Philippus Johannes Cornelius Johannes Cornelis Swanepoel, b6c6d1e5

Is your surname Swanepoel?

Connect to 16,249 Swanepoel profiles on Geni

Philippus Johannes Cornelius Johannes Cornelis Swanepoel, b6c6d1e5's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Philippus Johannes Cornelius Johannes Cornelis Swanepoel, b6c6d1e5

VAB MHG S1489



EGGSA Grafsteen

1. Sy 1ste naam is net ‘Philip’ in Graaff-Reinet se doopregister geskryf. 2. Adres: Brakrivier.

Hy was 'n volksraadslid van die Vrystaat.. Notas oor Oupa Flippie - Bron Rouxville (1863-1963) Sentrale pers Bloemfontein Hy was 'n volksraadslid vir 30 jaar van die ou Vrystaatse volksraad. Pres Brand, Reitz het by hom op die plaas gaan jag. Leeupoort Rouxville. Hy het inheemse bome geplant en aangeplant asook Bloekoms wat hy uit Australie ingevoer het aangesien daar geen bome op die plaas was nie.. Hy het vanuit Tulbach by die trek van Piet Retief aangesluit. Hy het getrek tot by Dewetsdorp en teruggedraai na Rouxville. Hy het die plaas Zuurbult saam met Christiaan Hendrik Swanepoel, Petrus Cornelis Pelzer en Petrus Johannes Du Plooy in hulle hoedanigheid as 'Committee van bestier' gekoop van Christiaan Nicolaas Swanepoel vir 20,000 Riksdaalders op 20 Februarie 1865. Christiaan Nicolaas Swanepoel het op 1 Junie 1861 die plaas van Petrus Ernest Wepenaar gekoop vir 16,000 Riksdaalders. Die grond is aan Wepenaar toegeken na die vrede van Aliwal-Noord in 1858 hoewel hy dit reeds sedert 1830 bewoon het. Die toekenning was ooreenkomstig 'n Presidensiele skenking aan burgers wat aktiewe kommandodiens dedoen het, op voorwaarde dat hulle die plase persoonlik moes bewoon en te alle tye gereed wees om met eie perd, saal en toom op kommando te gaan en 'n jaarlikse rekognise van 20 senr per honderd morge betaal. Hulle het later grond geskenk warop Rouxville gebou is. Eerste predikant was eerwaarde Pieter Roux. (1825-1913) DEATH: DEPOT VAB SOURCE GS TYPE LEER VOLUME_NO 2143 SYSTEM 01 REFERENCE R8224/99 PART 1 DESCRIPTION LANDDROST ROUXVILLE. MELDT AAN DOOD VAN P SWANEPOEL EN THOM VAN DER HOVEN. STARTING 1899 ENDING 1899 BIOGRAPHY: Volksblad 05/05/2005 06:42 AM - (SA) Reik na sterre op Rouxville se Zodiac-roete CHARLES SMITH ROUXVILLE. - Sterrekykers kan die hemel pikdonkernag van seker die heel hoogste troon in die Suid- Vrystaat kom beloer. Dit is nou daai troon. Hmmmm, 'n kleinhuisie, vir die wat steeds twyfel. Die Zodiac-roete op die plaas Leeupoort 'n leeuspoegie uit die dorp uit, het 'n paar baie spesiale stilhouplekke tussen die besem- en bloubosse en die olien- en witstinkhoutbome. Die troon is een so plekkie. Daar kan jy jou sit kry. Gemaklik. En oor 'n ou, ou wêreld tuur. Bo of onder jou. Jy kan jou oë gooi soos 'n San- jagter agter 'n ribbok aan wat wip- wip deur die rant, of soos 'n pionierboer sy plaas se letsels, knoppe en lyne soos 'n vrou uit die landskap gemeet het. Hier, hier onder jou, hier het Piet Retief en die boys van die Oos-Kaap af die waens langes Leeuspruit gestuur die Dingaanswêreld in. Plaas hulle in die lieflike kom neffens die spruit kom kraal opslaan het. Doer, so duimlengte met die oog gemeet, lê die Swanepoels in die mooiste kerkhof in versierde klip en marmer toegepak. Oupa Flippie, Vrystaatse Volksraadslid, en sy mense. In die rant kan jy met die kiepersolle gesels asof hulle jou ooms is. Hier smelt jy soos die ligene teen die klip weg in die veld; jou gedagtes word patryse wat koes deur die digte bosse. Maar om hierbo te kom, dis die hele ding wat 'n viertrekman se onderstel laat bewe. Soos jy hier sit, kan jy sien waar jy die viertrek langs die ou klipmuur met die granaatheining in die kampeerplek aangesit het. In die windskuilte waar jy vuursteek is 'n reuse-kliptafelblad in die vorm van Afrika wat omtrent so swaar soos Afrika self is en wat mnr. Willie de Wet en sy seun, Boeije, hierheen gesleep het. Die paadjie loop verby een van die oerbloekoms van hierdie wêreld wat vergrys en versteen het in die baie winters en van die dikste stamme het waarvan jy al gehoor het; nou sleep hy verby die kerkhof, verby die 'simbool van die Nuwe Suid-Afrika', die witstinkhout en die bloubos met die wit en swart stamme wat saam beur en stoei uit dieselfde kolletjie Afrika- grond. Jy kan die viertrekroete (bykans 30 km) - of die makliker roete - rant-oor kies. Jy kan voetslaan ook, as jy wil. Heelbo briek jy langs die klipskans waar die Boere in die Anglo- Boeroorlog boodskappe na Koesberg geflits het. Onder, effe tru, is die oorhangkrans met die bontbeeste wat die San-skilders teen die rots geteken het sodat ons hulle kan onthou - die eerste sterrekykers van hierdie wêreld. Hier is jy omring deur die koppe. Alkant galop die vlaktes donderend na jou aan. Jy sien Aasvoëlberg by Zastron, Koesberg neffens hom, Elandsberg waar wyle staatspresident Jim Fouché se plaas Babel is, Houtberg, die Witteberge by Lady Grey in die suidooste, Kramberg by Aliwal-Noord reg suid; Wolwekop, Asvoëlkop en Zeekoegat-se-berg in die suidweste; Smithfield se berg wes. Rouxville lê gesmoor in 'n waas van 'n reënwolk effens suid. Wes van die rant kan jy lekker speel met die staalwa: Jaag hom deur die modder, ry wipplank oor reuse-bloekomtakke, daag die steil walle uit. Wes van die berg kan jy oor twee stompe 'n diep donga terg. Jy's bang om die sloot te voet oor te steek, wat nog te sê met 'n wa! Maar kom jy donkernag hier uitgery, met jou vierhonderperdekragkar en jy parkeer hom reg onder die Suiderkruis se maters aan die westenek, net sodat die suidewindjie se spook verby jou sal gly, dan kan jy daar op jou rug 'n sluk polisiekoffie vat en vir jou 'n stuk plaas bo in die hemelruim koop - met elkeen van die hoekpale 'n gloeiende ster. Of gaan wees koning op die hoogste kroon, soos die hamerkop op sy nes op die rant van die waterval in die donker kloof skuins regs van jou, en kyk dan uit oor die donker, rustende ou plaas waar vyf geslagte Swanepoels al van 1834 af hierdie goeie plek se lê- en ryplekke goed leer ken het. · Die pad na die Zodiac-viertrekroete draai 5 km voor Rouxville op die Smithfield-pad uit. Bel 073 376 7300 vir besprekings. © 2004 Buitelewe (Volksblad) - Kopiereg Voorbehou ALFANUMERIC#: b6c6d1e5

view all 13

Philippus Johannes Cornelius Johannes Cornelis Swanepoel, b6c6d1e5's Timeline

1815
December 3, 1815
Zwarteruggens, Uitenhage, Port Elizabeth, Eastern Cape, South Africa
1816
December 26, 1816
Age 1
Graaff-Reinet, Western District, Eastern Cape, South Africa
1839
November 27, 1839
Rouxville, Free State, South Africa
1841
October 16, 1841
Over de Grenzen
1843
September 11, 1843
1844
March 10, 1844
Rouxville, Free State, South Africa
1847
January 24, 1847
Cradock, Cape Province, South Africa
1851
February 12, 1851
Rouxville, Orange Free State, South Africa
1857
February 19, 1857
Leeuwpoort District, Rouxville, Orange Free State, South Africa