State President Jacobus Johannes Venter

How are you related to State President Jacobus Johannes Venter?

Connect to the World Family Tree to find out

State President Jacobus Johannes Venter's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

State President Jacobus Johannes Venter

Also Known As: "Koos"
Birthdate:
Birthplace: Colesberg, Bo-Karoo, Northern Cape, South Africa
Death: January 18, 1889 (74)
Broekpoort, Bethulie, Xhariep, Free State, South Africa
Place of Burial: Bethulie, Free State, South Africa
Immediate Family:

Son of Jan Adriaan Venter and Margaretha Johanna Venter
Husband of Hester Sophia Du Plessis; Anna Catharina Venter and Elsie Philippina Venter
Father of Jan Adriaan Venter; Maria Cornelia Ackerman; Stephanus Petrus Venter; Margaretha Johanna Swanepoel; Jacobus Johannes Venter and 12 others
Brother of Hester du Plessis; Elizabeth Maria Grobbelaar; Margaretha Johanna Adriana Pienaar, c2d10e9; Christina Magdalena du Plessis; Pieter Johannes Venter and 7 others
Half brother of Jan Adriaan Venter; Aletta Sophia Joubert; Martha van den Heever; Maria Cornelia du Plessis and Pieter Johannes Lodewyk Venter

Occupation: Politikus, Boer en Kerkman. Veeboer/ cattle‐farmer, Farmer and Politician
DvN: b5c2d10e8 (previously b3c2d10e8)
Managed by: Andre Johan van Ryneveld
Last Updated:

About State President Jacobus Johannes Venter

Jacobus Johannes Venter (e8d10c2b5a) b. 21 Mar 1814 - See SAGEN Vol. 14 page 60. He is descended from "b5" (Pieter Venter (b5a) b. 1699) "b3" is Francois Venter b.1694 - See SAGEN Vol. 14 page 20.


Waarnemende President van die Republiek van die OVS

Koos Venter het ’n groot rol gespeel in die vroeë Oranje Vrystaat en in die Gereformeerde Kerk in die Vrystaat. Hy is gebore in 1814 en was 74 jaar en 10 maande oud toe hy in 1889 oorlede is. Hy was ‘n politikus, boer en kerkman. Daar is in heelwat bronne na hom verwys. Die oogmerk is nie om al die inligting wat opgespoor is, hier weer te gee nie, maar om ‘n beeld van Koos, sy optredes en opvattings oor te dra.

Die 18-jarige Koos trou in 1833 met die 13-jarige Hester du Plessis. Sy is gebore in 1819 en is oorlede in 1834 toe sy 14 jaar oud was. Hulle was ’n jaar lank getroud en het nie kinders gehad nie.

Koos trou weer op 20-jarige leeftyd met Anna van Vuuren wat toe 16 jaar oud was. Sy is gebore in 1818 en word 39 jaar oud voordat sy oorlede is in 1857. Hulle het elf kinders gehad.

Daarna trou Koos op 43-jarige leeftyd met (die weduwee Swanepoel) Elsje Lombard wat toe 31 jaar oud was. Sy is gebore in 1826 en word 87 jaar oud voordat sy oorlede is in 1913. Hulle het ses kinders gehad.

Koos was een van die Colesbergse Doppers wat hom in die suidelike Vrystaat gevestig het. Godsdienstige en kerklike sake het baie swaar by hom geweeg.

Genealogiese gegewens

e8
VENTER, Jacobus Johannes: *Colesberg Dist. 21.3.1814; ≈Graaff-Reinet 1.5.18 14; †Bethulie Dist., Broekpoort 57 28.1.1889. #Bethulie Dist., Elim (Broekpoort).x Graaff-Reinet 6.1.1833: DU PLESSIS, Hester Sophia : *16.3.1819; ≈Graaff-Reinet 17.10.1819; †6.1.1834. Dogter van Carel Jacobus DU PLESSIS en Anna Martha KRUGER. xx Graaff-Reinet 30.11.1834: VAN VUUREN, Anna Catharina Jansen: *Colesberg Dist. 5.7.1818; ≈Uitenhage 22.10.1818; †Bloemfontein 27.8.1857. Dogter van Stephanus Petrus Janse van Vuuren en Cornelia Maria van der Merwe.xxx 8.12.1857: LOMBARD, Elsje Philippina : *Kaapkolonie 8.7.1826; ≈Cradock 8.1.1827; †Bethulie Dist., Broekpoort 57 12.12.1913. #Bethulie Dist. Elim (Broekpoort). Dogter van Anthonie (Johannes) LOMBARD en Petronella (Cornelia Fredrika) Margarethe BOTHA. [Sy x Cradock 24.12.1843 SWANEPOEL, Daniel Casparus: *Colesberg Hantam 16.5.1825; ≈Graaff-Reinet2.4.1826; †Diepfontein OVS 29.1.1856. Seun van Pieter Andries Swanepoel en Geertruy Magdalena Reyneke.]

Boedel / Estate No. VAB MHG V449

EGGSA Grafsteen / Gravestone

http://af.wikipedia.org/wiki/Jacobus_Johannes_Venter


Jacobus Johannes Venter, ook Koos genoem (1814-1889), was lid van die Oranje-Vrystaat se Volksraad, voorsitter van die Saamgestelde Kommissie vir die Bestuur van die Regering in 1855 en het as Waarnemende Staatspresident in 1859 tot 1860 gedien en weer van 1863 tot 1864.

Koos Venter het ’n groot rol in die vroeë Oranje Vrystaat en in die Gereformeerde Kerk in die Vrystaat gespeel. Hy was ’n politikus, boer en kerkman. Hy is drie keer getroud en het sewentien kinders gehad.

Koos was baie aktief in die politieke lewe in die Vrystaat en sy naam kom dikwels voor in die literatuur oor die Vrystaat van daardie tyd. Vir nagenoeg 27 jaar van die 48 jaar wat die onafhanklike Vrystaatse republiek bestaan het, was Koos lid van die Volksraad – eers vir Bloemfontein en later vir Bethulie. Hy het hom deurgaans vir die onafhanklikheid van die Vrystaat beywer.

In die stadium toe Koos hom in die Vrystaat gevestig het, was die Vrystaat Britse gebied en was daar ’n Britse Resident in Bloemfontein. Die Britte was egter van voorneme om die Vrystaat te ontruim en Koos het by die prosesse betrokke geraak. Vir ’n tyd lank was daar ook sterk gevoelens oor die vereniging van ’n onafhanklike Vrystaat met die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal). Andersyds was daar weer by tye ’n sterk aandrang op federasie met die Kaapkolonie.


6 Januarie 1833 | Koos Venter trou eerste keer Jacobus Johannes (Koos) Venter (1814– 1889) was ’n Vrystaatse boer en politikus asook stigter van die Gereformeerde Kerk in die Oranje-Vrystaat en leier in dié kerkverband.

Hy was ’n lid van die Volksraad van die Oranje-Vrystaat, voorsitter van die Saamgestelde Kommissie vir die Bestuur van die Regering in 1855 en het opgetree as Waarnemende Staatspresident in 1859 tot 1860 en weer van 1863 tot 1864.

Met uitsondering van ’n kort onderbreking was Venter volksraadslid vir Bloemfontein-distrik en later vir Bethulie van 1854 tot 1881, bes moontlik die langste diens in die Vrystaatse Volksraad. Hy het hom veral onvermoeid vir die landbou beywer en Hollandse taalregte in die Vrystaat warm verdedig. Ook het hy pleidooie gelewer vir ’n nasionale onderwysstelsel vir die behoud van die Hollands-Afrikaanse kultuur en vir die vrywillige beginsel (1867), ingevolge waarvan elke kerk sy eie predikant sonder staatshulp onderhou.

Hy was ook bekend vir ondersteuning van alle kerke, ook ander as sy eie, die Gereformeerde. Hy het as een van die eerste ouderlinge van die Gereformeerde Kerk Reddersburg, wat hy help stig het, gedien en dikwels as voorsitter van die kerkraad gedurende die vakature. So het hy ’n leidende aandeel geneem in die aanleg en stigting van die dorp Reddersburg, waar hy in 1861 die hoeksteen van die eerste Gereformeerde kerkgebou gelê het. Venter het op hierdie dag in die huwelik getree met Hester Sophia du Plessis. Sy is oorlede op 6 Januarie 1834, op hul enigste huweliksherdenking, sonder dat sover bekend ’n kind uit dié egverbintenis gebore is. Sy tweede huwelik was op 11 November 1834 met Anna Catharina Janse van Vuuren (1818–1857). Uit dié verbintenis is drie seuns en ses dogters gebore.

Sy derde huwelik was met die weduwee Elsje Philippina Swanepoel, gebore Lombaard (8 Julie 1826 – 12 Desember 1913), waaruit nog drie seuns en drie dogters gebore is.


https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSJG-GL4Q?i=1993&c...

view all 24

State President Jacobus Johannes Venter's Timeline

1814
March 21, 1814
Colesberg, Bo-Karoo, Northern Cape, South Africa
May 1, 1814
Graaff-Reinett, South Africa, Northern Cape
1837
January 5, 1837
1839
June 25, 1839
Kromdraai, Fauresmith, Free State, South Africa
1841
March 2, 1841
Colesberg, Bo-Karoo, Northern Cape, South Africa
1842
September 7, 1842
Colesberg, Bo-Karoo, Northern Cape, South Africa
1844
September 11, 1844
Colesberg, Bo-Karoo, Northern Cape, South Africa
1847
April 26, 1847
Colesberg, Bo-Karoo, Northern Cape, South Africa
1849
February 10, 1849
Middenvlei, Colesberg, South Africa, Northern Cape