Abraham Christoffel Swanepoel

Is your surname Swanepoel?

Connect to 15,674 Swanepoel profiles on Geni

Abraham Christoffel Swanepoel's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Abraham Christoffel Swanepoel

Ten tye van sy huwelik was hy ’n burger van Swellendam.

Notas deur David Abraham Swanepoel, nasaat van 6 geslagte.

Ek stam deur die b6 lyn sowel as die b7 lyn af. Hendrik Swanepoel b7 se seun Abraham Christoffel b7c7 is die pa van Anna Cornelia b7c7d wat met Adriaan Johannes b6c4d2 getroud is om Jacobus Christoffel b6c4d2e1 voort te bring, lg my betoorgrootjie.

Hy is waarskynlik gebore by die leningsplase naby die Swartberge, bv Besemfontein. Hy word gedoop op 5-10-1766. Hy trou met Anna Cornelia van Tonder op ‘n onbekende datum.

Sy dogter Anna Cornelia word op  1  Julie  1796    gebore in die Swellendamdistrik. Dit behoort ‘n aanduiding te wees dat hy toe nog daar gewoon het. 

Op 26 November 1797 tree hy en sy vrou op as doopgetuies op Graaff-Reinet, vir ‘n baba Jan Abraham Swanepoel. Dit kan ‘n aanduiding wees dat hy dan sedertdien na die distrik verhuis het, maar hulle kon ook vir die doel daarheen gereis het.

CH Swanepoel [1] skryf:  “Dit blyk uit die Notule van Landdros en Heemrade dat Christiaan Swanepoel (b6c5) op 4 Junie 1798 saam met ''Abraham Christoffel Swanepoel'' en Willem van Tonder, Cornelisz. toestemming ontvang het om hulle in die Graaff-Reinet-distrik te vestig na vertoning van hulle burgerlike attestate (KAB: 1/GR 1/2: 163). Dit kan wees dat die formaliteite eers in 1798 deurgegaan het en dat hulle reeds in 1779 daar gewoon het, daar was net 6 maande tussen die  doop van die kind en die skryf van die notule.  

Die boedelinventaris (MOOC 8/37.10) [2] dui ook op 'n redelike rykdom aan vee, alhoewel minder as sy ouers s’n. Ander besittings is egter karig, tipies van trekboere.

Die boedelinventaris is gedateer 27 Des 1821, dus is sy sterfdatum iewers in 1821. Hy was omtrent 55 jaar oud.

Bronne:

1. Swanepoel, Christiaan Hendrik. 2003. 'n Tak van die Swanepoel-familie in Suid-Afrika, 1699 tot 1999: 'n genealogiese en kultuurhistoriese studie. MA tesis, Universiteit van Stellenbosch. Gratis aflaaibaar by: http://scholar.sun.ac.za/handle/10019.1/53526 Waarskuwing: leer is 64 MB groot. Die artikel steun sterk op geredigeerde uittreksels uit die tesis.

2. Testator(s): Abram Christoffel Swanepoel Anna Cornelia van Tonder 27 December 1821 MOOC 8/37.10 http://databases.tanap.net/mooc/main_article.cfm?id=MOOC8/37.10 (Opgelaai)

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.

_______________________________________________________________

See also:

view all 13

Abraham Christoffel Swanepoel's Timeline

1760
December 25, 1760
1766
October 5, 1766
Swart Berg, Swarteberge distrik, Suid Afrika, Kaap
October 5, 1766
October 5, 1766
1794
October 2, 1794
George
1796
July 1, 1796
Swellendam, Cape of Good Hope
1800
January 19, 1800
1803
December 20, 1803
1803