Start My Family Tree Welcome to Geni, home of the world's largest family tree.
Join Geni to explore your genealogy and family history in the World's Largest Family Tree.

Van der Walt family of South Africa

Project Tags

This project is designed to collect Research Information, Discussions, Queries etc on the Van der Walt family of South Africa.

Core profiles

Overview of Family History / Progenitor Details

Geale Andriesz Van der Walt

Gebore ongeveer in 1705 Veenwouden, Friesland, Die Nederlande en gesterwe tussen 13.02.1757 en 18.02.1757. Op 52 jarige ouderdom. Hy was die seun van Andries Gaelezoon 1671 en Hinke Klazes. In die wildschuttenboek op 18.02.1757 word na Johanna Weyers verwys as weduwee van Geele Andries – of dit korrek was kan ons nie sê nie omdat daardie tye ook foute in registers was. Sy testament is op 17.03.1757 aan die Weeskamer vertoon.

Gaele Andriesz arriveer 1727 as matroos in diens van die VOC en word in 1730 kwartiereester steeds in diens van die VOC. Hy werk vir tien jaar as boerekneg steeds in diens van die VOC en kry in 1745 sy vry burgerskap na sy 3de kind se geboorte. Uit die inligting tot my beskikking aanvaar ek, dat Gaele die oudste kind van sy ouers was. Die naam Gaele word nie oorgedra aan sy kleinkindes nie maar wel “Michael Andries” dit blyk ook dat Gaele bekendgestaan het het as “Andries” . By die vernoeming van sy kleinkinders wil dit voorkom of hy bekend gestaan het as Andries en nie Gaele nie?

Sy geboortedatum sowel as sy sterfdatum kon nie gekry word, Die doopregister is eers in 1706 aangelê en die doderegister is eers in 1757 aangelê.

Waar- en wanneer Gaele pressies oorlede is, is onbekend. Hy arriveer 75 jaar nadat Jan van Riebeeck die nedersetting gestig het aan die Kaap van Goeie Hoop. In 1755-1757 het pokke die lewe van 963 blankes en 870 slawe geëis hoofsaaklik in die Kaap, dit laat ‘n mens wonder of Gaele ook dalk daaraan kon sterf.

Gaele kry ‘n leningsplaas in 1747 op “Uitkyk” ook bekend as “Boplaas” Sutherland. Die term “kwartiermeester” was destyds ’n persoon wat vir die proviand in militêre diens sorg, dit was wat Gaele gedoen het by Vishoek.

Tydlyn

  • Aankoms 1727. Gaele se naam verskyn in die monsterrol van 1727 as Matroos Geele Andriesz, dit is in dieselfde jaar as goewerneur Pieter Gijsbert Noodt, wat op 13.02.1727 voet aan wal gesit het. Dit kan hieruit afgelei word dat hy nie vir sy passaat na die Kaap gewerk het nie maar was ‘n matroos in diens van H.O.I.K. Die Politieke Raad het 6 Oktober 1716 besluit om nie weer die kontrak aan burgers te verleen nie maar om met sy eie bote en matrose vir die slawe se vis te sorg.
  • 1729. In 1729 verskyn sy naam in die monsterrol as MATROOS Geele Andriesz in die pos van poshouer by die buitepos Vishoek en hy is in bevel van 4 matrose.
  • 1730. In 1730 gee die monsterrol Geele Andriesz aan as die poshouer in die pos van kwartiermeester by die buitepos Vishoek en in bevel van 3 matrose. Hier word die eerste keer na hom verwys as kwartiermeester.
  • Buitepos Vishoek. Gaele se verblyf van 1729 tot 1734 by die buitepos Vishoek, suid van Kalkbaai en aan die westekant van Valsbaai. Ons kan aanvaar dat hy sedert sy aankoms in 1727 op Vishoek gewerk het.
  • 1731 tot 1734. Die monsterrolle van 1731 tot 1734 word Gaele Andriesz vermeld as kwartiermeester in die pos by Vishoek, met 4 matrose wat onder hom werk. 1734 tot 1742 met sy huwelik. Na Gaele Andriesz se ontslag as kwartiermeester in 1734 werk hy tien jaar as ‘n “Boerekneg”.

Johanna Weyers

Johanna Weyers het 12 kinders gehad. Sy was die Stammoeder van die Van der Walts (8 kinders) en die Lessings (4 kinders).

Bron: Van der Walt Geneologie deel 2- van 1598 tot hede Outeur: CM van der Walt

Queries & Discussion

To participate in this project===

  1. Firstly use the 'Actions' drop down menu at the top right of the screen and Join the Project. If this option is not available to you then contact a collaborator and ask to be added to the project.
  2. Next open the edit tab on the project page and add your Query or Finding to the list below. Project Help: How to add Text to a Project - Starter Kit
  3. Also start a Discussion on the profile in question, and, if you can, link that discussion to the entry you have added below.
  4. Yell to any of the Collaborators on this project, or to any of the Curators listed on WELKOM CUZZINS if you get stuck - We want to help you get this right.

Resources

  • Van der Walt Geneologie deel 2- van 1598 tot hede Outeur: CM van der Walt

Jump Back to:

See Also Related Geni Project Pages: