deur die betrokke predikante ge¬maak is wat die doopplegtigheid waargeneem het, kan dit moontlik wees dat die familienaam Tomes ʼn vervorming is van die Duitse Thomasse wat ʼn mens ook destyds aan die Kaap gekry het.

Daar is ook dokumentasie wat beweer dat Petronella Jacoba Thomasse gebore is in die Kaap op 173033 as kind van Heinrich Thomasse, ʼn Duitse immigrant uit Schleswig, Holstein in Duitsland wat in die Kaap getrou het met Wilhelmina Pieterse van die Kaap (34). In die Kaapse Staatsargief (NAAIRS) is daar wel rekord van ʼn Heinrich Thomas van Husum in Schleswig wat op 15.01.1719 getroud is met Wilhelmina Pieterse. Hierdie huwelik word beskryf as ene tussen ʼn Duitser en iemand van vermengde afkoms, deels Nederlandse immigrant en deels nie-blank (35). Wilhelmina Pieterse was die dogter van Evert Pieterse (Pieterz) van Purmerend wat in 1698 getroud was met Susanna Catharina van Ceylon (36), ʼn oud slavin van Simon van der Stel (37). Heinrich Thomas het egter geen kinders by Wilhelmina Pieterse gehad het nie en uit sy tweede huwelik met Anna le Roux op Stellenbosch 11.03.1733 was daar vier kinders gebore, tw. Hans Hendrik, Maria Sophia, Pieter en Maria Magdalena, maar geen Petronella Jacoba nie (38) . (25) NAAIRS, LM 16 19.11.1790 Heese, HF. 1984. Groep sonder grense. Rol en status van die gemengde bevolking van die Kaap 1652-1795. Bl 72. (26) GC de Wet, 1981. Die vryliede en vryswartes in die Kaapse nedersettin. 1657 – 1707. Bl 1 – 2. (27) Heese JA. 1972 Die herkoms vam die Afrikaner 1657-1867. Kaapstad. bl 127 Hoge, Bydraes tot die genealogie van die ou Kaapse families. bl 144 (28) CC de Villiers en C Pama. 1966. Geslagsregisters van die ou Kaapse families. (29) Doopregister van Kaapstad no 4, 1761-1766 (33) http://www.myfam.co.za/kimber/getperson.php?personID=I25102&tree=1 (34) http://wc.rootsweb.ancestry.com/cgi-bin/igm.cgi?op=GET&db=:606972&i... (35) HF Heese. 1972. Die herkoms van die Afrikaner. 1657-1867. Kaapstad. Bl 99 en ook in die Pama uitgawe van CR de Villiers se Geschlact register der oude Kaapsche Familiën. Bl 978. (36) Hoge J, 1946. Personalia of Germans at the Cape 1652 – 1806 – Archives yearbook for South African history. bl 425 Heese, HF. 1984. Groep sonder grense. Rol en status van die gemengde bevolking van die Kaap 1652-1795. Bl 69. (37) Heese, HF. 1984. Groep sonder grense. Rol en status van die gemengde bevolking van die Kaap 1652-1795. Bl 62. (38) De Villiers, CC en Pama, C. 1966. Geslagsregisters van die ou Kaapse families. bl 978.


DEPOT KAB SOURCE MOOC TYPE LEER VOLUME_NO 7/1/44 SYSTEM 01 REFERENCE 4 PART 1 DESCRIPTION THOMAS, PETRONELLA JACOBA. WIFE OF JOHAN PIETER VOGES. WILL. STARTING 17750000 ENDING 17750000 REMARKS FILED 1799.



DEPOT KAB SOURCE MOOC TYPE LEER VOLUME_NO 7/1/49 SYSTEM 01 REFERENCE 7 PART 1 DESCRIPTION TOMES, PETRONELLA JACOBA. WILL. STARTING 17990000 ENDING 17990000 REMARKS FILED 1804.


Johan Pieter Voges trou met Petronella Jacoba Tomasse van die Kaap
Johan P(i)eter Voges, ʼn smid in diens van die VOC ontmoet vir Petronella Jacoba Tomes, ʼn vrygebore slavin in diens van die VOC waarskynlik vanweë hul verbintenis met Ferdinand Voges, ʼn mede Duiste immigrant en soldaat in diens van die VOC en ook slawe eienaar van Petronella Jacoba se dogter Christina. Op Johan Peter Voges en Petronella Jacoba Tomes se huweliksregister staan geskrywe ‘1760 den 26 October is getroud Johan Peter Voges, van Bronswijk, Smidt in dienst der E: Comp: alhier, Jongman met Petronella Jacoba Tomasse van de Caab, Vrijgegevene lijfeijgene (vrygestelde slaaf). Die VOC het destyds sogenaamde ‘halfslag’ slavinne (kind van ʼn Europese pa met ʼn slaaf) in hul diens aangemoedig om met die Europeërs te trou, as ʼn manier waarop hulle met dié troue ʼn inkomste / kompensasie kon verdien as vergoeding vir haar opvoeding, onderrig en vryraak as slaaf. Daar was destyds drie tipe slawe aan die Kaap, te wete... ‘Kompanje slawe’ in diens van die VOC wat een of ander tyd per skip daar aangebring is; ‘Kompanjie offisiële slawe’ wat aan die senior amptenare van die VOC behoort het en dan ook ‘Burger slawe’ wat aan die vry setlaars aan die Kaap behoort het. In die Leibrandt manuskrip word na Johan Pieter Voges se vrou verwys as Petronella Jacoba Tomasse ʼn ‘vryswarte’. Dit was destyds ʼn tipiese verwysing na ʼn gewese slavin. Die sogenaamde ‘vryswartes’ was ʼn verwysing na nie-blankes wat na die Kaap gebring is as slawe en hier vrygestel is of wat uit ʼn verbintenis tussen slawe wie aan die Kaap gebore en hier vrygestel is of diegene wat uit ʼn onwettige verbintenis tussen slawe vrouens en blanke mans aan die Kaap gebore en hier vrygestel is. Na Petronella Jacoba Thomasse se genealogiese samestelling word verwys as ¾ Duitse immigrant + ¼ nie-blanke. In die geslagsregister van die ou Kaapse families word na haar verwys as Petronella Jacoba van die Kaap, ʼn tipiese verwysing na ʼn slavin in die Kaap, waarkskynlik ook die rede hoekom na haar oudste kind Christina verwys word as Christina van die Kaap wat later ook deur Ferdinand Voges as slavin gekoop en vrygestel is.

Die VOGES stammoeder in Suid Afrika se afkomst
Oor wie Petronella Jacoba Tomasse / Thomasse / Thomasz / Thomassen / Tomes rêrig is of waar sy vandaan kom, is daar geen geverifieerde dokumentasie beskikbaar nie, behalwe raaiwerk en afleidings uit verskillende genealogiese dokumente wat oor familiename geskryf is. Op haar kinders se doopregisters van die Kaapse Kerk word haar naam en familienaam by elke kind se doop anders geskryf of weergegee, byvoorbeeld... Peternella Jacoba Thomase by haar oudste seun Johannes Jacobus se doop in 1763... of Pieternella Jacoba Thomass by haar ouste dogter Helena Maria se doop in 1765. Dan nog ʼn variasie Pieternella Jacoba Thomasse by Johan Frederik se doop in 1767 en ook by Johanna Catharina se doop in 1769. By Maria Johanna se doop in 1772 is sy Petronella Jacoba Thomasse en by Johan Pieter se doop in 1774 Petronella Jacobi Thomatsz. Petronella Jacoba Thomassen by Petronella Jacoba se doop in 1782 of Petronell Jacobi Thomas by Johan Bernart se doop in 1775. Hierdie variasie in die skryf van haar naam en familienaam in die doopregister inskrywings deur die betrokke predikante wat die doopplegtigheid waargeneem het, kan wees as gevolg van ʼn vernederlandsing van die Duitse Thomasse familienaam of ʼn fonetiese variasie van wat die predikant haar hoor sê het oor wie sy is of dalk is dit gewoon net verskillende spelfout variasies.
Op die eerste bladsy van Johan Peter Voges en Petronella Jacoba se gesamentlike testament op 17.06.1775 skryf die klerk wat die testament opstel, Christiaan Libregt Kloege, haar naam as Petronella Jacoba van Cabo de Goede Hoop. Maar dit wil voorkom asof hy na of tydens die opstel van die testament ʼn korreksie aanbring deur haar ‘nooiensvan’ Tomes by te voeg by die aanhef van die testament. Op die laaste bladsy van die testament is dit ook duidelik dat Petronella Jacoba kon lees en skryf. Sy maak haar hantekening op die laaste bladsy van die testament as Petronella Jacoba Tomes en Johan Peter Voges teken as Johann Pieter Voges.
Jare later, na die dood van Johan Pieter, stel Johannes Henoch Neethling publieke notaris by Petronella aan huis op 25.06.1799 haar eie testament op. Weereens gebruik sy haar ‘nooiensvan’ as Tomes na 29 jaar getroude lewe met Johan Pieter Voges en nie enige van dieThomasse variasies soos dit by die kinders se doopregisters opgeteken is nie.

Verwarring oor Petronella Jacoba Tomes(Thomasse) se afkomst
Dat sy haar familienaam as Tomes verkies, kan beteken dat haar sogenaamde ‘¾ Duitse immigrant’ vader se Tomes familienaam aan die Kaap na Thomass / Thomasse ‘vernederlands’ het. Dit kan ook wees dat sy die familienaam Tomes gekies het omdat dit die familienaam van die Duitser is wat Christina se pa was en etlike jare voor sy en Johan Pieter getroud was. Net soos haar dogter Christina was sy ʼn sogenoemde ‘halfslag’ slavin in diens van die kompanjie wat om een of ander rede later vry geraak het.

Daar is ook dokumentasie wat beweer dat Petronella Jacoba Thomasse gebore is in die Kaap c.1730 of moontlik 1741 as kind van Heinrich Thomasse, ʼn Duitse immigrant uit Schleswig, Holstein in Duitsland wat in die Kaap getrou het met Wilhelmina Pieterse van die Kaap. In die trouregister van die gemeente in die Kaap is daar wel rekord van ʼn Heinrich Thomas van Husum in Schleswig, Holstein in Duitsland wat op 15.01.1719 getroud is met Wilhelmina Pieterse. Hierdie huwelik word beskryf as ene tussen ʼn Duitser en iemand van vermengde afkoms, deels Nederlandse immigrant en deels nie-blank. Wilhelmina Pieterse was die dogter van Evert Pieterse (Pieterz) van Purmerend wat in 1698 getroud was met Susanna Catharina van Ceylon, ʼn oud slavin van Simon van der Stel. In die doopregister van die gemeente in Stellenbosch is daar inskrywing dat Hendrik Thomasz (waarskynlik ʼn ‘vernederlandsing’ van Heinrich Thomas) getroud met Wilhelmina (Willemina) Pieterz wie se twee kinders daar gedoop is, tw Maria Sophia Thomasz op 27.05.1725 en Pieter Thomasz op 15.02.1728.
Binne die volgende vyf jaar na Pieter se doop is sy oorlede, want Hendrik Thomasz trou as wewenaar op Stellenbosch met Anna le Roex op 11.01.1733, die dogter van Jean le Roux (gedoop 1670 en oorlede 1752) en Marie de Haas (gedoop c1682 en oorlede 1751).
Uit hierdie huwelik word gebore Maria Magdalena Thomasz, gedoop op 20.12.1733 in Stellenbosch NG gemeente, maar nêrens is daar enige vermelding of bewyse van die geboorte of doop van ʼn Petronella Jacoba kind nie. Daar is vermelding in Gary William Schroeder se familiegeskiedenis dat Petronella Jacoba gebore is uit Hendrik Tomasz se eerste huwelik met Wilhelmina Pieterz. Maar as haar geboortedatum 1730 was, is haar ma nie lank daarna oorlede nie en bly die vraag hoekom sy op die ou end ʼn slavin word. Sou dit dalk ook iets te doen hê met die feit dat haar pa Hendrik Tomasz in 1734 dood is in ʼn messtekery ... maar hoekom is al haar ander minderjarige boetie en sussies dan nie ook kompanjie slawe soos wat sy geraak het nie

view all 14

Petronella Jacoba Voges, SM's Timeline

1725
1725
1758
1758
Cape Town, Cape Town, Western Cape, South Africa
1763
1763
Cape Town, Cape Town, Western Cape, South Africa
1765
1765
South Africa
1767
1767
South Africa
1769
11, 1769
South Africa
1772
May 10, 1772
Cape Town, Western Cape, South Africa