Reverend David Ross, SV/Prog

Is your surname Ross?

Connect to 70,281 Ross profiles on Geni

Reverend David Ross, SV/Prog's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Reverend David Ross, SV/Prog

Birthdate:
Birthplace: Little Newlands, Auchinblae, Kincardineshire, Scotland (United Kingdom)
Death: September 03, 1915 (84)
Lady Grey, Cape Colony, South Africa
Immediate Family:

Son of George Ross and Elizabeth Ross
Husband of Agnes Kinmont Ross, SM/Prog
Father of Elizabeth Johanna Annecke; Agnes Mary Ross; Thomas Charles Ross; Charlotte Jane Theron; David Ross and 6 others

Managed by: Dr. Andrew John van Rensburg
Last Updated:

About Reverend David Ross, SV/Prog

DN : https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSQX-996B-L?i=873&...

Ds. David Ross (Skotland, 24 Mei 1831 - Lady Grey, Kaapland, 3 September 1915) was 45 jaar lank leraar van die NG gemeente Lady Grey in Noordoos-Kaapland nadat hy in 1862 na Suid-Afrika gekom het as een van die altesaam 25 Skotse predikante wat van 1818 tot 1836 en weer van 1862 tot 1867 van die Presbiteriaanse Kerk na Suid-Afrika gekom het, aanvanklik om die tekort aan predikante in die Nederduitse Gereformeerde Kerk te help verlig en veral die koloniale regering se verengelsingsbeleid stukrag te gee, maar later om die sogenaamde liberale neigings onder predikante wat in Nederland opgelei is, teë te werk. Ross was deel van laasgenoemde groep.

Ds. Ross het 'n aandeel gehad aan die opstel van die kerklike wette en bepalings van die NG Kerk. Hier is die titelblad van die Wetten en Bepalingen soos gerevideer in die Sinode, gehou in Kaapstad op 15 Oktober en volgende dae van die jaar 1903.

Lady Grey het destyds nog in sy pionierstyd gestaan en hy was verplig om dorp en gemeente van onder af op te bou. Aan die oostelike en suidoostelike kant het ds. Ross se gemeente in die beginjare geen afgebakende grense gehad nie sodat sy arbeidsveld in dié rigtings oor die Drakensberg tot in Temboeland en Griekwaland-Oos gestrek het. Dié uitgestrekte gebied het hy gereeld te perd besoek en op sentrale plekke het hy buiteposte gestig, waarvan verskeie later tot afsonderlike gemeentes ontwikkel het: Barkly-Oos (1873), Cedarville (1888), Elliot (1890), Rossville (1893), so genoem na die leraar van Lady Grey, en Ugie (1903). As leraar van Lady Grey en konsulent van die buurgemeentes het dr. Ross 'n leidende rol gespeel in die totstandkoming van dié gemeentes.

Ook het van die begin af alles in sy vermoë gedoen om die onderwys in sy gemeente te bevorder. Deur die stigting van buiteskole in die distrik en daarna die oprigting van 'n kosskool vir seuns (later die staatskool) en 'n skool vir armes op die dorp, het die onderwys groot vooruitgang getoon. In die baanbrekersdae het sy regskennis goed te pas gekom. In die uitleg van die dorp en die verkoop en die transporteer van erwe het hy die kerk en die gemeenskap gedien. As kassier van die gemeentekas het hy gesorg dat die kerk se geldsake op 'n gesonde voet bly.

Nadat sy sig, wat nooit sterk was nie, so verswak het dat hy byna blind geword het, het hy in 1908 ná bykans 45 jaar op Lady Grey die tuig neergelê. Hy het op die dorp bly woon en ook daar gesterf.

https://af.wikipedia.org/wiki/David_Ross_(predikant)

view all 14

Reverend David Ross, SV/Prog's Timeline

1831
May 24, 1831
Little Newlands, Auchinblae, Kincardineshire, Scotland (United Kingdom)
1868
1868
1875
1875
Lady Grey, Cape Colony
1879
January 29, 1879
Lady Grey
1881
February 1, 1881
Lady Grey, Cape Colony
1883
1883
1915
September 3, 1915
Age 84
Lady Grey, Cape Colony, South Africa
????
????
????