Philippus Bernardus Wolfaardt, b1

How are you related to Philippus Bernardus Wolfaardt, b1?

Connect to the World Family Tree to find out

Philippus Bernardus Wolfaardt, b1's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Philippus Bernardus Wolfaardt, b1

The first owner of the now famous Nederburg Wine Estate. More information here: http://www.turtlesa.com/nederburg.html



Philippus Benhardus is gebore 1 Okt 1749 in Stellenbosch. Hy is op 12 Julie 1749 gedoop in Drakenstein. Op 31 Okt 1773 trou hy met Margaretha Niewoudt (gedoop 12 April 1750 en oorlede op 27 Nov 1798) in Drakenstein. 2de Huwelik was met Anna Nieuwoudt (gedoop op 4 April 1757 in die Paarl) op 4 Des 1804 in die Paarl en 3de Huwelik met Elisabeth Alberta Petronella van Reenen (geb 5 Okt 1783) op 2 Junie 1832 ook in die Paarl. Ten tye van sy huwelik met sy eerste vrou – Margaretha Nieuwoudt – het hy ook ‘n buite egtelike kind gehad by Maria van Vreede. Hy is oorlede op 11 Junie 1840 op 90 jaar te “Klein Drakenstein” en net een kind – Regina Margaretha – het hom oorleef.

Sy eerste vrou Margaretha se pa was Gerrit Nieuwoudt en hy het geboer op ‘n naburige plaas wat vermoedelik gegrens het aan die plaas “Versailles” waarop Philippus Benhardus grootgeword het. Dit beteken dat Philippus en Margaretha mekaar van jongs af al geken het. Gerrit Nieuwoudt was ook getuie by die opstel van Philippus se pa (Georg Sebastia(a)n Wolvaardt) se laaste testament.

Philippus Benhardus Wolvaardt koop op 42 jarige ouderdom op 1 Nov 1791 die bekende plaas “Nederburg” in Stellenbosch en begin met ‘n wyn boerdery. Die stuk grond is gelee tussen die Berg en- Palmiet rivier. Hy het hierdie 57 morge en 30 vierkante roede (49ha) aangekoop vanaf die VOC vir 5600 gulde. Die oorspronklike naam was “Nederburgh” –vernoem na ‘n Duits Oos Indiese Kompanjie offisier maar die letter (h) is vinnig verwyder. Buiten vir die werk op sy eie plaas help hy en sy broers ook boer op sy pa (George Sebastia(a)n) se wynplaas “Versailles” wat deur Georg Sebastia(a)n in 1758 aangekoop is. Na sy pa se dood op 18 April 1766 help hulle hulle stiefpa (Thomas Roodewald) op dieselfde plaas boer.

Philippus bou die oorspronlike opstal op sy plaas “Nederburg” klaar in 1800. Die huis wat hy vir sy vrou aanvanklik begin bou het, het sy nooit die eer gehad om in te woon nie aangesien sy voor die tyd dood is. Die vloerteels is uit Batavia af ingevoer. Al die boumateriaal moes uit Kaapstad aangery word wat 2 dae met die ossewa geneem het.

Hy het ‘n groot stoep gebou en ‘n hele klompie Eike bome aangeplant vir skadu. Die bome is in die 20ste eeu vervang met Plataan bome deur die Grause wat die plaas gekoop het in 1937. (Tot en met omtrent 1960 was dit die enigste belangrike geskiedkundige huis wat onaangeraak gebly het en as gevolg nie bederf is nie. Dit behou die H-vorm met 'n stoep aan al die kante.)

Hy het dadelik begin om lande skoon te maak met sy 10 trekosse en 6 perde. Daarna het hy elke jaar sy aanplantings vermeerder.

Hy het homself bewys as een van die eerste en beste wynmeesters van sy tyd. Teen 1808 het hy al 63 000 wingerdbome aangeplant gehad en 23 280 liter wyn vervaardig.

Hy het later ook brandewyn begin verbou en teen 1810 verkoop hy al 2640 liter. In dieselfde jaar verkoop hy die plaas “Nederburg” aan Willem Petrus Retief. Hulle het ophou brandewyn maak in 1844. Die naam gedenk nie net ’n koopsom en ’n syfer nie, sê Razvan Macici, Nederburg se keldermeester. “Met hierdie aanloklike, sagte wyne vier ons passie, tyd en 5 600 gulden. Toe Wolvaart die plaas gekoop het, was tye maar rof aan die Kaap. Sy harde werk, onblusbare gees en aanhouer-wen-houding het groot drome waar laat word, al moes hy die oënskynlik onmoontlike regkry. Hy spoor ons aan om die eerste dapper stappe te doen en die lewe voluit te geniet.”

Ten tye van sy huwelik met Margaretha Nieuwoudt het hy ‘n buite egtelike kind gehad by Maria van Vreede met die naam Johanna Wolvaardt wat gedoop is 16 Okt 1686. 'n Inskrywing vir die kind van haar is in die Paarl se Doop register gekry wat hom as die vader aangee en ook vermeld “nie Bastard bebloede”, hy was nie teenwoordig by die doop nie. Met Johanna se troue op 24 Jarige ouderdom was haar ouers nie teenwoordig nie en het nie toestemming vir die troue gegee nie.

Hy was ‘n wewenaar vir ses jaar nadat sy eerste vrou Margaretha Nieuwoudt oorlede is. In 1804 trou hy met Anna Nieuwoudt (47 jarige) wat ‘n niggie van sy oorlede vrou was. Sy was die kinderlose weduwee van ‘n chirurg Casper Muller in die Paarl.

Die 1808-opgaafrol bevestig dat Philippus hoofsaaklik met “wijn en boomvrugte” geboer het. Sy arbeidsmag het bestaan uit 19 slawe (14 volwassenes en 5 kinders) en 3 “Hottentot”-werkers (1 man en 2 vroue). Ook in besit van 9 perde, 57 trekosse, ‘n klomp stoetbeeste en 3 vierwiel-waens.

Nadat hy sy plaas verkoop het aan Willem Petrus Retief in 1810 trek hy en Anna na die Paarl. Philippus het mettertyd sy eie huis in die Paarl besit, tussen 1800 en 1812 in Meulstraat (die straatnommer vandag, 66).

(Huidiglik (2014) in die mark. “Dié Ou-Kaapse woning met sy kenmerkende skaapboudgewel in Meul Straat 66, Paarl, word deur Pam Golding eiendomme vir R870 000 bemark. Die woning is in 1825 deur die bouer van die beroemde Nederburg opstal, Philippus Bernardus Wolfaardt, gebou. Dit is oorspronklik deels as smidswinkel benut. Die gebou is onlangs gerestoureer en as woning ingerig. Op die onderste vlak is 'n ruim hoofslaapkamer met 'n badkamer, 'n woonkamer met 'n vuurherd en 'n ruim kombuis. Die boonste verdieping het 'n ruim gesinskamer, twee slaapkamers, waarvan een sy eie badkamer het, en nog 'n badkamer. 'n Onthaalvertrek is bo-op die aangrensende dubbelmotorhuis gebou”)

Vanaf 1819 tot 1828 besit hy Bethel in Noorder Paarl waar Anna dan ook oorlede is op 22 Feb 1825 op 68 jarige ouderdom.

Op 82 jarige ouderdom trou Philippus Benhardus Wolvaardt vir die derde keer met die 49 jarige Elizabeth Alberta Petronella van Reenen op 2 Junie 1832. Sy was voorheen getroud met Willem Adriaan Joubert by wie sy 4 kinders gehad het. Sy het Philippus wat oorlede is op 11 Junie 1840 op 90 jarige ouderdom, oorleef en is dood op 83 jaar. Hy laat ‘n aansienlike erfporsie na van 27 323 Riks Daalders (25 500 Britse Pond) .



Philippus Bernardus was born on 8 October 1749 and died on 11 June 1840 at the age of 90 years at Klein Drakenstein. During his long life he married three times and fathered four children, with his first wife. At the time of his death only one of his children Regina Margaretha survived him. His profession was that of a wine farmer and he started the famous wine farm Nederburg in the Stellenbosch area of the Western Cape on land he purchased in 1791 at the age of 42 years old. Prior to this purchase, he and his brothers helped their father and after his death their stepfather to farm the wine estate “Versailles” that his father had bought in 1758.

His first marriage on 31 October 1773 was to Margaretha Nieuwoudt who was baptized on 12 April 1750 the daughter of Gerrit Nieuwoudt a burgher from Drakenstein and Johanna Steenkamp. Margaretha’ s father had farmed a neighboring farm to his father and had been a witness to his fathers last will, so it is reasonable to assume that they had known each other from childhood. Margaretha died on 27 November 1798 aged 48 years and was survived by all of her children the oldest George Sebastiaan was 24 years old and the youngest Regina was 15.

Philippus stayed a widower for six years and then in 1804 married the 47 year old childless widow Anna Nieuwoudt, baptized 4 April 1756, daughter of Johannes Nieuwoudt and Anna Minaar. Anna was a cousin of his first wife and was the widow of Casper Muller a surgeon in the Paarl and the daughter of his neighbor the widow Johannes Niehout. After the sale of Nederburg in 1810 Philippus moves to the town of Paarl where he bought a plot of land. Here he and Anna lived until her death on 22 February 1825 at the age of 68.

Philippus after a number of years at the age of 82 married for a third time on 2 June 1832 to the 49 year old Elizabeth Alberta Petronella van Reenen, baptized 5 October 1783, daughter of Adrian van Reenen and Engela van Reenen. Elizabeth had previously been married to Willem Adriaan Joubert with whom she had 4 children, she outlived him to die at the age of 83

Philippus Bernardus died on 11 June 1840, aged 90, having outlived all of his children except the youngest Regina. He left a considerable estate of 27 323 rix-dollars or 25 500 British pounds.

Op 1 Nov 1791 verkoop die VOC 57 morge en 30 vierkante roede grond in Drakenstein waarop hy die plaas Nederburg aanle. Hy verkoop Nederburg op 6/9/1810 aan Willem Petrus Retief en vanaf 1819 tot 1828 besit hy Bethel in Noorder Paarl

Hy bou die oorspronlike opstal in 1800. Tot en met omtrent 1960 was dit die enigste belangrike geskiedkundige huis wat onaangeraak gebly het en as gevolg nie bederf is nie. Dit behou die H-vorm met 'n stoep aan al die kante.

Maria van Vrede 'n Inskrywing vir 'n kind van haar is in die Paarl se Doop register gekry wat hom as die vader aangee, hy was nie teenwoordig by die doop.

Doop inskrywing: Die Genoemde Vader Philippus Wolvaart heeft sig por viam Jaraments Gesuijvirt

view all 11

Philippus Bernardus Wolfaardt, b1's Timeline

1749
July 12, 1749
Stellenbosch, Cape Winelands, Western Cape, South Africa
July 12, 1749
Drakenstein, Southern, Limpopo, South Africa
1774
November 9, 1774
Drakenstein, Cape, South Africa
1776
February 4, 1776
Drakenstein, Paarl District, South Africa
1777
September 20, 1777
Cape, South Africa
1783
December 7, 1783
1786
October 16, 1786