Kaptein Henry Frederik ''Hendrik'' Slegtkamp

Is your surname Slegtkamp?

Connect to 35 Slegtkamp profiles on Geni

Kaptein Henry Frederik ''Hendrik'' Slegtkamp's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Kaptein Henry Frederik ''Hendrik'' Slegtkamp

Also Known As: "Henri Slegtkamp"
Birthdate:
Birthplace: Beverwijk, Noord-Holland, Nederland, Beverwijk, Noord-Holland, Netherlands
Death: February 02, 1951 (77)
Middelburg, Stormberg District, Eastern Cape, South Africa
Immediate Family:

Son of Hendrik Slegtkamp and Elisabeth Venlet
Husband of Jacomina Elizabeth Holtzhausen
Father of Unknown Slegtkamp
Brother of Klaas Slegtkamp; Helena Slegtkamp; Willem Slegtkamp; Hendrik Slegtkamp; Hendrik Slegtkamp and 2 others

Occupation: Oudstryder Spioenkop ABO
Managed by: Private User
Last Updated:

About Kaptein Henry Frederik ''Hendrik'' Slegtkamp

HENRI SLEGTKAMP: THE HERO OF SPIOENKOP

Hendrik Frederik Slegtkamp was born on 19 April 1873 in Beverwijk, Holland. In 1895, after completing his military service and a short period with the Dutch Civil Service, he emigrated to the ZAR as an employee of the NZASM for work connected with the Pretoria – Lourenco Marques Railway line. During the Jameson Raid he served on the Boer side, thereby gaining full ZAR citizenship. In October 1899 he joined the Middelburg Commando, but within days he transferred to the German Commando under Field-cornet von Quitzow and saw action at Talana and Ladysmith. He did not feel quite at home with the Germans and re-joined the Middelburg Commando in time for action at Colenso on 15 Dec 1899. When Captain W M Edwards formed his Scout Corps on 19 Dec 1899, Slegtkamp threw in his lot with them. 20 January 1900, during the first stages of the Battle of Spioenkop, was Slegtkamp’s special day of glory, and earned him the title “Hero of Spioenkop”. Lt Blake Knox, in “Buller’s Campaign” (p49/50) gave a contemporary account of De Roos, Hindon and Slegtkamp’s (all three from Edwards’ Scouts) initiative and bravery:

In February 1900, Comd Gen Louis Botha gave him permission to join the Irish-American Scouts (part of the Irish Brigade under Col J Y F Blake) in the OFS and he took part in various skirmishes in the vicinity of Brandfort. The British advance forced the Boers northwards, and Slegtkamp, having joined Capt Danie Theron’s Scout Corps (TVK) in May 1900, was made corporal in charge of the Hollanders in the Corps. The TVK left for the Free State in May 1900 to disrupt and destroy British lines of communications, and were heavily involved in the skirmishes near Lindley on 26/27 June 1900 (VC action : Pte C Ward, Yorks Lt Infy). On 30 June, he was severely wounded in the hip near Bethlehem and admitted to the local Boer hospital, but managed to flee to Fouriesburg just before the British occupied Bethlehem on 7 July. After his recovery, Slegtkamp re-joined the TVK in the Western Transvaal. When Capt Danie Theron was killed on 5 Sept 1900, his Scout Corps broke up. Hindon now formed his own Scout Corps with Slegtkamp as 2/IC and up to the end of the war they wreaked havoc throughout Northern, Central and Eastern Transvaal with derailing of trains, attacks on blockhouses, etc. A prime example was the incident on 31 August 1901 near Waterval when a troop train was derailed and Col Vandeleur, Irish Guards, was killed. Due to a misunderstanding Capt Jack Hindon surrendered to the British on 16 May 1902 and for the last two weeks of the war Capt Slegtkamp was the C/O of the Corps. They laid down arms near Balmoral on 6 June 1902. In July Slegtkamp was deported to Holland and landed there on 5 August 1902. In Vlissingen, Haarlem and his home town of Ijmuiden he was feted and entertained as “The Hero of Spioenkop”. In Ijmuiden he also received a suitably inscribed gold pocket watch. He returned to the Transvaal in 1903. After working as a labourer on a farm in the Standerton district, he bought his own farm near Witbank in 1912. In the same year he was also appointed by the Landbank as Inspector for Drought Relief. Throughout his life he supported the republican ideal and in the late 1930’s he joined the anti-British and pro-German movement, the Ossewa-Brandwag, later becoming General-in-Chief of the Highveld Region. He spent his last years in Middelburg, Transvaal where he died on 2 Feb 1951. http://angloboerwar.com/forum/2-introductions/9486-spioenkop-annive...

About Kaptein Henry Frederik ''Hendrik'' Slegtkamp (Afrikaans)

Henri Slegtkamp (*19 April 1873, Beverwijk, Nederland – †2 Februarie 1951, Middelburg, Transvaal) was ’n verkenner aan Boerekant tydens die Tweede Vryheidsoorlog tussen 1899 en 1902.

Vroeë lewe

Slegtkamp was die seun van Hendrik Slegtkamp en sy vrou Elisabeth Venlet. Op jeugdige leeftyd het Slegtkamp na die Zuid-Afrikaansche Republiek verhuis op soek na avontuur en hom in die distrik Middelburg gevestig. Tydens die Jameson-inval (1895-1896) het hy by die Middelburgse kommando onder veldkornet Matthijs Pretorius aangesluit en aan die kortstondige veldtog deelgeneem.[1] In 1898 was hy betrokke by die onderdrukking van die Bunu-opstand in Swaziland. Kort voor die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog was hy steeds op Bremersdorp, Swaziland, maar toe dit blyk dat oorlog onvermydelik sou wees, het hy op 15 September 1899 na Transvaal terugkeer en hom as gewone burger op Middelburg vir krygsdiens aangemeld.

Tweede Vryheidsoorlog

Op 30 September 1899 het Slegtkamp na die Natalse grens vertrek waar die hooflaer van die Transvaalse burgers by Sandspruit saamgetrek was, en by die Middelburgse kommando onder kommandant P.F. Trichardt ingeskakel. Nog voor die uitbreek van vyandelikhede het Slegtkamp egter by die Duitse Vrywilligerskorps onder veldkornet H.U. von Quitzow aangesluit en was betrokke by gevegte rondom Dundee en Ladysmith.
Aangesien hy nie by Duitsers tuis gevoel het nie, het Slegtkamp teen die einde van November na die Middelburgse kommando terugkeer saam met wie hy aan die slag by Colenso op 15 Desember 1899 deelgeneem het. Intussen het hy belangrike verkenningswerk vir die Boerekommando’s aan die Tugela gedoen het. Met die stigting van kapt. W.M. Edwards se verkennerskorps op 19 Desember 1899 het die avontuurlustige Slegtkamp daarby aangesluit.

Spioenkop

Tydens die slag by Tabanyama (20 Januarie 1900) as voorspel tot die slag by Spioenkop (24 Januarie 1900) het Slegtkamp besondere erkenning verkry. Toe die burgers na ’n hewige bombardement ’n kop in die Tabanyamabergreeks ontruim en die regterflank van die Boere blootgestel was, het Slegtkamp en twee mede verkenners, Albert de Roos en Jack Hindon, op eie inisiatief die kop uitgeklim en die Britte se linkerflank onder hewige geweervuur gebring. Onder die indruk dat die kop baie sterk beman was, het die Britte teruggetrek sodat die moreel van die burgers versterk en die kop weer beset is. Sodoende is die weg gebaan vir die glorieryke oorwinning by Spioenkop vier dae daarna.
Na die ineenstorting van die Tugelalinie in Februarie 1900 het Slegtkamp, vanweë die relatiewe kalmte aan die Natalse front, kmdt.-genl. Louis Botha versoek om hom na die Vrystaat te verplaas waarna hy toestemming verkry het om by die Iers-Amerikaanse Verkennerskorps (die Ierse Brigade) van kol. J.Y.F. Blake wat juis op die punt was om daarheen te vertrek, aan te sluit. Slegtkamp het aan verskeie skermutselings in die omgewing van Brandfort deelgeneem, dog die Boere moes steeds voor die Britse oormag vlug.

Aansluiting by Danie Theron

Gedurende Mei 1900 het Slegtkamp in Pretoria by kapt. Danie Theron se verkennerskorps aangesluit en saam met hom na die Vrystaat vertrek om die Britte se verbindingslinies waar moontlik te ontwring en te vernietig. Theron het Slegtkamp as korporaal oor ’n dertigtal Hollanders in die korps aangestel. Van 26 tot 27 Junie 1900 was hy in die gevegte naby Lindley betrokke, en is op 30 Junie 1900 naby Bethlehem swaar in die linkerheup gewond. Hy het egter volkome herstel.
Na Theron se dood by Gatsrand op 5 September 1900 het sy verkennerskorps versplinter. Slegtkamp, Hindon en drie ander is daarop na Oos-Transvaal waar hulle onder meer rapporte van genl. Christiaan de Wet na genl. Botha geneem het. Na die aanstelling van Hindon as leier van ’n nuwe korps van vyftig man, is Slegtkamp as luitenant tweede in bevel geplaas. Die hoofdoel van die nuwe korps was om die Britse verbindingslinies in Oos- en Noord-Transvaal te ontwring en Britse treine te ontspoor. Slegtkamp is spoedig as ’n plofstofdeskundige beskou en by geleentheid is selfs ’n steenkoolmyn digby Witbank gesaboteer. In Januarie 1900 is die trein waarin lord Kitchener van Pretoria na Middelburg gereis het, ontspoor. Tussen Julie en Augustus 1901 was Slegtkamp ook langs die noorderspoorlyn bedrywig en op 9 Augustus 1901 betrokke by ’n hewige geveg naby Naboomspruit

Einde van die oorlog

Van die begin van 1902 tot die sluiting van die vrede van Vereeniging op 31 Mei 1902 is die korps meedoënloos deur die Britte tussen blokhuislinies rondgejaag. Twee weke voor die beëindiging van vyandelikhede, op 16 Mei 1902, het Hindon vrywillig aan die Britte oorgegee en het Slegtkamp kaptein en leier van die korps geword. As bittereinder het hy kort daarna die wapen neergelê.

Latere lewe

Onmiddellik na afloop van die oorlog het Slegtkamp na Nederland vertrek, maar omdat hy hom nie in Europa kon aanpas nie, in 1903 na Transvaal terugkeer. Slegtkamp is in 1911 met Jacomina Elizabeth van Rooyen, gebore Holtzhausen, getroud en ’n seun is uit die huwelik gebore. Nadat hy eers as arbeider op ’n plaas in die distrik Standerton gewerk het, het hy in 1912 grond naby Witbank geklop en op klein skaal begin boer. In dieselfde jaar is hy aangestel as droogtenoodlenigingsinspekteur van die Landbank in die Kaap. Hy moes baie reis om boere met voorskotte te help en ander wat nie die bankvoorwaardes nagekom het nie, aan die man te bring.
Slegtkamp was sy lewe lank ’n ondersteuner van die republikeinse ideaal en het in die laat dertigerjare by die Ossewa-Brandwag aangesluit. Ten spyte van sy gevorderde leeftyd was hy ’n aktiewe lid en het later hoofgeneraal op die Hoëveld geword. Sy laaste jare het hy rustig op sy tuisdorp, Middelburg, deurgebring.

Verwysings

  1. Kaptein Henri Slegtkamp. (html) www.museumsnc.co.za. URL besoek op 10 Augustus 2012.
  2. Grobler, J.C.H. [1987]. Beyers, C.J.: Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek (Hardeband) (in Afrikaans), Pretoria: Chris van Rensburg nms. die RGN, 962. ISBN 0796904197.

Bron:

Wikipedia

view all

Kaptein Henry Frederik ''Hendrik'' Slegtkamp's Timeline

1873
April 19, 1873
Beverwijk, Noord-Holland, Nederland, Beverwijk, Noord-Holland, Netherlands
1951
February 2, 1951
Age 77
Middelburg, Stormberg District, Eastern Cape, South Africa
????