Agnese Scholten

public profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Related Projects

Agnese Scholten

Also Known As: "Nese; Gese"
Birthdate:
Birthplace: Bimolten, Nordhorn, Niedersachsen, Germany
Death: circa 1590 (20-38)
Ossenhoek, Ouddorp, Goeree-Overflakkee, Oost-Vlaandere, Belgium
Immediate Family:

Daughter of Barent Scholten von Bimolten; Scholten von Bimholten and NN Scholten von Bimolten
Wife of Kettel Hermann Pottgeter and Kettel Hermann Potgeter
Mother of Hermann Nesen Pottgeiter and 'Nesen' Hermann Potgieter

Managed by: Magdalena Visser (Potgieter)b1c8...
Last Updated:

About Agnese Scholten

Die POTGIETER voorouers is deur Patrick van Griethuisen en Dr Ludwich Edel nagevors en terug gevolg tot by Bernd wat trou met 'n dogter van Heinrich KETELER. Hy kom van Essen, op die Ruhr, na Nordhorn wat in die Graafskap van Bentheim, Duitsland geleë is. In 1546 is sy naam in die Burgerboek daar ingeskryf en in 1577 word hy nog daar in 'n akte genoem. Sy skoonpa, Hynrich Keteler, of ook Kettel Hinrik genoem, woon omstreeks 1500 tot 1537 in Ossenhoek.

Essen (in Duitsland) is tot vandag toe nog beroemd vir die Ysterwerke en was daardie tyd ook reeds baie bekend vir die pot- en ketelgieters wat daarvandaan kom. Dit gee waarskynlik vir ons 'n goeie leidraad na die oorsprong van die van POTGIETER.

Berndt het sover bekend 3 kinders gehad. Kettel Hinrich POTGETER, of ook Kettelhinrich genoem, wat trou met Fenne HILLERINCK wat van Hesepe kom. Na wat bekend is het hulle geen nageslag nagelaat nie. Sy tweede seun was Kettel Hermann POTGETER. Hulle enigste bekende dogter was Kettel Grete POTGETER wat getrou het met Albert ROLOWES.

Kettel Hermann POTGETER, of ook Kettelhermann genoem, was getroud met Agnese SCHOLTEN, 'n dogter van Scholten VON BIMOLTEN, wat van Bimolten afkomstig is. Hulle woon op Ossenhoek, maar in die oorlogtyd woon hulle by sy stiefouers op die Scholten boerdery. Agnese was ook Nese of Gese genoem. Slegs een kind van hierdie huwelik Nesen Hermann POTTGETER wat ongeveer in 1590 gebore is, is bekend.

Hermann POTTGETER, ook genoem Nesen Hermann, waarskynlik so vernoem na sy moeder, Nese (Agnese). Hermann is ongeveer 1590 gebore en in 1667 word sy naam in Nordhorn aangetref as Hermann Pottgeter, burgermeester van Nordhorn. Hy het reeds voor die dertigjarige oorlog getrou met Tryne, die stiefdogter van Gerdt Arents. Hermann was ook lid van die Nordhorn skoenmakersgulde. Hulle het vier kinders gehad; Nesen Lambert POTGIETER die eienaar van 'n stuk grond in Pottkamp, Adeldorf, Gert POTGETER wat die eienaar van die "Faberhaus" in Schuttorf was, Hermann POTTGEITE wat in 1648 trou met 'n dogter van Swenne VON LODDEN, en Jan POTGIETER.

Jan (of Johannes) POTGIETER was gebore in Nordhorn, Wesfalen, Duitsland en trou in 1634 met Schwerne LODDEN, die dogter van Swenne VON LODDEN van Frensdorf . Sy was ook in Nordhorn gebore, in die jaar 1610. Jan was ook genoem Ossenjan of Kettel Johan. Ons stamvader Harmen Jansz POTGIETER wat in 1635 in Nordhorn gebore is was die enigste seun uit hierdie huwelik. by Eric Swartd in http://www.stamouers.com/stamouers/surnames-n-to-q/398-jansz-potgie...

view all

Agnese Scholten's Timeline

1560
1560
Bimolten, Nordhorn, Niedersachsen, Germany
1587
1587
Nordhorn, Grafschaft Bentheim, Lower Saxony, Germany
1590
1590
Nordhorn, Westfale, Duitsland (Germany)
1590
Age 30
Ossenhoek, Ouddorp, Goeree-Overflakkee, Oost-Vlaandere, Belgium