SV/PROG Prof Ds Jan Lion-Cachet

How are you related to SV/PROG Prof Ds Jan Lion-Cachet?

Connect to the World Family Tree to find out

SV/PROG Prof Ds Jan Lion-Cachet's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

SV/PROG Prof Ds Jan Lion-Cachet

Also Known As: "Ou Oom Jan", "Prof Jan"
Birthdate:
Birthplace: Krom Boomssloot 3, Amsterdam, Amsterdam, Noord-Holland, Netherlands
Death: September 21, 1912 (73)
Potchefstroom, Southern DC, North West, South Africa
Immediate Family:

Son of Salomon / Shlomo Zalman Kalman / Klonimus Lion Cachet and Rachel Cachet
Husband of Zwaantje Postma; Catherina Cachet (Viljoen) and Martha Sophia Viljoen, SM 3
Father of Dirk Lion-Cachet; Ida Geertruida Lion-Cachet; Calman Efraim Lion Cachet; Petrus Lion Cachet; Anna Mirjam van der Walt and 2 others
Brother of Anna Lion Cachet; Ds. Frans Lion Cachet; Carel Lion Cachet; Anna Cachet and Marianne Catharina Lion Cachet

Occupation: went to South Africa 1860, minister in the Gereformeede Kerk in Zuid Afrika in Rustenburg, Burgersdorp,Philipstown and Steynsburg, head of theological college at Burgersdorp til1905 and then until 1911, in Potchefstroom, journalist and author of many thro
Managed by: Private User
Last Updated:

About SV/PROG Prof Ds Jan Lion-Cachet

Author of many Theological Works and Pioneer of Afrikaans literature (poems and novels):

"Sewe duiwels en wat hulle gedoen het" (https://repository.nwu.ac.za/handle/10394/13859 (28.26Mb))

Cachet, Jan Lion, predikant en skrywer. 1838: Gebore op 29 November in Amsterdam. 1860: Land in Kaapstad en gee 'n jaar onderwys in ,,'t School tot nut van 't Algemeen".

1865: Versoek ds. Dirk Postma om horn vir die bediening op te lei.  1869: Word aan die pas gestigte Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk op Burgersdorp aangestel.
1873: Sy eerste uitgawe van De /Yfaandbode, 'n  maandblad vir die Gereformeerde Kerk, versky'n. 1875-83: Predikant op Philipstown.
1882: Hy skryf Di Drankduiwel en Di Geldduiwel. 1883: Die gemeente Steynsburg berocp horn.
1890: Word professor aan die Teologiese Skool op Burgersdorp.  1892: Publiseer Di Spogduiwel ..  1894: Word redakteur van Het Kerkblad, orgaan van die Gereformeerde Kerk.  1904: Verhuis saam met die Teologiese Skool na Potchefstroom.  1907: Sy Sewe Duiwels en wat hulle gedoen het vel'skyn.  1912: Oorlede op Potchefstroom op 12 September. 

Uit Afrikaanse Kinder Ensiklopedie Deel XI 1962

Aanvullende Bronne

  1. Geboorteakte - https://familysearch.org/pal:/MM9.3.1/TH-267-12530-57269-25?cc=2020...
  2. Huwelik met Zwaantje Postma - https://familysearch.org/pal:/MM9.3.1/TH-267-12046-88618-94?cc=1918...
  3. Grafsteen - http://www.eggsa.org/library/main.php?g2_itemId=1931665&g2_imageVie...

29 November 1838 | Prof. Jan Lion Cachet in Amsterdam gebore

Prof. Jan Lion Cachet (oorlede op 21 September 1912 op Potchefstroom) was ’n predikant en professor in die Gereformeerde Kerk en ’n vroeë Afrikaanse skrywer en digter.

Hy is gebore uit Joods-Portugese ouers as die jonger broer van ds. Frans Lion Cachet. In 1849 het die gesin oorgegaan na die Christendom. In 1861 emigreer Cachet na Suid-Afrika as onderwyser.

Hy het hom as predikant bekwaam en later ’n professor geword aan die Teologiese Skool op Burgersdorp, waarvan prof. Dirk Postma die rektor was. In 1905 het hy saam met die teologiese skool na Potchefstroom verhuis en sewe jaar later is hy oorlede.

Dr. B. Spoelstra beskryf Cachet in die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek as 'n ernstige, stigtelike en boeiende verkondiger van die evangelie. As professor was hy die gemoedelike en toeganklike wat met sy wye Skrifkennis, liefde vir die geskiedenis en praktiese lewenskuns predikante vir diens aan kerk en volk gevorm het, pleks van teoloë.

Hy was trots om Jood, Nederlander en Afrikaner te wees, 'n veelsydige en belese mens, 'n skerp en simpatieke waarnemer met kritiese sin, 'n stille leier op kerklike, politieke, opvoedkundige en kulturele gebied, gelykmatig en beheers van temperament, soms geneig tot swaarmoedigheid, maar getemper deur geestigheid en vriendelikheid.

In die omgang was hy nederig, opvallend eenvoudig geklee, 'n roepingsbewuste kerkman en volksman.

In Februarie 1909 ontvang hy van koningin Wilhelmina van die Nederlande die offisierskruis in die Orde van Oranje-Nassau.

Hy word veral onthou vir sy gedig, "Di Afrikaanse Taal", wat in 1896 in Ons Klyntji verskyn, en later in sy prosawerk “Sewe duiwels en wat hulle gedoen het” gepubliseer is.


Sterfkennis: https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS4V-J9DB-P?cc=252..., getikte kopie:
https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSQ6-1KBW?i=501&cc...

Beide bevat verskeie foute.

Sy ma se van was Hamburger, nie Cohen nie.

Verder helaas is die tikskrif van ‘n swakker gehalte as die handskrif: Zwaantje Postma se van kan maklik as Botma gelees word, maar die tikster kom toe op met Bst-ma (die afbreking is regverdigbaar) Met Anna Miriam Van Der Walt is die foutiewe “Merwe” nie duidelik genoeg deurgehaal nie. Hoekom nie maar net heeltemal weglaat nie.

Die van Lion-Cachet het ‘n interessante maar ingewikkelde oorsprong. Die familie was oorspronklik Joods en afkomsitig van Silesië, ‘n streek vandag hoofsaaklik in Pole met klein dele in Duitsland en die Tjeggiese Republiek. Die Lion gedeelte is ‘n variasie van wat in Engels vandag Lev(e)y gespel word. Jan Lion-Cachet se oupa was ‘n kasjetsnyer (stempelmaker). “Hy was ‘n kasjetsnyer van beroep en toe sy seun Calman Lion op 13 Desember 1811 ’n van moes aanneem, het hy op Cachet besluit, alhoewel Calman Lion die eienaar van ’n “tabaksaffaire” was, volgens FN Lion-Cachet in Buurman van Desember 1974 – Februarie 1975.” [1] Uiteindelik het die van op Lion-Cachet gestandaardiseer. Alhoewel nie volop nie, is daar heelwat mense in Suid-Afrika wat hulle van op sosiale media almal so spel. Die uitspraak weet ek nie, moontlik lion soos in leeu op Engels en kasjet soos in Afrikaans. So was die plein op die Bult in Potchefstroom inelkgeval uitgespreek in my studentejare (1977-1981).

eGGSA se graftefotodatabasis hanteer die "Lion" gedeelte as 'n voorvoegsel vir liasseerdoeleindes omdat hulle onder die hoofwoord liasseer op die Nederlandse wyse (vir enige taal van oorsprong). Lion-Cachet moet eerder as 'n dubbelloopvan beskou word. Sommige mense was wel net Cachet. Dat dit verwarrend was, blyk uit Jan se eerste vrou Zwaantje Postma se sterfkennis waar "Lion" agterna ingevoeg is.

Daar is geen gronde vir die stelling “Lion Cachet is van Frans-Joodse afkoms” deur Strauss [2] nie (betreffende Jan se broer). Dit lyk miskien Frans soos in die stad Lyon (li-jô) en ekself sou Cachet as “kasjy” wou uitspreek.

Jan Lion-Cachet en sy 2 Viljoen-vrouens (hulle was niggies van mekaar) behoort die stamouers van die meeste Lion-Cachets in SA te wees. Zwaantje s'n is as kinders oorlede. Volgens SAF 2018 het ene Dirk egter ook die land binnegekom in 1925: Dirk Lion-Cachet * Vreeland, Nederland 14.12.1903 (C.A.-sn) a. 1925 v. Nederland x c. 1933 Jeanne LION-CACHET (P.-dg) Sien Jeanne Lion-Cachet.

Sy kleinseun Prof Francois Nicholas Lion-Cachet was ook ‘n prominente teoloog. Verder sluit sy nasate of hulle gades vandag ‘n diverse aantal beroepe in, o.a. dokters, ‘n jaguitruster en ‘n kunskurator. Lg, Francois, 'n agter-agterkleinseun, is ook die redakteur van Klyntji, ‘n alternatiewe” druk- en elektroniese (Klyntji.com) herlewing van die oorspronklike tydskrif. Maar ja – was die taalbewegings nie ook ‘n weerstand teen die status quo nie? Prof Jan kom ook oor as ‘n “maverick” met sy manier van klasgee en hy was ‘n litirêre kunstenaar!

Bronne:

1. Erika Terblanche. Jan Lion Cachet (1838–1912) ATKV|LitNet-Skrywersalbum. 2014-11-20 https://www.litnet.co.za/jan-lion-cachet-1838-1912/

2. Strauss, Piet. Frans Lion Cachet en die herstel van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Zuid-Afrikaansche Republiek rondom 1866. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.4 [cited 2020-09-16], pp.455-470. Available from: <http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47...>. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n4a1.

Asook sy Wikipedia-inskrywing: https://af.wikipedia.org/wiki/Jan_Lion_Cachet

Bygedra deur David Abraham Swanepoel

About SV/PROG Prof Ds Jan Lion-Cachet (Afrikaans)

Author of many Theological Works and Pioneer of Afrikaans literature (poems and novels):

"Sewe duiwels en wat hulle gedoen het"

Cachet, Jan Lion, predikant en skrywer. 1838: Gebore op 29 November in Amsterdam. 1860: Land in Kaapstad en gee 'n jaar onderwys in ,,'t School tot nut van 't Algemeen".

1865: Versoek ds. Dirk Postma om horn vir die bediening op te lei.  1869: Word aan die pas gestigte Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk op Burgersdorp aangestel.
1873: Sy eerste uitgawe van De /Yfaandbode, 'n  maandblad vir die Gereformeerde Kerk, versky'n. 1875-83: Predikant op Philipstown.
1882: Hy skryf Di Drankduiwel en Di Geldduiwel. 1883: Die gemeente Steynsburg berocp horn.
1890: Word professor aan die Teologiese Skool op Burgersdorp.  1892: Publiseer Di Spogduiwel ..  1894: Word redakteur van Het Kerkblad, orgaan van die Gereformeerde Kerk.  1904: Verhuis saam met die Teologiese Skool na Potchefstroom.  1907: Sy Sewe Duiwels en wat hulle gedoen het vel'skyn.  1912: Oorlede op Potchefstroom op 12 September. 

Uit Afrikaanse Kinder Ensiklopedie Deel XI 1962

Aanvullende Bronne

  1. Geboorteakte - https://familysearch.org/pal:/MM9.3.1/TH-267-12530-57269-25?cc=2020...
  2. Huwelik met Zwaantje Postma - https://familysearch.org/pal:/MM9.3.1/TH-267-12046-88618-94?cc=1918...
  3. Huwelik met Martha Sophia Viljoen - https://familysearch.org/pal:/MM9.3.1/TH-1942-23418-5160-40?cc=1918...
  4. Grafsteen - http://www.eggsa.org/library/main.php?g2_itemId=1931665&g2_imageVie...
view all 27

SV/PROG Prof Ds Jan Lion-Cachet's Timeline

1838
November 29, 1838
Krom Boomssloot 3, Amsterdam, Amsterdam, Noord-Holland, Netherlands
1872
November 23, 1872
Burgersdorp, Drakensberg District, Eastern Cape, South Africa
1874
March 5, 1874
Burgersdorp, Drakensberg District, Eastern Cape, South Africa