Petrus Frederik Trichardt, b2c4d3

Is your surname Trichardt?

Connect to 211 Trichardt profiles on Geni

Petrus Frederik Trichardt, b2c4d3's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Petrus Frederik Trichardt, b2c4d3

Also Known As: "Pieta"
Birthdate:
Birthplace: Uitenhage, Port Elizabeth, Eastern Cape, South Africa
Death: 1860 (40-41)
Welverdiens, dist, Ladysmith, Uthukela DC, KwaZulu-Natal, South Africa
Immediate Family:

Son of Louis Trichardt and Martha Elizabeth Susanna Bouwer, b12c8
Husband of Susanna Sophia Erasmus
Father of Jacob Lourens Trichardt; Martha Dorothea Regina Trichardt, d3e?; Louis Gustavus Trichardt, d3e1; Susanna Sophia Stroh and Jacob Lourens Carolus Trichardt, d3e2
Brother of Carolus Johannes Trichardt; Regina Dorothea Maria Trichardt; Louis Gustavus Triegaardt, b2c4d4; Jeremias Josias Tregardt and Anna Elizabeth de Klerk, b4f1r1e6f3g4

Managed by: Albert Meyer
Last Updated:

About Petrus Frederik Trichardt, b2c4d3

The Great Trek by Oliver RANSFORD issued 1972

Page 36

Petrus Frederick TREGARDT, the younger son (Usually referred to by his father as Pieta) is a much more likeable person, and it is easy to understand why he was so obviously his father's favourite. Pieta was only seventeen when he began his trek, but he remains always bright, relaible and observant during its course.

Added by Y. DROST, 7 MAY 2015

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Notas deur David Abraham Swanepoel

Sy sterfplek, soos aangedui in die kerndata, op 2020-03-10 is in konflik met inligting uit [1]. ‘Petrus Frederik- die “Pieta" van die Dagboek- gebore 30 Oktober 1819. Na 1840 in Natal gehuud, en in 1860 oorlede op die plaas Spitskop, distrik Rustenburg, waar sy kinders tans nog woon.” (p. li). Ongelukkig is daar geen sterfkennis op FamilySearch nie. Al wat daar is is ‘n dooprekord waar hy en sy vrou as doopgetruies optree. Dis te Winburg. [2]. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C953-QNSC?i=194&cc...

Mens kan kwalik stel dat hy 'n meer "likable" mens was as sy gewelddadige broer Carolus. Lees die dagboek krities. Behalwe 2 insidente met seuns / mans is hy 'n vroueslaner.

Hy word 470 keer in die dagboek self genoem en nog een keer in die inleiding soos hierbo. Dis verkry deur ‘n tegniese telling. Weens woorddigting by ‘n bepaalde gebeurtenis of omstandigheid beteken dit nie hy is 470 keer onafhanklik genoem nie.

Hy word gedurig anekdoties genoem waar hy vee oppas of ‘n ander handeling verrig. Dis duidelik dat hy sy kant bring met die werk op die trek. Hy kamp soms weg van die hooftrek om vee te laat wei. Verder is die verwysings egter meesal nie geskik om ‘n narratief saam te stel nie.

Hy werk gewoonlik saam met ‘n werker, Danster. Dit wil voorkom of die 'n jong man was want hy assosieer ook met seuns / mans van Pieta se ouderdom. Hy het wel 'n vrou. Pieta is 18 met die aanvang van die dagboek en 19 na 30 Oktober 1837. Danster het ‘n vermeldingstelling van 58 en is ook produktief, maar is by ‘n onsmaaklike voorval saam met Pieta en ander seuns betrokke en kry eenkeer lyfstraf by Louis. Sy etnisiteit is waarskynlik Khoikoi / Europees gemeng wat dis ‘n gewilde naam en ook vandag ‘n van onder die bruin bevolking.

Smetteloos is Pieta by verre nie. Waar Carolus net mans aanrand, doen Pieta dit met die Albachmeisies. (Carolus probeer sy vrou eenkeer onsuksesvol aanrand). Daar is omstandighede, maar in my oordeel is “pakgee” op die wyse waaraan Pieta daaraan meedoen laakbaar. Dit terwyl hy terselfdertyd by implikasie by hulle aanlê. Ook hy rand Danster een keer aan.

Sat 3 Junie 1837 Grobler skryf [3]: “Hy het wel by een geleentheid hom so vir sy seun Pieta vervies dat hy ’n jukskei gegryp het om hom ’n loesing mee te gee, maar Pieta het weggehardloop en hy kon hom nie vang om sy voorneme tot uitvoer te bring nie (DB 1837:3 Junie)”. “De avond sprak ik met Pieta, gaf hij mijn geen andwoord maar een suure gezigt, waar ik boos om worden ken. Was ik met een jukscheij agter hem. kon hem niet krijgen.” Wat die voorafgaande omstandigheid was, weet ons nie, want Tregardt was altyd selfbeheersd. Pieta moes redelik ernstig verbrou het.

Don 30 Aug 1937 “Pieta kwam kort na hem ik wouw hem niets vragen om te zien wat hij rnijn daarvan zeggen zouw. Hij (was) een wijl tijds daar, of hij zei dat ouwe Isaak zijn basters aan schender is; dat hij en Willern en Danster agter haar gejaagt heb toen hulluij die dag de elanden gekregen heb.

Die meisies hier ter sprake is Katryn en Marie Albach. Preller maak hulle beweringe summier as leuens af. Pieta het dan ‘n lang storie dat hy hulle bloot vir ‘n speld gevra het omdat hy ‘n doring in sy hand gehad het en wou verwyder. Willem [Strydom] kon tot getuie geroep word.

Ons het net die woord van die Albach meisies teen Pieta en Willem en ons is nie by magte om dit te verifieer nie. Ek glo tot ‘n groot mate dat hulle die waarheid gepraat het, die belangrikste rede dat hulle sou geweet het dat hulle loesings sou gekry het vir leuens. Dit gebeur toe buitendien.

Hoekom het die seuns hulle gejaag? Waarskynlik weens “speulsheid” in hulle suster Lalie se woorde later die jaar. Daar was net 5 tienderjarige meisies op die trek en Hanna Scheepers, in wie Pieta na bewering belanggestel het (DB 14 April 1837), was heeltemal te jonk op 12, maar dit het maar so gegaan in daardie tyd. Die 3 Albachmeisies was verder kwesbaar weens hulle “mindere” sosiale status. Die sosiale stratifikasie by hierdie insident was iets besonders. Daar was drie strata:

  • Die werkersklas, soos verteenwoordig deur Danster (A)
  • ‘n Tussenklas, B, die 3 meisies asook hulle 2 broers, wat weens hulle wit pa meer assosieer met die volgende groep:
  • Die opperklas, die blanke voortrekkers C.

Hier werk klas A en C saam om meisies uit B te teister. So verskillend van die beeld van sosiale stratifikasie wat in geskiedenisklasse van die 20ste eeu waar C nooit met A en ook met B gesosialiseer het nie, en so “vroom” was.

Waar Pieta volgens die dagboek verhoed word om by hierdie geleentheid Katryn aan te rand (Albach doen dit self), gebeur dit tog bietjie meer as 4 maande later:

Dins 5 Des 1837 “De morgen had Pieta, Willem (en) Diederick, Catrijn vas gehouden, en een pak slagen gegeven.”

Watse lafhartigheid is dit nie, 3 seuns teen een meisie?

“Met dat sij nog besig was kwam Albach en zei aan mijn, dat ik komen meet om te zien"

Watse pa loop weg terwyl sy dogter aangerand word en gaan roep die leier om te kom kyk?

"Is ik dereck gegaan en gevraagt, zei de kinders aan mijn dat Catrijn alle slegte dingen van haar spreek, dat zij met ware bewijs overtuijgde, hied zij het liegen.” 

Soos gesê… dis haar woord teen hulle s’n en Tregardt teken geen oortuigende bewyse aan nie.

Teen Pieta en nog ‘n seun word spesifiek die beskuldiging gemaak:

“Pieta en Diederick [Bezuidenhout] had haar de pruimbessies af genomen die zij voor ouwe Lena [Katryn se ma] gepluk heb.”

Is dit blatante diefstal, boeliegedrag of probeer hulle haar seksueel-romantiese aandag verkry op ‘n onbeholpe wyse? Laat ons maar dan sê dat Pieta ongeag sy ouderdom van amper 20 baie onvolwasse voorkom.

Op dieselfde datum teken Tregardt aan;

“De agter middag in het veld kwam Pieta en Cornelis met mijn schapen na de water, kwam Albag zijn schapen na aan haar, riep Lalie, dat Cornelis het keeren moet; keerde hij het in de plaats dat zij het doen moeste. Toen de schepen weer bijna onder malkander was, ging zij aan scellen en gruwelijk vloeken op Pieta en Cornelis, tot dat zij op les zei, dat het van speulsheid is dat zij met de schapen agter haar aan loop. Is Pieta naar haar gegaan, had zij een groote stuk houd in de handen en wouw hem slaan, heb hij haar een of twee slagen met zijn hand gegeven, en haar gezegt dat hij haar betalen zal als hij bij de wagen komd. De avond had hij en de anderen haar een loesing gegeven.”

Hoekom bewapen Lalie haar byvoorbaat met 'n stuk hout? Vorige ervaring? Weereens, waarom haar "een of twee slagen met zijn hand" gee en dan wag tot die aand om die ander seuns se bystand te kry. Maak nie saak die era nie, die kultuur nie, dis lafhartig, laakbaar, laakbaar!

Op 29 Des 1837 is hy in 'n geveg betrokke met Willem Strydom, sy getuie boontoe genoem. Hy mag die onskuldige party hier wees. Sien Cornelia Trichardt se profiel vir nadere besonderhede,

Die volgende 3 beskuldings word dus teen Pieta gemaak:

  • Ouerlike ongehoorsaamhied
  • Seksuele teistering
  • Vroue-aanranding
  • Diefstal

Weereens, ons weet nie wat presies die aanleidende oorsake is nie. Ons het net Tregardt se woord en alhoewel hy redelik objektief voorkom, bly hy ‘n lid van stratus C.

Na sy pa se afsterwe en met sy broer na die noorde, moes hy voorbereidings tref vir die verhuising na Natal. Carolus vertel later: “My broer het ons vee verkoop aan die Amerikaanse walvisvangers.” [2], Inleiding p. XCVIII

Volgens sy broer Louis Gustavus se profiel wat [4] aanhaal word kuratore aangestel vir die kinders. “JH de Lange - Jan Dons - is as agent aangestel om na die jonger kinders Petrus Frederik, Louis Gustavus en Anna Elizabeth om te sien. In 1841 stel landdros Boshoff Willem Adriaan van Aardt en die oudste seun Carolus Tregardt aan as gesamentlike voogde van die kinders. Carolus vertrek egter met sy vrou en kinders na die Transvaal. Louis Gustavus is toe deur sy oom Willem van Aardt in Pietermaritzburg grootgemaak. Net Louis Gustavus word genoem. Petrus / Pieta was toe al 22.

Sonder ‘n sterfkennis weet ons ook nie sy presiese sterfdatum nie.

Bronne:

1. Louis Tregardt se dagboek 1836-1838 - vertaling en aantekeninge deur Jackie Grobler. Litera, 2013.

2. Louis Trigardt; Gustav Schoeman Preller. Dagboek van Louis Trichardt, 1836-1838 Kaapstad : Nasionale Pers, 1938. Ons geskiedenis-serie.

3. Grobler, Jackie. (2013). Louis Tregardt se dagboek as 'n historiese bron. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 53(3), 465-480. Retrieved March 17, 2020, from http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47....

4. Eksteen. Louis J, Die Voortrekkerbegraafplaas, Pietermaritzburg. ISBN: 0-620-31680-2 (nie self gelees).

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.

view all

Petrus Frederik Trichardt, b2c4d3's Timeline

1819
October 30, 1819
Uitenhage, Port Elizabeth, Eastern Cape, South Africa

30 oct 1819

December 6, 1819
Uitenhage, Port Elizabeth, Eastern Cape, South Africa
1847
January 1847
Natal
1848
February 8, 1848
August 2, 1848
Transvaal
1851
December 1, 1851
Distrik Winburg, Oranje Vrystaat
1860
1860
Age 40
Welverdiens, dist, Ladysmith, Uthukela DC, KwaZulu-Natal, South Africa

1860 rustenburg

????