Wessel Schout/Pretorius

public profile

Is your surname Schulte?

Connect to 5,609 Schulte profiles on Geni

Wessel Schout/Pretorius's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Wessel Schout/Pretorius (Schulte)

Also Known As: "Praetorius", "Pretorius"
Birthdate:
Birthplace: Schüttorf, Münster, Lower Saxony, Germany
Death: Schüttorf, Niedersachsen, Deutschland (Germany)
Immediate Family:

Husband of Haasje Schulte/Schout and Haasje Lourensz Schout
Father of Barend Schulte/Schout and Barend Wesselszoon Schout/Pretorius

Managed by: Private User
Last Updated:

About Wessel Schout/Pretorius

A M Cracknell source: http://www.pretoriusfamilie.info/index.html

Pretorius - wie is ons en van waar Gehasi?

Bestaande navorsing het die oorsprong van die Pretoriusfamilie teruggetrek na die provinsie/staat Nedersakse in Duitsland. Die oudste voorouer wat ons tot dusver kan naspoor, is Wessel Schulte, wat in Schuttorf in die ryksgraafskap Bentheim, gewoon het. Schüttorf het reeds in 1295, 'n jaar voor Amsterdam, dorpstatus verkry. Dit was geleë streek wat gekenmerk was deur 'n gematigde klimaat, digte eikewoude en sandsteenbrûe. Schüttorf se ambagslui was ook georginseerd in gildes - leerlooiers, skoenmakers en andere.

Kort voor die begin van die 17e eeu, in 1596, aanskou Wessel Schulte se seun Barend Wesselszoon die lewenslig. Nadat hy sy opleiding as skoenmaker voltooi het, het Barend Shüttorf verlaat en hom in Leiden gevestig, moontlik om sy skoenmakerskuns te bevorder.

Voordat daar verder uitgebrei word op die Schulte/Pretorius geskiedenis, moet daar eers 'n ietwat vertel word oor die oorsprong van vanne in die algemeen en dié van Pretorius in die besonder. Verskeie eeue gelede is vanne algemeen bepaal deur die beroepe of professies wat mense beoefen het (Baker/Bakker, Smit/Smith), die plekke waarvandan hulle afkomstig was of geologiese areas (van den Berg, van der Merwe) en patronieme (Wessels - kind van Wessel, Richardson).

In die geval van Pretorius het die oorsprong en betekenis te doen met eersgenoemde. Ons moet egter begin by 'n van wat nie eintlik lyk of dit verwant kan wees nie, naamlik die Duitse van Schulte. In Duits beteken die van "Skildwag". Toe bogenoemde Barend Wesselszoon Schulte na Leiden trek, het hy die Hollandse van Schout aangeneem. Schout beteken ook wag (soos in Rembrandt se "Nagwag" of "Schout by Nacht"), maar dit was ook die titel van die amptenaar wat aangestel is om administratiewe take te verrig en regstoepassing te verseker - soortgelyk aan die huidige magistraat. Barend en sy vrou Aaltje Jansdochter se seun Wessel (* Okt 1614) het in 1636 by die Universiteit van Leiden ingeskryf, waar hy teologie studeer en later as dominee kwalifiseer het. Die praktyk in daardie jare was om, wanneer die universiteit betree word, 'n mens se van te ver-Latyns. Die Latynse ekwivalent van "schout" is "praetor" en Wessel (ook soms na verwys as Wesselius) het die van Praetorius aangeneem, wat later Pretorius sou word.

Om terug te keer na die geskiedenis: Nadat hy sy studies voltooi het, neem Wessel 'n beroep aan na die Hervormde gemeente in Ouddorp op wat vandag as Goerree-Overflakkee bekend staan. Hy sou daar as predikant diens doen van 1639 tot 1653. Op 16 Junie 1641 word hy in Haarlem in die eg verbind met Josyntgen Claesdochter van Egmont. Hierdie egpaar het 3 seuns en sewe dogters gehad - een seun en vier dogters is te Ouddorp gebore en 2 seuns en drie dogters in Emmerik, waar Wessel die laaste jare van sy bediening verrig het.

view all

Wessel Schout/Pretorius's Timeline

1540
1540
Schüttorf, Münster, Lower Saxony, Germany
1596
1596
Bentheim, Schüttorf, Niedersachsen, Deutschland (Germany)
1596
????
Schüttorf, Niedersachsen, Deutschland (Germany)