Is your surname adopted as Malan, born Sönnichsen?

Research the adopted as Malan, born Sönnichsen family

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Maria 'Marietjie' Anna Cilliers (formerly Jansen van Rensburg (adopted as Malan, born Sönnichsen)

Birthdate:
Birthplace: Germany
Death: February 06, 2003 (58)
Stellenbosch, Western Cape, South Africa (Lung metastases)
Place of Burial: Western Cape, STELLENBOSCH, Onderpapegaai, Main cemetery
Immediate Family:

Daughter of Dr. D.F. Malan and Maria Ann Sophia Louw
Wife of Charl Andries Cilliers and Paul Jansen van Rensburg
Sister of Private and Private
Half sister of Daniel François Malan and Johannes Laurens Malan

Managed by: Rory Kroon
Last Updated:
view all

Immediate Family

About Marietjie Cilliers

Gebore as Hermine of Hermione Sönnichsen, 'n Duitse oorlogswesie aangeneem deur Eerste Minister DF Malan en sy tweede vrou Maria.

Meer besonderhede by https://www.wikitree.com/wiki/S%C3%B6nnichsen-65. Alle Gendatabase skakels onaktief op 2020-07-16

Volgens Eensgesind het haar aangenome broers haar ook as 'n indringer beskou soos hulle stiefma, Maria, maar die verhouding het later verbeter (https://eensgesind.com/maria-malan/)

Volgens Korf [1] het sy 'n jonger biologiese broer gehad en is deur die aannemingskema van hom geskei.

Haar verdere lewe as kind was egter gelukkig en sy het DF Malan om haar pinkie gedraai. Sy het ook Maria Malan se opdragte verontagsaam om nie Malan te pla as hy werk nie. Hierdie diskriminasie t.o.v. bedorwenheid is miskien 'n rede waarom haar aanneembroers soms ongelukkig was. Danie Malan jr het bv, waarskynlik simpatiek, die skeiding van die sibbe aan Thom uitgewys.

Volgens 'n voetnota in Korf het HB Thom, wat ook 'n biografie oor Malan geskryf het, op 2 Junie 1978 'n onderhoud met haar gevoer.

Graf met eggenoot Cilliers: https://graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=555562

Op die grafsteen word haar Afrikaanse naam in die vorm Marié-Anna geskryf, wat bevestig word deur 'n boedelregister (sien Cilliers se profiel), behalwe dat die koppelteken ontbreek en dit net 'n e was nie é nie. Dit was destyds moeilik om diakritiese tekens met 'n tikmasjien aan te bring. Derdens word sy so aangedui op Identitynumber.org. maar vreemd genoeg onder die van (agternaam) Jansen van Rensburg. Laastens is dit ook die vorm wat die profielskepper op Wikitree gebruik.

Die oorsaak van dood van long metastases (van IDnumber.org) maak nie sin nie. Dis seker longkankermetastases. Metastases is wanneer kanker versprei na ander organe.

Soos met DF Malan se huwelike is daar 'n groot ouderdomsverskil met die gade Cilliers (16j). Sy oorleef Cilliers met 18 jaar alhoewel syself ook relatief jonk sterf. Sien Jansen van Rensburg se profiel vir bespiegeling dat daardie huwelik waarskynlik kort was. Sy was 23 tydens die huwelik met Cilliers en meisies het in daardie jare nie meer speenoud getrou nie, wat 'n nou venster laat.

Bron:

1. DF Malan: a political biography. PhD thesis, US. http://scholar.sun.ac.za/handle/10019.1/3991

view all

Marietjie Cilliers's Timeline

1944
March 19, 1944
Germany
2003
February 6, 2003
Age 58
Stellenbosch, Western Cape, South Africa
????
Western Cape, STELLENBOSCH, Onderpapegaai, Main cemetery