Start your family tree now Is your surname Lötter?
There are already 86 users and 2,369 genealogy profiles with the Lötter surname on Geni. Explore Lötter genealogy and family history in the World's Largest Family Tree.

Lötter Genealogy and Lötter Family History Information

‹ Back to Surnames Index

Create your Family Tree.
Discover your Family History.

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!
view all

Profiles

  • Alida Aletta Lotter (1849 - 1899)
    Death Notice Died 18 April 1899 Married to Willem Christian Lotter Daughter of Johannes Stephanus Celliers and Alida Aletta Stoffberg
  • Anna Sophia (Dolly) Lötter (1915 - 1996)
    My grandmother had an INTENSE dislike of her name, despite it being a cherished family name, she was known as Dolly by all her family and friends. She was also insistent that the trema (two dots) are r...
  • Geertjie Weyers (1884 - 1929)
    Death notice TAB MHG 69073/29
  • Maria Catharina Buys (1833 - 1924)
    DN/SK KAB 8707 Shows her married to Adriaan Petrus Marais KAB 8707

About the Lötter surname

Lötter die familienaam

Oorsprong van familiename

Familiename* het eers sowat ‘n 1000 jaar gelede gebruiklik geword. Tydens die middeleeue (300 tot 900nC), waar nedersettings baie klein was en mense nie ver van hul geboorte plek getrek het nie, was daar geen nut vir familiename nie. ‘n Persoon is uitgeken aan sy noemnaam en indien ‘n onderskeid getref moes word sou ‘n van bygevoeg word. Selfs konings het net een naam gehad. Beroepe, plekname, fisiese beskrywings of ‘n patriargale naam is as vanne gebruik maar nie geërf nie. Met die bevolkings ontploffing in Europa vanaf die 1100s het die gebruik van vanne meer gebruiklik geword. Die gebruik van oorerflike vanne het eers in adelike families begin. Die erfgenaam sou die familienaam verder dra as bewys van die eersgeborene se reg tot die familie se erfgoed. Dikwels het ‘n groep mense die naam van die landheer aangeneem.

  • Familienaam instede van die woord van

Oorsprong van Lötter

Waar die oorsprong van die familienaam Lötter vandaan kom is nie so seker nie en verskeie teorieë bestaan. Die algemeenste opvatting is dat Lötter van ‘n patriargale naam ontstaan het. Lötter kom al sedert die 12de eeu in Beiere voor, en is uniek aan die streek en het nêrens anders in Europa ontstaan nie. In 1879 het Carl Lotter in sy boek, Stammbaum der Familie Lotter die volgende gemerk dat Lotter en vorme daarvan veral in stede soos Augsburg, Regensburg, Leipzig, Nürnberg en Basel, gelëe in die hertogdomme van Beiere, Swabe en omgewing volop voorkom.

Daar is verskeie patriargale noemname waarvan Lötter afgelei kon word:

Lötter is van die noemnaam Lothar afgelei. Dit is deur spelfoute en streeks uitspraak so vervorm. Lothar het sy oorsprong van die Germaanse noemnaam Hludhar, wat beroemde oorlog en Hludwig wat beroemde kryger beteken is gewoonlik toegeëien is deur strydlustige persone. Hlud, befaamd + har(heri) wat oorlog beteken. Hlud is ‘n Germaanse woord van die middeleeuse tale, Oud Saksies en Oud Frisies en kom ook in ander antieke en Europese tale van vandag voor - AngloSaksies. hlud, OudHoogDuits. lut, Duits. laut, Hollands. Luid, OudEngels. loud, lud, Latyns. clutus, Grieks. Klyto en Sankrit. çru. Die betekenis in al die bogenoemde gevalle is beroemd of luid.

Lötter kon ook van die noemnaam Lutz afgelei gewees het. Hlud was ‘n baie populêre Germaanse noemnaam en Lutz het so vervorm as gevolg van spelling en uitspraak. Lötter is ‘n verkleining, aangedui met –er, van die naam Lutz.

Lötter kon ook van die noemnaam en familienaam Lötz afgelei gewees het. Die familienaam Lötz kom regoor Duitsland en selfs in aangrensende lande voor. Die “z” is bygevoeg om om die verkleing aan te dui, seun van Löt.

Uitspraak

Die umlaut op die o dui ‘n klinker mutasie aan en word uitgespreek asof dit ‘n samesmelting is van die “oe” in moeder en die “u” in brug. Lötter is eers geskryf met ‘n klein e op die o om die klinkermutasie aan te dui. Die umlaut op die ö het eers in die 14de eeu ontstaan. Dit word op die wyse aangedui en vervang die letter e op die o om die uitspraak aan te dui.

Loetter word afgelei van Lötter. Johannes Cornelius Lötter 1875 - 1901, se van word was ook soms as Loetter gespel. Die e op die o om die klankmutasie aan te dui was soms as LOeTTER gespel, veral op vroeëre tikmasjiene vanwaar die verwarring ingekom het.

Ander vorms van Lötter

Lotter sonder die umlaut kom ook in Beiere voor en is moontlik ‘n variant van Lötter, die umlaut het moontlik verlore gegaan met spelling.

Lotter kom ook in die ooste van Frankryk in die Elsas-Lorraine gebiede voor. Die deel van Frankryk was voorheen deel van die huidige Duitsland.

Carl Lotter skryf ook dat Tobias Lotter, sy voorvader, sy van as Lothar en die Latynse vorm Lotharius gespel het. En dat die vanne Lother, Loter, Loder, Lodter en Lotther ook in Beiere voor kom. Hy skryf ook dat ander variasies wat met Lotter verbind kan word is Lotterer, Lötterle, Lottner, Lotten en von Lottersberg is.

So ook is Lutter en Loetter.

Lotter kom ook in Engeland voor en het sy oorsprong in die beroep, Engels Lotter, iemand wat wol bymekaarmaak en verkoop. Dit het egter geen verwantskap met die Duitse Lötter nie.

Lottering in Suid-Afrika het geen verbintenis met Lötter nie.