Stephanetta “Nettie” Johanna Paulina Bredell

Is your surname Eloff?

Connect to 981 Eloff profiles on Geni

Stephanetta “Nettie” Johanna Paulina Bredell's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Stephanetta “Nettie” Johanna Paulina Bredell (Eloff)

Also Known As: "Nettie"
Birthdate:
Birthplace: Rustenburg, Transvaal, South Africa
Death: May 03, 1920 (42)
Rustenburg, Transvaal, South Africa
Place of Burial: Pretoria, City of Tshwane Metropolitan Municipality, GP, South Africa
Immediate Family:

Daughter of Private Secretary Frederik Christoffel Eloff and Elsje Francina Kruger b7c2d4e3f3g5
Wife of Hermanus Christiaan Bredell
Mother of Elsie Francina Eloff Bredell and Johannes Sarel Bredell
Sister of Sarel Johannes Eloff, b1c3d2e3f1; Gezina Susanna Frederika Wilhelmina Jacobsz; Susanna Cornelia Jacobsz; Elsje Francina van Broekhuizen; Stephanus “Fanie” Johannes Paulus Eloff and 2 others

Managed by: J Herman Potgieter
Last Updated:

About Stephanetta “Nettie” Johanna Paulina Bredell

Stephanetta Johanna Paulina (Nettie) Bredell (Rustenburg, Transvaal, 10 Oktober 1877 – Rustenburg, Suid-Afrika, 3 Mei 1920) was ’n kleindogter van pres. Paul Kruger, wie se name sy gekry het in vroulike vorm, en die eerste eggenote van die president se lyfwag Manie Bredell.

Nettie Eloff was een van die nege kinders van Frederik Christoffel (Frikkie of Ryk Freek) Eloff (9 Februarie 1850 – 14 November 1924) en Elsje Francina Kruger (19 Maart 1853 – 21 Oktober 1924). Haar grootouers aan moederskant was pres. Kruger en sy tweede vrou, Gezina Susanna Wilhelmina du Plessis (5 Mei 1831 – 20 Julie 1901).

Volgens oorlewering het Pres. Paul Kruger twee gunstelingkleindogters gehad: die susters Nettie en Elsie. Nettie is op haar oupa se verjaardag gebore en sy en haar suster het diep in hul oupa se hart gekruip. Die Eloff-kinders het op ’n plaas, wat toe net buite Pretoria geleë was, grootgeword. Ryk Freek het op die noordoostelike deel van die plaas Daspoort, wat hy in 1896 gekoop het, gewoon en dit na Eloffsdal herdoop.

Nettie en Elsie was, saam met Cornelia Reitz en ’n mev. Van Alphen, vrou van die posmeester-generaal, die beste skuts in die vroueskietklub wat aan die begin van die Tweede Vryheidsoorlog. daar word vertel hul plan was om Pretoria vroualleen te verdedig terwyl die mans weg is. Aan die begin van die oorlog is baie huise in klerefabrieke omskep. Nettie en Elsie het die klereprojek in Pretoria bestuur. Hier het honderde vroue in die hooggeregshofgebou hemde, broeke en jasse gemaak en na die kommando’s gestuur. Hulle het aanhou werk tot die Britte Pretoria ingeneem het.

Toe Paul Kruger sy siek vrou in Pretoria moes agterlaat en as banneling in die vreemde moes bly, het Ryk Freek, sy vrou en kinders in die hoofstad agtergebly en is die president vergesel van sy lyfarts, dr. Willem Heymans, sy Nederlandse lyfbediende, Happé, predikante soos dr. Abraham Kuyper en dr. Herman van Broekhuizen, en die president se lyfwag, Manie Bredell. Uit dié geledere het Elsie sowel as Nettie se toekomstige huweliksmaat gekom.

Nettie op 12 Oktober 1905 in die Gereformeerde kerk Pretoria met Manie Bredell, wat ná pres. Kruger se dood in Switserland, in 1905 in Pretoria as prokureur begin praktiseer het.

Nettie en haar man het in 'n huis, wat hulle "Ouderliefde" genoem het omdat Ryk Freek dit aan hulle geskenk het, tussen Voortrekkersweg en Paul Krugerstraat, Eloffsdal, gewoon. In April 1908 het Manie betrokke geraak by die organisering van blanke arbeid in Transvaal en die Oranjerivierkolonie om oorlogsverarmdes weer op die been te help. Hy het op 1 Julie 1908 waarnemende inspekteur van die Transvaalse polisie geword en op 15 Oktober 1910 sekretaris. Met die herorganisasie van die Unie se polisiemag het hy op 1 April 1913 onderkommissaris sowel as sekretaris van die polisiediens geword. Hy was van 1 Mei 1913 tot 16 November 1920 hoof van die Transvaalse afdeling van die Uniale polisiedien met die rang van luitenant-kolonel.

Nettie is op 3 Mei 1920 aan malaria oorlede en is in die Rebeccastraat-begraafplaas begrawe.

Twee kinders is uit Nettie en Manie Bredell se huwelik gebore, Elsie (Ella) Francina Eloff Bredell en Johannes Sarel Bredell.

Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/Nettie_Bredell

______________________________________

Some of her story can be found here: http://www.bronberger.co.za/index.php?option=com_content&task=view&...

Aan die begin van die artikel maak die trou datum en datums van kinders se geboorte nie sin nie.

______________________________________

Probate record:

https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS9P-9361-8?i=499&cat=...

_______________________________________

view all

Stephanetta “Nettie” Johanna Paulina Bredell's Timeline

1877
October 10, 1877
Rustenburg, Transvaal, South Africa
1909
May 27, 1909
1909
1920
May 3, 1920
Age 42
Rustenburg, Transvaal, South Africa
????
Rebecca cemetary, Pretoria, City of Tshwane Metropolitan Municipality, GP, South Africa