Mattheus Uys Krige

How are you related to Mattheus Uys Krige?

Connect to the World Family Tree to find out

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Mattheus Uys Krige

Also Known As: "Uys Krige"
Birthdate:
Birthplace: Bontebokskloof, Swellendam, South Africa
Death: August 10, 1987 (77)
In sy huis ''Swartdakkies'', Onrust
Place of Burial: Onrust
Immediate Family:

Son of Jacobus Daniel Krige (Japie) and Susanna “Sannie” Hermina Uys, 2
Ex-husband of Rachel Alida (Lydia) Krige
Father of Private and Private
Brother of Jacobus Gerhardus Joubert Krige; Petrus Arnoldus Krige; Francois Krige; Maria Magdalena Krige; Suzanne Hermine Fox and 1 other

Occupation: Poet, Author, War Correspondent, Playwright and Rugby Player
Managed by: Nicolaas Jacobus "Nico" VERMAAK
Last Updated:

About Mattheus Uys Krige

Mattheus Uys Krige (Bonteboskloof, Kaapprovinsie, 4 Februarie 1910 - Hermanus, Kaapprovinsie, 10 Augustus 1987) was 'n Suid-Afrikaanse skrywer, digter, dramaturg, vertaler, rugbyspeler en oorlogskorrespondent.

Hy het onderrig ontvang aan die Universiteit Stellenbosch en daarna van 1931 tot 1935 in Frankryk en Spanje gaan woon, waar hy beide Frans en Spaans vlot leer praat het. Krige het ook rugby gespeel vir 'n rugbyklub in Toulon, in die Suide van Frankryk.

Met sy terugkeer na Suid-Afrika in 1935 het hy sy loopbaan as joernalis begin as verslaggewer vir die Rand Daily Mail. Hy was ook later letterkunderedakteur van die Verenigde Party se Kaapse middagblad, Die Suiderstem.

Krige het ook deelgeneem aan die Spaanse Burgeroorlog van 1936 tot 1939 en het aan die Republikeinse kant geveg.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog was hy 'n oorlogskorrespondent vir die Suid-Afrikaanse Weermag in Noord-Afrika. Hy is in 1941 gevangene geneem en na Italië gestuur waar hy twee jaar in 'n krygsgevangekamp deurgebring het. Hy het egter in September 1943 ontsnap en na Suid-Afrika teruggekeer in 1946.

As 'n skrywer en digter was Krige uiters veelsydig - sy werke sluit in romans, kortverhale, gedigte en toneelstukke in beide Afrikaans en Engels. Krige word ook gereken onder die sogenaamde "Dertigers", 'n term wat gebruik word om na skrywers uit die dertigerjare te verwys. Hy het die Penguin Book of South African Verse (1968) in medewerking met Jack Cope saamgestel.

Krige het vele werke deur William Shakespeare in Afrikaans vertaal, asook werke deur Federico García Lorca, Pablo Neruda en Lope de Vega, uit die oorspronklike Spaans en werke deur Baudelaire, François Villon en Paul Éluard uit die oorspronklik Frans.

Sy broer was die skilder en tekenaar François Krige. Hulle gesamentlike reise deur Spanje is vasgelê in Uys se boek Sol y Sombra, waarvoor François die illustrasies voorsien het.

Bibliografie

   ''Versamelde gedigte'':
       Kentering, 1935
       Rooidag, 1940
       Oorlogsgedigte, 1942
       Hart sonder hawe, 1949
       Ballade van die groot begeer, 1960
       Vooraand, 1964

Romans:

       Die palmboom, 1940
       The dream and the desert (in Engels), 1953

Reisjoernale en korrespondensie:

       The way out (in Engels), 1946
       Sol y sombra, 1948, in Spaans, met illustrasies deur sy broer François
       Ver in die wêreld, 1951
       Sout van die aarde, 1961

Toneelstukke:

       Magdalena Retief, 1938
       Die goue kring, 1956

Een-man toneelstukke:

       Die wit muur, 1940
       Alle paaie gaan na Rome, 1949
       Die sluipskutter, 1951 (vertaal deur die outeur as "The sniper" in 1962)

https://af.wikipedia.org/wiki/Uys_Krige http://www.stellenboschwriters.com/krigeuys.html

view all

Mattheus Uys Krige's Timeline

1910
February 4, 1910
Bontebokskloof, Swellendam, South Africa
1987
August 10, 1987
Age 77
In sy huis ''Swartdakkies'', Onrust
????
Onrust