State President Charles Robberts Swart

How are you related to State President Charles Robberts Swart?

Connect to the World Family Tree to find out

State President Charles Robberts Swart's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

State President Charles Robberts Swart

Also Known As: "C.R. Swart", "Blackie Swart", "Oom Blackie"
Birthdate:
Birthplace: Morgenzon, Winburgdistrik, Winburg, Oranje Vrijstaat
Death: July 16, 1982 (87)
Bloemfontein, Free State, South Africa
Place of Burial: Bloemfontein, Free State, South Africa
Immediate Family:

Son of Hermanus Bernardus Swart, b2c3d5e10f10g3 and Aletta Catharina Swart, b1c7d3e7f1g1
Husband of Cornelia Wilhelmina de Klerk
Father of Private
Brother of Hermanus Bernardus Swart and Daniel Johannes Francois Swart
Half brother of Private and Private

Occupation: Statesman & Politician, State President
Managed by: Private User
Last Updated:
view all

Immediate Family

About State President Charles Robberts Swart

Charles Robberts Swart (Winburg, 5 Desember 1894 – 16 Julie 1982) was die laaste Goewerneur-Generaal van die Unie van Suid-Afrika van 1960 tot 1961, en die eerste Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika, van 1961 tot 1967.

Bron : Wikipedia

Charles Robberts Swart (5 December 1894 – 16 July 1982) served as the last Governor-General of Union of South Africa from 1960 to 1961 and the first State President of the Republic of South Africa from 1961 to 1967.

Source : Wikipedia

The Genealogical Society of South Africa eGSSA branch - Contributed by: Pieter Taljaard

http://www.eggsa.org/library/main.php?g2_itemId=3038246

-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

BYLAAG VAN VOLKSBLAD VAN 31 MEI 1961 VIR REPUBLIEKDAG

Voorblad

Presidentspaar

Pres. en mev. C. R. Swart. Die President word staatshoof van die Republiek en sy amp sal dien as simbool van die nasie se eenheid en geregtigheid, van die staat se grasie en majesteit en van alles wat vir die volk goed en edel is.

Bladsy 16

PRESIDENT STAM VAN HEUNINGRUG-SWARTS deur dr. Con DE VILLIERS

Die President se moederaarde is die Overberg en hy is 'n Heuningrug-Swart!

Hoe pas ons eerste Staatspresident in die groot familie Swart in? Eerstens wil ek verduidelik dat die van Swart is en nie Swarts nie, sodat die meervoud die Swarts is en nie die Swartse of Swarte nie.

Dit is nie bekend wanneer die stamvader, Johannes Swart, na Suid-Afrika gekom het nie. Sy eggenote, Margaretha Claasdogter Coerie, en haar drie seuntjies het in 1692 aangekom en hulle by Johannes op Stellenbosch gevoeg waar hy sieketrooster-onderwyser was.

Die nuwe President stam van die stamvader se tweede seun, Johannes, af wie se nageslag algemeen bekend is as Heuningrug-Swarts of die Soetendalsvlei-Swarts. Hy was getroud met Zacharia Niemann (Niemand) en was reeds in 1746 by Overberger (Caledon). Die volgende skakel is Johannes se derde kind, Jacobus 1723, wat getroud was met Elisabeth Pieterse (eintlik Peters, van Duitse oorsprong).

Besonderse Kroos

Jacobus 1723 se vierdie kind, Jacobus 1755, was getroud met Johanne Swart, gebore Swart. Hulle het op Soetendalsvlei, Bredasdorp, gewoon, en 'n merkwaardige kroos van dertien gehad. Die een seun was Hermanus Bernardus, dieselfde naam wat die President se vader gedra het.

Hermanus was getroud met Cornelia Hester Moolman, blykbaar 'n hoogstaande vrou volgens die briewe wat sy nagelaat het. Daar was elf oorlewende kinders. Die een seun Daniel Johannes (1839) was die President se oupa. Hy was getroud met Susanna Margaretha Meyer wat in 1913 op Kestell oorlede is.

Onder hierdie egpaar se tien kinders was daar weer 'n Hermanus Bernardus - die President se vader. Hy is gebore op 11 Junie 1866 op Die Hoop, Uniondale, oorlede 11 Maart 1949 en was getroud met Aletta Catharina ROBBERTS, gebore 21 Maart 1870, oorlede 12 Augustus 1929.

Verwantskappe

Interessante verwantskappe kom aan die lig as 'n mens ander vertakkinge van die Swart-stamboom nagaan. So het Johannes (tweede seun van die stamvader) se dogter Alida [Sy is eintlik die vierde geslag] met 'n C. J. UYS getrou, wat die voorouers was van Piet en Dirkie UYS, bekende Voortrekkers.

Deur Jacobus 1723 se seun Jacobus Nicolaas kom 'n mens uit by sen. D. J. Malan en mnr. J. N. Malan, die huidige administrateur van Kaapland. Dieseflde Jacobus se dogter Johanna Catherina was weer in die voorgeslag van die skrywer hiervan. Sy een seun Gerhardus Jacobus was 'n Voortrekker, vyf keer getroud, en sy nageslag is hoofsaaklik die Swarts van Standerton.

Ander families sal ons seker nie kwalik neem as ons die bors uitstoot nie. Ons wil nie sê dat ons hoogmoedig is nie, maar dit sal ons seker vergewe word as ons nie anders kan as om daaroor trots te voel nie.

(Bygevoeg deur Y. DROST, 26 AUG 2018)

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

view all

State President Charles Robberts Swart's Timeline

1894
December 5, 1894
Morgenzon, Winburgdistrik, Winburg, Oranje Vrijstaat
1982
July 16, 1982
Age 87
Bloemfontein, Free State, South Africa
????
President Brand Cemetery, Bloemfontein, Free State, South Africa