Harmen 'Hans Jansz van Noorthoorn' Potgieter, SV/PROG

How are you related to Harmen 'Hans Jansz van Noorthoorn' Potgieter, SV/PROG?

Connect to the World Family Tree to find out

Harmen 'Hans Jansz van Noorthoorn' Potgieter, SV/PROG's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Harmen 'Hans Jansz van Noorthoorn' Potgieter, SV/PROG

Also Known As: "Herman Jansz Pottgeter", "Potgeiter", "Potgieter", "Jansz Smit van Noorthoorn"
Birthdate:
Birthplace: Nordhorn, Westfalen, Deutschland (Germany)
Death: January 09, 1706
Eersterivier, Cape Town, Caep de Goede Hoop, South Africa
Immediate Family:

Son of Jan 'Ossenjan' Pottgeter/Potgieter and Schwerne Lodden
Husband of Beeltjie (Isabella) Fredericks
Father of Johannes Potgieter; Frederik Potgieter, b2; Catharina Potgieter, SM; Elisabeth Steyn, b4; Amerentia Botha, b5 and 3 others
Brother of Aeltje Jansz Potgieter and Leenars Jansz Potgieter

Occupation: VOC soldaat (prob. general worker), builder labourer (boukneg), blacksmith (smid), Heemraadslid
Managed by: Private User
Last Updated:

About Harmen 'Hans Jansz van Noorthoorn' Potgieter, SV/PROG

http://www.ballfamilyrecords.co.uk/lombard/I339.html##I346

Verhuis na Amsterdam in 1670. Word soldaat vir VOC en kom na Kaap van Goeie Hoop.

MOOC10/1.72 - Frederiksz, Beeletje - 1712/02/10 Vendu Rol van alle soodanige goederen als Beeletje Frederiksz met ’er dood heeft ontruijmt en naergelaten ten voordeele van haer naergelaten man Lourens Verbrugge ter eenre, en haer ses kinders als ter an [Judi Meyer]

Cape Muster Rolls - Free persons 1660 onwards, Cape Archives, VC 39 and VC 49 1705, Stellenbosch p 86 'Harman Jansz v. Noordhoorn & Beletje Frederix'; p. 107 Ultimo Dec. 1706 'Belitje Fredriks, wede v. Harmen Jansz', Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Genealogical Notes

  • Emigrated to the Cape of Good Hope in 1660

-=-=-=-=-=-=-=-=-=--=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=--=-=-=-=-

Dr Jordaan Potgieter, wat die Potgieters navors; skryf:

(Dr Jordaan is ook nou op GENi : Jorrie

26 Feb 2006 Bladsy 1

1. Harmen Jansz POTGIETER, g. 1635 in Nordhorn, Wesfalen, Duitsland,1,2,3 s. 1706, 4 verw. nr. Stamvader,1 beroep Boukneg / Smit.2 Die POTGIETER voorouers is deur Patrick van Griethuisen en Dr Ludwich Edel nagevors en terug gevolg tot by Bernd POTGEITER wat trou met 'n dogter van Heinrich KETELER. Hy kom van Essen, op die Ruhr, na Nordhorn wat in die Graafskap van Bentheim, Duitsland geleë is. In 1546 is sy naam in die Burgerboek daar ingeskryf en in 1577 word hy nog daar in 'n akte genoem. Sy skoonpa, Hynrich Keteler, of ook Kettel Hinrik genoem, woon omstreeks 1500 tot 1537 in Ossenhoek.

Dr Jordaan Potgieter volg die Potgieter naam selfs verder terug in sy navorsing tot by Hermann (1463), sy seun Gerhard (1493) en kleinseun Diederik (1541). Diederik sou dan ook die vader van Berndt hierbo wees.

Essen (in Duitsland) is tot vandag toe nog beroemd vir die Ysterwerke en was daardie tyd ook reeds baie bekend vir die pot- en ketelgieters wat daarvandaan kom. Dit gee waarskynlik vir ons 'n goeie leidraad na die oorsprong van die van POTGIETER. Berndt het sover bekend 3 kinders gehad. Kettel Hinrich POTGETER, of ook Kettelhinrich genoem, wat trou met Fenne HILLERINCK wat van Hesepe kom. Na wat bekend is het hulle geen nageslag nagelaat nie. Sy tweede seun was Kettel Hermann POTGETER. Hulle enigste bekende dogter was Kettel Grete POTGETER wat getrou het met Albert ROLOWES.

Kettel Hermann POTGETER, of ook Kettelhermann genoem, was getroud met Agnese SCHOLTEN, 'n dogter van Scholten VON BIMOLTEN, wat van Bimolten afkomstig is. Hulle woon op Ossenhoek, maar in die oorlogtyd woon hulle by sy stiefouers op die Scholten boerdery. Agnese was ook Nese of Gese genoem. Slegs een kind van hierdie huwelik Nesen Hermann POTTGETER wat ongeveer in 1590 gebore is, is bekend.

Hermann POTTGETER, ook genoem Nesen Hermann, waarskynlik so vernoem na sy moeder, Nese (Agnese). Hermann is ongeveer 1590 gebore en in 1667 word sy naam in Nordhorn aangetref as Hermann Pottgeter, burgermeester van Nordhorn. Hy het reeds voor die dertigjarige oorlog getrou met Tryne, die stiefdogter van Gerdt Arents. Hermann was ook lid van die Nordhorn skoenmakersgulde. Hulle het vier kinders gehad; Nesen Lambert POTGIETER die eienaar van 'n stuk grond in Pottkamp, Adeldorf, Gert POTGETER wat die eienaar van die "Faberhaus" in Schuttorf was, Hermann POTTGEITER wat in 1648 trou met 'n dogter van Swenne VON LODDEN, en Jan POTGIETER.

Jan (of Johannes) POTGIETER was gebore in Nordhorn, Wesfalen, Duitsland en trou in 1634 met Schwerne LODDEN, die dogter van Swenne VON LODDEN van Frensdorf . Sy was ook in Nordhorn gebore, in die jaar 1610. Jan was ook genoem Ossenjan of Kettel Johan.

Ons stamvader Harmen Jansz POTGIETER wat in 1635 in Nordhorn gebore is was die enigste seun uit hierdie huwelik. Harmen Jansz was die seun van Jan Potgieter (gebore 1605) van Nordhorn, Duitsland, en Schwerne LODDEN (gebore 1610), van Frensdorf, Duitsland. In 1670 verhuis Harmen na Amsterdam, en tree daar in diens van die VOC as soldaat en kom na die Kaap van Goeie Hoop, waar hy met Isabella Fredericks (of Beeltjie), weduwee van Claas Vechtman trou. Hulle het 9 kinders gehad, wat een seun van Isabella se vorige huwelik insluit. Later verlaat hy die diens van die VOC en word vry-smit.

Noordhoorn is geleë in die Groningen provinsie, suid-wes van die stad Groningen. Die Potgieter familie het daar op 'n plaas gewoon met die families Steyn en Prinsloo as bure. Harmen was dan ook 'n lewenslange vriend van Douw Gerbrand Steyn. Sy dogter, Maria, het later met Jacobus Steyn, die aangenome seun van Douw getrou en so die stammoeder van die Steyns in Suid-Afrika geword.

Hy was een van die eerste bewoners van die nuwe nedersetting by die Eersterivier (Stellebosch), waar hy sy ambag as smit beoefen. Hy word deur de Wet gelys as smit 1674-1705. (de Wet GC, Die vryliede en vryswartes in die Kaapse nedersetting, p68). In 1688 het hy sy smitswinkel aan Lourens Verbrugge oorgedra vir die helfte van die wins (p107, verw 1STB 18/152 kontrak 1.12.1687).

De Wet meld dat Harmen in 1663 'n vryburger geword het, in 1670 weer tot die Kompanjie in diens getree en in 1674 weer uitgetree en 'n vryburger gebly tot sy dood in 1706. (p 197, verw Boesken AJ, Resolusies vd politieke raad, II 4.2.1671, p56; VC 49 Monsterrolle van vryliede 31.12.1706, p107)

Hy het in 1679 na die Eersterivier verhuis, waar hy gevestig het op die laer terrasse langs die Eersterivier, wat aan hom belowe is in 1680, maar dit was eers baie later (1712) aan sy weduwee se boedel amptelik toegeken. Die plaas is uit die boedel aan Aletta Beck verkoop, wie dit "Voorgelegen" gedoop het. Die grond het bestaan uit twee dele - die oostelike deel strek van die huidige kerk van Stellenbosch tot by Mostertsdrift. Die veel groter westelike deel strek van erens tussen die huidige Andringa en Herte strate en sluit in die gebied waar die huidige stadsaal gebou is. Sy opstal was op hierdie groter deel, ongeveer waar Bird straat vir Dorp straat kruis. Die huis het 'n netjiese front, wat die indruk skep dat Harmen 'n ryk man moes gewees het. In 1693 verkoop hy deel van die grond aan Linnes.

Op 8 November 1679 is die stad Stellenbosch gestig. Minder as drie weke nadat Simon van der Stel in 1679 by Kaap aangekom het as kommandeur van die nedersetting, het hy en 'n paar amptenare te perd 'n inspeksietog na Hottentots-Holland onderneem waar 'n paar vryburgers reeds gevestig het (vandag Somerset-Wes en omgewing). Nadat van der Stel se werk daar afgehandel was het hulle met 'n ompad teruggegaan. Op 8 November het hulle by 'n asemrowende landstreek uitgekom waar Harmen en 'n paar ander vryburgers gevestig was. Hulle het daardie aand op 'n eiland in die Eersterivier oornag. Op die eiland was daar baie pragtige hoë bome. Omdat geen kommandeur of goewerneur voorheen daar was nie, het Simon van der Stel die eilandjie Stellenbosch genoem.

Die plek het hom onmidelik, uit die oogpunt van sy opdragte as kommandeur, geinteresseer omdat dit as voortreflik vir landbou beskou is. Onmiddellik nadat hy terug was by die Kasteel aan die Kaap, het hy aangekondig dat daar vir mense wat hulle langs die oewers van die Eersterivier wil vestig, grond beskikbaar is in die vorm van eiendomsplase. Baie gunstige voorwaardes is vir voornemende boere aangebied en die reaksie was goed.

Potgieter het ook aktief deelgeneem aan die openbare lewe van die klein gemeenskap as "wagmeester" van die artillerie. Kommissaris H.W van Reede het hom aangestel as 'n lid van die heemraad in 1685 (saam met Gert van der Bijl, Henning Husing en Jan Cornelis Mostert). Van Reede verwys na hom nie by sy van nie, maar verwys eerder na hom by wyse van sy aambag, Harmen Jansz Smit, soos wat wel dikwels die geval was in daardie tye. Hy het sy ambag by Stellenbosch voortgesit, en later sy stief-seun, Nicolaas Vechtman in die ambag opgelei. Hierdie stief-seun was 'n groot vriend van Adam Tas, wat na hom verwys het as die "kreupel vulkaan" - 'n verwysing na die kreupel Romaanse smit-god, Volcanus.

JA Hofmeyer verwys na die boek "Slagtersnek en sy mense" deur Dr J.A. Heese, waar daar vermeld word dat Harmen Jansz vermoor was in 1702. Heese het later dit reg gestel. Hofmeyer noem ook dat Harmen Jansz 'n permit toegestaan was in 1705 om 6 waens hout te versamel by die Vier-en-twintig-riviere en maak daarvan die aanname dat Harmen Jansz tussen 1 Sep 1705 and 1708 moes gesterf het. Sy weduwee hertrou met Lourens Verbrugge in 1708.

In die indeks van hofsake in Uit die Raad van Justisie, 1652-1672 (Staatsdrukker, Pretoria 1986) verskyn daar verskeie sake waarin "Harmen Jansz" betrokke sou wees: 338, 30.7.1670, Harmen Jansz vs. Willem Willemsz van Deventer; skuld; saak geskik (CJ1, p583)

341, 30.7.1670, Harmen Jansz; hout sonder toestemming gekap (CJ1, p592) 396, 1.6.1671 & 6.1.1672, Fiskal vs. Harmen Jansz van Noordhoorn; Kompanjie se tyd en werktuie vir eie gewin gebruik; ses maande ad opus publicum en ses maande gasie pro fisco. (CJ 2952, p406-408, CJ 1, p672-672,739)

Bronne: Patrick van Griethuysen Stellenbosch - Drie eeue, geredigeer en saamgestel deur F Smith, Stadsraad van Stellenbosch (1979), ISBN 0 620 03910-8. Artikel deur AM Hofmeyer. Hugo AM, Die Kerk van Stellenbosch 1686-1963 (Tafelberg 1963) Dr Carl Potgieter, Kommandant-general AH Potgieter Die Swardt Joernaal No 2, 30 Junie 1999 (Eric Swardt familiebond).

Hy trou Isabella FREDERIKS, trou 8 Mei 1672 in Swellendam,5,2,3 g. 8 Mei 1652 in Amsterdam, Nld, s. 1711.6 Isabella: wed Nikolaus Vechtman. Na Harmen se afsterwe trou sy met Lourens Verbrugge.

http://www.geni.com/discussions/152597?msg=1070552

-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-

Harmen Jansz Potgieter, SV/PROG MP

Birth:

1635  
Nordhorn, Westfalen, Germany   

Death:

September 1, 1705  (70) 
Cape of Good Hope, South Africa   

Immediate Family:

Son of Jan Hermanz Pottgeter and Schwerne Lodden

Husband of Beeltjie (Isabella) Fredericks 
Father of Jan Harmensz Potgieter, b1; Frederik Potgieter, b2; Catharina Hermanszdocther Potgieter, b3 SM; Elisabeth Potgieter, b4; Amerentia Potgieter, b5; Maria Potgieter, b6; Hans Jurgen Potgieter, b7 and Beatrix Hermanszdochter Potgieter, b8 « less 

GEDCOM Source

@R-1093571923@ Web: Netherlands, GenealogieOnline Trees Index, 1000-2015 Ancestry.com Ancestry.com Operations, Inc. 1,9289::0 1,9289::10377321

@R-1093571923@ Ancestry Family Trees Online publication - Provo, UT, USA: Ancestry.com. Original data: Family Tree files submitted by Ancestry members. Ancestry Family Tree http://trees.ancestry.com/pt/AMTCitationRedir.aspx?tid=89915663&pid...

GEDCOM Source

@R1200312375@ Ancestry Family Trees Online publication - Provo, UT, USA: Ancestry.com. Original data: Family Tree files submitted by Ancestry members.

GEDCOM Source

Ancestry Family Tree http://trees.ancestry.com/pt/AMTCitationRedir.aspx?tid=106302622&pi...

GEDCOM Note

{geni:about_me} Verhuis na Amsterdam in 1670. Word soldaat vir VOC en kom na Kaap van Goeie Hoop.

MOOC10/1.72 - Frederiksz, Beeletje - 1712/02/10 Vendu Rol van alle soodanige goederen als Beeletje Frederiksz met ’er dood heeft ontruijmt en naergelaten ten voordeele van haer naergelaten man Lourens Verbrugge ter eenre, en haer ses kinders als ter an [Judi Meyer]

Cape Muster Rolls - Free persons 1660 onwards, Cape Archives, VC 39 and VC 49 1705, Stellenbosch p 86 'Harman Jansz v. Noordhoorn & Beletje Frederix'; p. 107 Ultimo Dec. 1706 'Belitje Fredriks, wede v. Harmen Jansz', Stellenbosch,Western Cape, South Africa

Genealogical Notes

  • Emigrated to the Cape of Good Hope in 1660

-=-=-=-=-=-=-=-=-=--=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=--=-=-=-=-

Dr Jordaan Potgieter, wat die Potgieters navors; skryf:
(Dr Jordaan is ook nou op GENi : Jorrie

26 Feb 2006 Bladsy 1

1. Harmen Jansz POTGIETER, g. 1635 in Nordhorn, Wesfalen, Duitsland,1,2,3 s. 1706, 4 verw. nr. Stamvader,1 beroep Boukneg / Smit.2 Die POTGIETER voorouers is deur Patrick van Griethuisen en Dr Ludwich Edel nagevors en terug gevolg tot by Bernd POTGEITER wat trou met 'n dogter van Heinrich KETELER. Hy kom van Essen, op die Ruhr, na Nordhorn wat in die Graafskap van Bentheim, Duitsland geleë is. In 1546 is sy naam in die Burgerboek daar ingeskryf en in 1577word hy nog daar in 'n akte genoem. Sy skoonpa, Hynrich Keteler, of ook Kettel Hinrik genoem, woon omstreeks 1500 tot 1537 in Ossenhoek.

Dr Jordaan Potgieter volg die Potgieter naam selfs verder terug in sy navorsing tot by Hermann (1463), sy seun Gerhard (1493) en kleinseun Diederik (1541). Diederik sou dan ook die vader van Berndt hierbo wees.

Essen (in Duitsland) is tot vandag toe nog beroemd vir die Ysterwerke en was daardie tyd ook reeds baie bekend vir die pot- en ketelgieters wat daarvandaan kom. Dit gee waarskynlik vir ons 'n goeie leidraad na die oorsprong van die van POTGIETER. Berndt het sover bekend 3 kinders gehad. Kettel Hinrich POTGETER, of ook Kettelhinrich genoem, wat trou met Fenne HILLERINCK wat van Hesepe kom. Na wat bekend is het hulle geen nageslag nagelaat nie. Sy tweede seun was Kettel Hermann POTGETER. Hulle enigste bekende dogter was Kettel Grete POTGETER wat getrou het met Albert ROLOWES.

Kettel Hermann POTGETER, of ook Kettelhermann genoem, was getroud met Agnese SCHOLTEN, 'n dogter van Scholten VON BIMOLTEN, wat van Bimolten afkomstig is. Hulle woon op Ossenhoek, maar in die oorlogtyd woon hulle by sy stiefouers op die Scholten boerdery. Agnese was ook Nese of Gese genoem. Slegs een kind van hierdie huwelik Nesen Hermann POTTGETER wat ongeveer in 1590 gebore is, is bekend.

Hermann POTTGETER, ook genoem Nesen Hermann, waarskynlik so vernoem na sy moeder, Nese (Agnese). Hermann is ongeveer 1590 gebore en in 1667 word sy naam in Nordhorn aangetref as Hermann Pottgeter, burgermeester van Nordhorn. Hy het reeds voor die dertigjarige oorlog getrou met Tryne, die stiefdogter van Gerdt Arents. Hermann was ook lid van die Nordhorn skoenmakersgulde. Hulle het vier kinders gehad; Nesen Lambert POTGIETER die eienaar van 'n stuk grond inPottkamp, Adeldorf, Gert POTGETER wat die eienaar van die "Faberhaus" in Schuttorf was, Hermann POTTGEITER wat in 1648 trou met 'n dogter van Swenne VON LODDEN, en Jan POTGIETER.

Jan (of Johannes) POTGIETER was gebore in Nordhorn, Wesfalen, Duitsland en trou in 1634 met Schwerne LODDEN, die dogter van Swenne VON LODDEN van Frensdorf . Sy was ook in Nordhorn gebore, in die jaar 1610. Jan was ook genoem Ossenjan of Kettel Johan.

Ons stamvader Harmen Jansz POTGIETER wat in 1635 in Nordhorn gebore is was die enigste seun uit hierdie huwelik. Harmen Jansz was die seun van Jan Potgieter (gebore 1605) van Nordhorn, Duitsland, en Schwerne LODDEN (gebore 1610), van Frensdorf, Duitsland. In 1670 verhuis Harmen na Amsterdam, en tree daar in diens van die VOC as soldaat en kom na die Kaap van Goeie Hoop, waar hy met Isabella Fredericks (of Beeltjie), weduwee van Claas Vechtman trou. Hulle het 9 kinders gehad, wat een seun van Isabella se vorige huwelik insluit. Later verlaat hy die diens van die VOC en word vry-smit.

Noordhoorn is geleë in die Groningen provinsie, suid-wes van die stad Groningen. Die Potgieter familie het daar op 'n plaas gewoon met die families Steyn en Prinsloo as bure. Harmen was dan ook 'n lewenslange vriend van Douw Gerbrand Steyn. Sy dogter, Maria, het later met Jacobus Steyn, die aangenome seun van Douw getrou en so die stammoeder van die Steyns in Suid-Afrika geword.

Hy was een van die eerste bewoners van die nuwe nedersetting by die Eersterivier (Stellebosch), waar hy sy ambag as smit beoefen. Hy word deur de Wet gelys as smit 1674-1705. (de Wet GC, Die vryliede en vryswartes in die Kaapse nedersetting, p68). In 1688 het hy sy smitswinkel aan Lourens Verbrugge oorgedra vir die helfte van die wins (p107, verw 1STB 18/152 kontrak 1.12.1687).

De Wet meld dat Harmen in 1663 'n vryburger geword het, in 1670 weer tot die Kompanjie in diens getree en in 1674 weer uitgetree en 'n vryburger gebly tot sy dood in 1706. (p 197, verw Boesken AJ, Resolusies vd politieke raad, II 4.2.1671, p56; VC 49 Monsterrolle van vryliede 31.12.1706, p107)

Hy het in 1679 na die Eersterivier verhuis, waar hy gevestig het op die laer terrasse langs die Eersterivier, wat aan hom belowe is in 1680, maar dit was eers baie later (1712) aan sy weduwee se boedel amptelik toegeken. Die plaasis uit die boedel aan Aletta Beck verkoop, wie dit "Voorgelegen" gedoop het. Die grond het bestaan uit twee dele - die oostelike deel strek van die huidige kerk van Stellenbosch tot by Mostertsdrift. Die veel groter westelike deel strek van erens tussen die huidige Andringa en Herte strate en sluit in die gebied waar die huidige stadsaal gebou is. Sy opstal was op hierdie groter deel, ongeveer waar Bird straat vir Dorp straat kruis. Die huis het 'n netjiese front, wat die indruk skep dat Harmen 'n ryk man moes gewees het. In 1693 verkoop hy deel van die grond aan Linnes.

Op 8 November 1679 is die stad Stellenbosch gestig. Minder as drie weke nadat Simon van der Stel in 1679 by Kaap aangekom het as kommandeur van die nedersetting, het hy en 'n paar amptenare te perd 'n inspeksietog na Hottentots-Holland onderneem waar 'n paar vryburgers reeds gevestig het (vandag Somerset-Wes en omgewing). Nadat van der Stel se werk daar afgehandel was het hulle met 'n ompad teruggegaan. Op 8 November het hulle by 'n asemrowende landstreek uitgekom waar Harmen en 'n paar ander vryburgers gevestig was. Hulle het daardie aand op 'n eiland in die Eersterivier oornag. Op die eiland was daar baie pragtige hoë bome. Omdat geen kommandeur of goewerneur voorheen daar was nie, het Simon van der Stel die eilandjie Stellenbosch genoem.

Die plek het hom onmidelik, uit die oogpunt van sy opdragte as kommandeur, geinteresseer omdat dit as voortreflik vir landbou beskou is. Onmiddellik nadat hy terug was by die Kasteel aan die Kaap, het hy aangekondig dat daar vir mense wat hulle langs die oewers van die Eersterivier wil vestig, grond beskikbaar is in die vorm van eiendomsplase. Baie gunstige voorwaardes is vir voornemende boere aangebied en die reaksie was goed.

Potgieter het ook aktief deelgeneem aan die openbare lewe van die klein gemeenskap as "wagmeester" van die artillerie. Kommissaris H.W van Reede het hom aangestel as 'n lid van die heemraad in 1685 (saam met Gert van der Bijl, Henning Husing en Jan Cornelis Mostert). Van Reede verwys na hom nie by sy van nie, maar verwys eerder na hom by wyse van sy aambag, Harmen Jansz Smit, soos wat wel dikwels die geval was in daardie tye. Hy het sy ambag by Stellenbosch voortgesit, en later sy stief-seun, Nicolaas Vechtman in die ambag opgelei. Hierdie stief-seun was 'n groot vriend van Adam Tas, wat na hom verwys het as die "kreupel vulkaan" - 'n verwysing na die kreupel Romaanse smit-god, Volcanus.

JA Hofmeyer verwys na die boek "Slagtersnek en sy mense" deur Dr J.A. Heese, waar daar vermeld word dat Harmen Jansz vermoor was in 1702. Heese het later dit reg gestel. Hofmeyer noem ook dat Harmen Jansz 'n permit toegestaan was in 1705 om 6 waens hout te versamel by die Vier-en-twintig-riviere en maak daarvan die aanname dat Harmen Jansz tussen 1 Sep 1705 and 1708 moes gesterf het. Sy weduwee hertrou met Lourens Verbrugge in 1708.

In die indeks van hofsake in Uit die Raad van Justisie, 1652-1672 (Staatsdrukker, Pretoria 1986) verskyn daar verskeie sake waarin "Harmen Jansz" betrokke sou wees: 338, 30.7.1670, Harmen Jansz vs. Willem Willemsz van Deventer; skuld; saak geskik (CJ1, p583)

341, 30.7.1670, Harmen Jansz; hout sonder toestemming gekap (CJ1, p592) 396, 1.6.1671 & 6.1.1672, Fiskal vs. Harmen Jansz van Noordhoorn; Kompanjie se tyd en werktuie vir eie gewin gebruik; ses maande ad opus publicum en ses maande gasie pro fisco. (CJ 2952, p406-408, CJ 1, p672-672,739)

Bronne: Patrick van Griethuysen Stellenbosch - Drie eeue, geredigeer en saamgestel deur F Smith, Stadsraad van Stellenbosch (1979), ISBN 0 620 03910-8. Artikel deur AM Hofmeyer. Hugo AM, Die Kerk van Stellenbosch 1686-1963 (Tafelberg 1963) Dr Carl Potgieter, Kommandant-general AH Potgieter Die Swardt Joernaal No 2, 30 Junie 1999 (Eric Swardt familiebond).

Hy trou Isabella FREDERIKS, trou 8 Mei 1672 in Swellendam,5,2,3 g. 8 Mei 1652 in Amsterdam, Nld, s. 1711.6 Isabella: wed Nikolaus Vechtman. Na Harmen se afsterwe trou sy met Lourens Verbrugge.

http://www.geni.com/discussions/152597?msg=1070552

-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-

Harmen Jansz Potgieter, SV/PROG MP

Birth: 1635 Nordhorn, Westfalen, Germany

Death: September 1, 1705 (70) Cape of Good Hope, South Africa

Immediate Family:

Son of Jan Hermanz Pottgeter and Schwerne Lodden Husband of Beeltjie (Isabella) Fredericks Father of Jan Harmensz Potgieter, b1; Frederik Potgieter, b2; Catharina Hermanszdocther Potgieter, b3 SM; Elisabeth Potgieter, b4; Amerentia Potgieter, b5; Maria Potgieter, b6; Hans Jurgen Potgieter, b7 and Beatrix Hermanszdochter Potgieter, b8 « less

Harmen Jansz Potgieter, SV/PROG MP

Birth: 1635 Nordhorn, Westfalen, Germany

Death: September 1, 1705 (70) Cape of Good Hope, South Africa

Immediate Family:

Son of Jan Hermanz Pottgeter and Schwerne Lodden Husband of Beeltjie (Isabella) Fredericks Father of Jan Harmensz Potgieter, b1; Frederik Potgieter, b2; Catharina Hermanszdocther Potgieter, b3 SM; Elisabeth Potgieter, b4; Amerentia Potgieter, b5; Maria Potgieter, b6; Hans Jurgen Potgieter, b7 and Beatrix Hermanszdochter Potgieter, b8 « less

GEDCOM Source

@R-1093571923@ Web: Netherlands, GenealogieOnline Trees Index, 1000-2015 Ancestry.com Ancestry.com Operations, Inc. 1,9289::0 1,9289::10377321

GEDCOM Source

@R-1093571923@ Web: Netherlands, GenealogieOnline Trees Index, 1000-2015 Ancestry.com Ancestry.com Operations, Inc. 1,9289::0 1,9289::10377321

GEDCOM Source

@R-1093571923@ Ancestry Family Trees Online publication - Provo, UT, USA: Ancestry.com. Original data: Family Tree files submitted by Ancestry members. Ancestry Family Tree http://trees.ancestry.com/pt/AMTCitationRedir.aspx?tid=89915663&pid...

GEDCOM Source

@R1200312375@ Ancestry Family Trees Online publication - Provo, UT, USA: Ancestry.com. Original data: Family Tree files submitted by Ancestry members.

GEDCOM Source

Ancestry Family Tree http://trees.ancestry.com/pt/AMTCitationRedir.aspx?tid=106302622&pi...

view all 12

Harmen 'Hans Jansz van Noorthoorn' Potgieter, SV/PROG's Timeline

1674
September 23, 1674
Stellenbosch, Caap de Goede Hoop, South Africa
1677
February 28, 1677
Caap de Goede Hoop, Suid Afrika
1679
November 26, 1679
Stellenbosch, Caap de Goede Hoop, Suid Afrika
1682
June 28, 1682
Caap de Goede Hoop, Suid Afrika
1684
September 17, 1684
Stellenbosch, Caap de Goede Hoop, Suid Afrika
1687
August 31, 1687
Kaap de Goede Hoop, Suid Afrika
1690
July 16, 1690
Stellenbosch, Cape of Good Hope, South Africa
1693
March 17, 1693
Caap de Goede Hoop, Suid Afrika
1706
January 9, 1706