Willem Jacobus Prinsloo

Is your surname Prinsloo?

Connect to 8,027 Prinsloo profiles on Geni

Willem Jacobus Prinsloo's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Willem Jacobus Prinsloo

Also Known As: "Oude Willem", "Willem d'Oude", "Willem Prinslo"
Birthdate:
Birthplace: Paarl, Drakenstein, Caep de Goede Hoop, South Africa
Death: July 07, 1781
Bruintjieshoogte, Somerset East, Western District, Caep de Goede Hoop, South Africa (Died on an elephant hunt)
Immediate Family:

Son of Nicolaas Claes Gerrits Prinsloo, b3; Klaas PRINSLOO and Petronella Jordaan Prinsloo
Husband of Maria Elizabeth Prinsloo, (b4)
Father of Jochemus Johannes Prinsloo; Nicolaas Paulus Prinsloo; Pieternella / Petronella Krugel, (d2); Hendrik Frederik Prinsloo; Willem Jacobus Prinsloo and 3 others
Brother of Hendrik Prinsloo; Marthinus Prinsloo; Joachim Prinsloo; Aletta Catharina Prinsloo and Nicolaas Prinsloo
Half brother of Johannes Lodewyk Jordaan; Maria Petronella Taljaard; David Jordaan; Daniel Jordaan and Johannes Hendrik Jordaan

DVN: b3c3
Nickname: De Oude
Managed by: Private User
Last Updated:

About Willem Jacobus Prinsloo

Geslagsregisters van ou Kaapse Families Volume I A-M ISBN 7100 2009 0 Fourth Impression. 1970 and Volume II M-Z ISBN 0 86961 136 4. 1981.

Page 740

b2c3 Willem (PRINSLOO), ≈ 5.5.1715, x 19.10.1742 Maria Elisabeth KLOPPER

NOTE:- b2 Nicolaas is shown as b3 on Geni.com due to the addition of Aeltie PRINSLOO as b2 on the Geni.com tree.

(Added by Y. DROST, 2 JUN 2015)

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Willem Prinsloo was the first settler at Boschberg, later renamed Somerset East. The Dutch authorities held the Prinsloos responsible for “violences and annoyances“ against the Xhosa, which resulted in the first Frontier War (1779).

Several early explorers have left written records of their visits to Bruintjirshoogte; Swedish doctor and botanist Anders Sparrman in 1775, and Robert Gordon in 1777 and 1779. Sparrman stayed with elephant hunter Willem Prinsloo, the first recorded settler in Agter Bruintjies Hoogte - he settled here in 1771/2. Prinsloo's house was near the Bosch River some 4 km above its junction with the Little Fish River, probably on or near the site of the old stone house wrongly believed to have been Lord Charles Somerset's hunting Lodge - now 7 & 9 Paulet Street. This house is thought to have been one of the original farmhouses and to have probably been built by Robert Hart.

In December 1777, while on his second journey, Robert Jacob Gordon, a Dutch military man, reached "the farm of a certain Prinsloo. It is right at the foot of the Boschberg," and he passed by Prinsloo again on his third journey in October 1778. On 5th December 1777, Gordon met with the AmaXhosa, and their Chief Coba, in this area. Travelling over the Camdebo, over Bruintjies Hoogte and on to the Boschberg, then heading for the Great Fish River, Gordon frequently encountered trekboere and refers to these encounters in his immaculate and detailed journals Willem Prinsloo: b3c3 Willem Prinsloo (die oue) = Paarl 5.5.1715, grenspionier en veeboer † Bruintjieshoogte 7.7.1781 x Paarl 19.10.1742 Maria Elisabeth KLOPPER = 21.1.1720 d.v. Hendrik Frederik Klopper en Catharina Botha. 14 Februarie 2013, 10 (1) hierbo vermeld. Willem Prinsloo wat reeds in 1771 in die streek woonagtig was, was die eerste intrekker. Prinsloo het in Junie 1771 verlof ontvang om twee leningsplase in die Nieuweveld uit te neem, maar in 1772 het die regering tyding ontvang dat hy reeds agter die Bruintjeshoogte, dus ver buite die amptelike grens van die Kolonie, met sy vee staan. Hy vra op 10.11.1774 verlof om daar te mag bly, maar die verlof is eers op 11.7.1775 toegestaan en vir die volgende bykans 40 jaar was Boschberg die brandpunt van ontevredenheid en opstand aan die oostelike grens. Maar Prinsloo en sy plaas was gou bekend aan reisigers in die oosgrensgebiede. In Oktober 1776 ontvang hy besoek van Hendrik Swellengrebel (de Jonge) en Prinsloo en drie van sy seuns vergesel hom na die Xhosagebied. Vroeg Desember 1777 ontvang hy besoek van die avonturier en ontdekker Robert Jacob Gordon tydens sy tog na die (toe nog onontdekte) Oranjerivier. Patrick Cullinan wat Gordon se reise te boek gestel het skryf “ Whatever the opacity of Gordons style, we can take it that the meeting on this farm had been pre-arranged. He says he received his barometers here, so these must have been brought here by the committee members from the Cape. He tested them on the 2nd December, though no height for Bruintjeshoogte is shown on his map. However, the height of the next place he stayed at is shown on a drawing at the foot of the Bosberg. This farm belonged to Willem Prinsloo and is the site of present-day Somerset-East. Prinsloo was the first settler in the Agterbruintjeshoogte arriving there in 1771 without permission of the governor.” Ook Goewerneur J.A Van Plettenberg het hom besoek toe hy die Groot-Visrivier in 1778 as grens gaan vasstel het. Hoewel die grensboere verbied is om sonder verlof jagen ruiltogte te onderneem, het Prinsloo en seuns dikwels die gebod oortree. Tydens die eerste Grensoorlog (1779-1781) was Kmdt. Adriaan van Jaarsveld se basis op sy plaas. Dit is ook in die tyd wat Prinsloo oorlede is. Vyf Seuns en drie dogters is vir Prinsloo en sy egggenoot gebore, die seuns was almal betrokke by die opstande van 1795 en 1799. Die seuns sowel as van sy kleinseuns was ook by die Slagtersnekgebeure betrokke. Sy tweede seun Hendrik Frederik *ca 1746 is een van die rebelle wat by Slagtersnek tereggestel is op op 6.3.1816. Ook die latere Voortrekker Louis Trichard het ’n verbintenis met Boschberg deurdat hy hom in 1810 daar gevestig het tot en met 1814 toe die regering die plaas vir ’n bedrag van ₤105 - onteien het en in ’n proefplaas verander het. Hy was nog in die distrik woonagtig toe Lord Charles Somerset in 1825 die dorp Somerset op die ou plaas Boschberg uitgelê het. Raper meld ook ’n Klein-Bruintjeshoogte, maar verskaf geen verdere besonderhede t.o.v. van ligging ens. nie.

-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


GEDCOM Source

@R1200312375@ Ancestry Family Trees Online publication - Provo, UT, USA: Ancestry.com. Original data: Family Tree files submitted by Ancestry members.

GEDCOM Source

Ancestry Family Tree http://trees.ancestry.com/pt/AMTCitationRedir.aspx?tid=106302622&pi...

  • *************

Voortrekkers wat hulself gevestig het waar Pretoria vandag is:

Die Prinsloos (Bron sal in kommentare geplaas word):

"Familiegeskiedenis:
Die familienaam Prinsloo is afkomstig van 'Het Loo', die
naam van die landgoed van die Prins van Oranje by
Appeldoorn, Nederland. Die stamvader van die Prinsloos in Suid-Afrika, Adriaan Gerrits, het kort na die
volksplanting na die Kaap geëmigreer. Hy was afkomstig van Tergouw, Nederland. In 1682 is hy met 'n Nederlandse meisie, Alida Claassen, getroud. Hulle het drie kinders gehad. Die oudste seun, Nicolaas, se seun Willem (1715 -81), het hom in 1772 reeds buite die grense van die Kaapkolonie gevestig. Sy plaas was geleë aan die voet van Boschberg, agter Bruintjieshoogte naby die huidige Somerset-Oos. Willem, bekend as 'die Oue',
was 'n kranige veeboer en jagter. Sy plaas is deur talle
bekendes, onder andere Hendrik Swellengrebel en goewerneur l.A. van Plettenberg besoek (Figuur 2). Uit die joernaal van Dirk Gysbert van Reenen blyk dit dat die plaas in 1803 aan Willem, Willem die Oue se vierde kind, behoort het. Een van sy dogters, Maria Elisabeth, is met haar pa se broerskind, Hendrik Frederik Prinsloo getroud. Hulle huwelik is tragies beëindig toe Hendrik op 9 Maart 1816 as gevolg van sy aandeel in die Slagtersnek-opstand, tereggestel is. Maria is weer met 'n eie neef, Willem Petrus, getroud. Omdat hulle op die plaas Spreeukloof geboer het, het haar man die bynaam 'Willem Spreeu' gekry. Op 19 Februarie 1820 is die oudste van hulle vyf kinders, Willem Petrus Prinsloo, die nimlike Willem Wragtig, op die plaas gebore. Predikante was skaars aan die grense van die Kolonie.
Op 6 Augustus 1820 het Willem Spreeu en Maria hulle
seun te Cradock deur ds. Evans, 'n predikant van Skotse afkoms, laat doop. Cradock het in daardie stadium nog nie 'n eie predikant gehad nie, en is van tyd tot tyd deur ds. Evans besoek.9 Om hom van die talle Willem Prinsloos in sy familie te onderskei, het hy in later jare 'n bynaam gekry. Die 'Wragtig' of 'Wragtag' was afkomstig
van sy aanwendsel om dikwels 'wragtig' te se. Dit is destyds nie as 'n kragwoord beskou nie.

Deelname aan die Groot Trek:
In die dertigerjare van die negentiende eeu het talle
koloniste besluit om hulle heil in die binneland te gaan
soek. Willem Spreeu en sy gesin het hulle by die trekgroep van Gerrit Maritz aangesluit.VirTrekkerkinders het die veld hulle vernaamste leermeester geword. Die sestienjarige Willem was lid van die strafekspedisies teen die Matebeles (183~7). Een van sy beste vriende was Klein Piet, die seun van Piet Retief. Willem was van plan om P. Retief en sy geselskap in 1838 na Dingaan tevergesel, maar 'n maagaandoening het hom verhinder. So is sy lewe gered. Gevolglik kon hy
op 16 Desember 1838 aan die Slag by Bloedrivier deelneem, waarna hy en sy ouers hulle in Natal gevestig
het. Name van die Prinsloos kom in talle geskrifte uit die Trektyd, soos die dagboek van Erasmus Smit voor.
Gedurende 1842, nadat Port Natal deur die Britse magte beset is, het Willem Spreeu en sy kinders tydelik na Winburg verhuis. Hier is Willem in dieselfde jaar met
Johanna Maria de Lange (1822-19l9) in die huwelik bevestig. Sy was die dogter van Barend Jacobus, die
rustige, sagmoedige broer van Hans Dons de Lange, en
Petronella Aletta, Barend se vurige vrou. Talle staaltjies oor die egpaar met die uiteenlopende geaardhede het bewaar gebly. Johanna se suster, Petronella Aletta de Lange (Figuur 3), is in 1849 met kommandant-
generaal Andries Pretorius getroud. Die De Langes was
ook uit die Bruintjieshoogte omgewing afkomslig en het
die Prinsloos moontlik van daar af geken. Volgens
oorlewering was Willem se troetelnaam vir sy vroutjie
'Juffrou'.18 Pioniersjare in Transvaal:Willem Prinsloo, sy bruid, en sy ouers het besluit om na Potchefstroom te verhuis. 19 By Deelkraal, aan die Mooirivier, is hulle eerste twee dogters, naamlik Johanna Maria (1842.06.22) en Maria Elizabellha, gebore.
Willem kon maar nie tot rus kom nie. Na drie jaar verhuis hy na die Apiesrivier omgewing by die huidige
Pretoria en in 1845 trek hy en sy gesin saam met A. H. Potgieter na Ohrigstad. 'n Plaas is aan hom toegeken, maar as gevolg van die inwoners se voortdurende struwelinge, was hy nie gelukkig daar nie. 'n
Geweldige haelstorm was die laaste strooi wat hom na
drie jaar besluit het om na die omgewing van die Apiesrivier terug te keer. Aanvanklik het hy by sy neef, Willem Hans Prinsloo, uitgespan, waar die voorslad Gezina (Pretoria) vandag geleë is. Hy het na sy ouers
verlang en per boodskapper 'n brief na hulle gestuur
om hulle te smeek om Potchefstroom te verlaat en na Pretoria te verhuis. Willem Spreeu het aan die versoek
voldoen en die familie was herenig. Die ou heer (Willem
Spreeu) was 'n befaamde meubelmaker en kon fyn inlegwerk met ivoor en ligkleurige houtsoorte doen. Willem het skynbaar die talent geërf, want volgens familieoorlewering het hy meubels met inlegwerk vir sy vriend, Paul Kruger, gemaak. Hoewel Pretoria in die vyftigerjare nog 'n klein dorpie was, was daar volop vermaak vir die inwoners. Die
meeste van hulle was vriende en familie van mekaar en daar is oor en weer gekuier en musiek gemaak. Daar word vertel dat wanneer daar nie genoeg gaste by 'n geleentheid opgedaag het nie, 'n paar loskruitskote in die lug afgevuur is om nog bure nader te roep. Die oud-
Trekker, Jan Booysen, en sy vrou wat naby die huidige
Hercules gewoon het, het sanglesse aangebied en gereeld musiekaande gehou. Toe Willem een aand die
noot te lank met sy sterk stem hou, het Booysen effens vies uitgeroep: 'A nee a, Willem Wragtig, draai dan nou man, draai dan nou! Op 5 Augustus 1849 is die Prinsloos se eerste seun,
Willem Petrus (Lang Wiilem) (Figuur 4), op Kromdraai,
distrik Pretoria, gebore. Die eerste plaasskool in die
omgewing is op die plaas Heuningkrans geopen en die
Prinsloo-kinders het hier begin skoolgaan.

Jagter en ontdekkingsreisiger:
Willem Prinsloo se groot liefde was om te jag. Waar
Pretoria vandag geleë is, was roofdiere in die veertigerjare van die vorige eeu nog volop. Verhale van Willem se onverskrokkenheid en noue ontkomings word vandag
nog oorvertel. 'n Astrante leeu wat op 'n keer 'n vers uit
Willem se takkraal gesleep het, is deur 'n jagparty agter-
nagesit. Willem het besef dat die wind vir die jagters
verkeerd waai en was besig om sy vriende te waarsku toe die Ieeu hulle skielik bestorm. Josef Fourie, oupa
van Jopie Fourie, se pangeweerskoot het die leeu gemis. Willem het geskree dat Fourie na links moes koes sodat hy die leeu kon skiet, maar Fourie het tussen hom en die leeu gebly tot die leeu Fourie omgespring het. Die oomblik toe die leeu wou byt, het Willem sy sanna teen
die dier se kop gedruk en gevuur. Die leeu was dood en
hoewel die koeël deur sy karkas gegaan en Fourie ver-
wond het, was Fourie se lewe gereed. Die jagveld het Willem ook nie te genadig behandel nie. Nadat hy op 'n keer 'n buffel gekwes het, het die dier hom bestorm. Wanhopig het hy die buffel beetgepak. Al sy krag ten spyt kon hy nie veel uitrig nie. Willem is teen 'n boomstam vasgedruk. Die boom was gelukkig dik en knoetsig en hy kon sy lyf tussen die gebreekte takke inwikkel dat die buffel hom net skrams kon bykom. Die dier het die stryd later gewonne gegee. Willem was inwendig beseer en het baie bloed verloor. Vir maande daarna kon hy net met krukke oor die weg
kom. Jagtogte kon weke lank duur. Die jagters het waens op hulle ekspedisies saamgeneem om die jagprodukte na
handelsmarkte te vervoer. Die produkte is meestal vir
ander gebruiksvoorwerpe geruil. In 1851 het Willem so
'n tog na die Ngamimeer (nou in Botswana) meege-
maak. Die leier van die geselskap was Jan Viljoen, 'n
kennis uit Willem se verblyftyd by Winburg. Marthinus Swartz en Petrus Jacobs het ook saam gegaan. Na bewering het hulle die Victoriawaterval bereik lank voordat David Livingstone dit in 1855 amptelik ontdek het. Livingstone het later beweer dat die geselskap wapens
en ammunisie aan die inboorlinge verhandel het, maar dit was blykbaar 'n misverstand. Die jagters was wel op goeie voet met die inboorlinge en het toestemming van hulle gehad om in die jaggebied te jag. In 1883 het Willem weer die Ngamimeer besoek, maar hy het hom op sy oudag eerder op sy boerdery toegelê. In sy doodsberig in De Volkstem, 27Augustus 1898 word gemeld dat hy lid van die Mahoempa kommando was - moontlik die kommando onder Paul Kruger wat in 1858 gestuur is om teen Mahura, 'n kaptein van die 'TInaping, op te tree.

Sy swak gesondheid het
hom daarna egter van deelname aan enige militere aksie weerhou. Tydens die Jameson-inval van 1895-6 kon hy slegs finansiële steun aan sy landgenote gee.

Goudkoors:
Op 31 Januarie 1873 het Prinsloo die plaas Modderfontein (naby die latere Benoni) van E.M.K. Struben vir £300 sterling gekoop. Ongeveer 15 jaar later is goud op die plaas ontdek. Hoewel mynmaatskappye Willem genader het om die plaas te koop, het hy geweier. Sy rus en vrede op sy plaas was vir hom veel meer werd as die
geld. Vriende het hom gewaarsku dat die voornemende kopers hom sou vergiftig om die grond in die hande te kry. Toe 'n besigheidsman 'n kissie droë vrugte aan Willem stuur, het hy die vermanings onthou en alles in 'n droë put laat gooi! Eindelik het die druk vir hom te veel geword. Op 19 Junie 1894 het hy die plaas aan 'De
Modderfontein Restante Syndicaat' vir £21 000 sterling verkoop. Sy seun, Lang Willem Prinsloo, en mnr. Lionel Phillips het as agente vir die twee partye opgetree. Volgens oorlewering het Willem versoek dat 'n melkkoei
by die koopsom ingesluit moes word. Hy het die koei
aan sy vrou gegee, wat haar 'Makbees' genoem het.
Makbees was 'n geliefde dier in die huishouding. 'n Mens kon net haar naam roep, dan het sy na die agterdeur geloop en gebedel vir 'n sny brood met botter en konfyt.

Die skielike rykdom het geen verskil aan Willem se optrede en lewenswyse gemaak nie. Hy het streng, maar vrygewig gebly. Aanvanklik het hy sy geld aan die Standard Bank in Johannesburg toevertrou. Uit wantroue in die stabiliteit van die bankwese het hy, die bankbestuurder se smekinge ten spyt, al sy geld onttrek. Tuis het hy dit in die voorhuis gehou in die nabyheid van 'n gelaaide geweer. Mnr. Koos Rood, werknemer van 'n mynmaatskappy, was getuie daarvan dat Willem die geld ruimskoots aan sy kinders uitgedeel het wanneer hy gemeen het dat hulle dit benodig het.

Laaste jare:
Willem Prinsloo het die grootste gedeelte van sy geld gebruik om plase vir hom en sy kinders te koop. Die plaas Kaalfontein, naby Rayton, het hy in Oktober 1889 uit die boedel van Frederick William Munro gekoop. In destydse terme was dit 2 802 marge groot. Die Prinsloo-gesin het 'n kort rukkie in die woonhuis, wat in 1882 deur Bap Massyn en Koos Koekemoer gebou is, gewoon (Figuur 5). Daarna het hy na Zorgvliet, in dieselfde omgewing verhuis. Die plaas het hy reeds in
1887 van Frederik Hendrik Geyser gekoop. Winterweiding was skaars rondom Pretoria. Die boere
het gevolglik in die winter met hulle vee na die Laeveld
getrek. Die hele gesin was normaalweg by so 'n trek betrokke. Die meisies moes die skape en die mans die
beeste aanjaag en versorg. Willem het sy diere na plase
in die Waterberg-distrik geneem. Sy oudag het hy dus rustig as boer, met sy nageslag, deurgebring. In
1878 is sy vader, Willem Spreeu, oorlede. Willem het as eksekuteur van die boedel opgetree. Volgens gewoonte het een of meer van Willem se kleinkinders nou by hom en sy vrou ingewoon om ligte takies te help verrig. Hy het graag staaltjies uit sy kleurryke verlede aan die kinders vertel, waarvan talle nog in die nageslag se
herinneringe leef. Een daarvan lui dat hy die gewoonte gehad het om altyd 'n graaf saam met hom te neem. Hy was blykbaar bang om onverwags te sterf op 'n plek waar daar nie 'n graaf sou wees om hom mee te ruste te Iênie.Reeds in die negentigerjare is diamante in die omgewing van Bronkhorstspruit ontdek. Die bekende prospekteerder, Sir Thomas Cullinan, het 'n deel van Willem se grond as diamantdraend geïdentifiseer. Hy het In
werknemer gestuur om 'n aanbod vir die grond te maak, maar Willem het geweier om na hom te luister. Toe die man met 'n tweede aanbod op die plaas aankom, het Willem hom selfs met 'n geweer gedreig om van hom ontslae te raak. Die hardnekkige weiering het legendes laat ontstaan oor die reuse Boer wat sy grond met krag en bloed teen die geldhonger prospekteerders verdedig het (Figuur 6)! Na Willem se dood het sy dogter Maria Elizabettha sy plaas Elandsfontein geërf. In 1902 het sy dit aan 'The Premier (Transvaal) Diamond Mining Company Limited' verkoop. Premiermyn, die wêreld se
grootste enkele diamantmyn, het op die wyse ook 'n verband met die Prinsloos. In 1905 is die Cullinan-diamant
in die myn gevind waarvan 'n deel in die Britse koninklike septer en 'n deel in die Imperiale kroon te siene is.
Willem se gesondheid het mettertyd baie versleg. Hy
het veral las van jig gehad. Dit was vir hom te ver om die
warmbronne by Warmbad te besoek om verligting te kry. Hy het dus 'n groot houtbad laat maak en dit gereeld met warm klippe en water gevul om 'n 'natuurlike waemwaterbad' te maak. Mev. Mollie Louw, een van sy
nasate, het die bad aan die Nasionale Kultuurhistoriese
en Opelugmuseum geskenk, waar dit tans bewaar word.

Uit den tijd naar de eeuwigheid ... '
Ten spyte van pyn en Iyding het Willem se geloof in sy
Skepper nie verswak nie. Die oggend van 20 Augustus
1898 het hy van sy familie afskeid geneem en gesterf. 'n Week tevore het hy reeds besluit dat Psalms 89:19 &
,103:8 op sy begrafnis en Psalm 72:11 by sy graf gesing moes word. Die voorlesing moes uit Job 14 kom, waar Job God vra om verlos te word van sy lyding. Die begrafnis het plaasgevind op sy plaas Zorgvliet, waar hy sy
laaste jare deurgebring het. Sy doodsberig in De
Volkstem lui:
'Aan vrienden en bloedverwanlen wordt bekend gemaakt dat het den Almachtigen God van Leven en Dood behaagd heeft, om mijn teeder beminden echtgenoot Willem Petrus Prinsloo uit den lijd naar de eeuwigheid weg Ie nemen, op den 20en Augustus 1898, ill den ouderdom van
78 jaar, 6 maanden en 1 dag.' In 'n doodsberig wat in The Pretoria News verskyn het,
is Willem Prinsloo as 'n onverskrokke jagter en een van die rykste Transvalers beskryf. Daar word ook vermeld dat hy die respek van sy landgenole geniet het, wat 'n aanduiding van sy eerbare karakter is.

Nalatenskap:
Willem Prinsloo het inderdaad as welgestelde man gesterf. Hy het onder meer £13 094 kontant, £693 se roerende eiendom, 16 plase, en 'n erf in Pretoria aan sy weduwee en agt kinders nagelaat. Die afhandeling van die boedel het geskied volgens die egpaar se bepalings in hulle gesamentlike testament
van 19 Oktober 1897. Willem se roerende eiendom het
die mees elementêre gebruiksvoorwerpe 500 'n bed en 'n klerekas ingesluit, asook weelde-artikels byvoorbeeld '3 huis klokke', '5 Goude Horlogies', en '3 Zilver Horlogies' (Figuur 7). Willem se vrou, Johanna Maria, is op II Junie 1919 in
die ouderdom van 96 jaar en 10 maande op Zorgvliet
oorlede. Die naam Willem Prinsloo het egter nie in die
vergetelheid versink nie. Die kleindogter van sy seun,
Lang Willem, mev, Miertjie Ie Roux, het in 1976 16 ha
van die plaas Kaalfontein aan die Nasionale Kultuurhistoriese en Opelugmuseum geskenk, nadat haar enigste broer oorlede is, het sy besluit dat die ou werf en opstal vir die nageslag bewaar moes word. Sy het haar besluit
om die aan die Museum te skenk, soos volg toegelig:
'In elke mens is daar 'n behoefte om dit wat jou
voorouers swaar bymekaar gemaak en onder
moeilike omstandighede opgepas het, te bewaar.

So het die Willem Prinsloo-landboumuseum tot stand gekom. Nie net word die landbougeskiedenis van Suid-Afrika in hierdie museum uitgebeeld nie, maar dit is terselfdertyd 'n lewende monument vir Willem Petrus
Prinsloo en sy mede pioniers."

view all 14

Willem Jacobus Prinsloo's Timeline

1715
May 5, 1715
Paarl, Drakenstein, Caep de Goede Hoop, South Africa
May 5, 1715
Paarl, Drakenstein, Caep de Goede Hoop, South Africa
May 5, 1715
Paarl
May 5, 1715
Paarl, Rsa
1743
August 25, 1743
Stellenbosch, Caap de Goede Hoop
1744
September 1744
Stellenbosch, Dutch Cape Colony, South Africa
1746
September 4, 1746
Of, Swellendam, Cape Of Good Hope, South Africa
1749
December 25, 1749
't Land van Waveren (Tulbagh from 1804), Cabo de Goede Hoop
1752
February 13, 1752
Kloppersbos, Hexrivier, South Africa