Alida Cornelia Hennop, d2e2

Is your surname Steenkamp?

Connect to 5,007 Steenkamp profiles on Geni

Alida Cornelia Hennop, d2e2's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Alida Cornelia Hennop, d2e2

VAB MHG 01 S488

_______________________________________________________________

Notas deur David Abraham Swanepoel, direkte nasaat van 4 geslagte

Haar geboorteplek word net as Kaapkolonie aangedui en dis nie bekend wanneer sy na die Vrystaat gekom het nie. Die "veeboerin" op haar sterfkennis beteken waarskynlik maar net vrou van 'n veeboer.

Die oudste dogter, ook Alida Cornelia, word in Januarie 1851 gebore. Sy is dus reeds omtrent April 1850 verwek toe haar ma 13 jaar en 11 maande oud was, maak dit maar 14. Swangerskappe wissel in tydsverloop en Alida Cornelia II se dag van geboorte is nie bekend nie, wat nog ‘n speling van ‘n maand kan gee.

Die oudste seun, Jan Phillippus Carel Hennop word op 8 Augustus 1854 gebore. Jan Phillippus Carel se sterfkennis, vorm vir die aangif van 'n sterfte (FID) en sy grafsteeninskripsie is in ooreenstemming sover dit die jaar betref. Dit is dus deeglik gekruisverifieer.

Daar is dus ‘n verskil van 3 jaar en 8 maande tussen die geboortedatums van Alida Cornelia II en Jan Phillippus Carel. Dis redelik lank vir daardie tyd wanneer swangerskappe binne omtrent 2 jaar op mekaar volg.

Ek vermoed dat Alida Cornelia se swangerskap ongewens was en daar toe doelbewus onthouding plaasgevind het, selfs dat sy by haar ouers aangebly het (die verskynsel van “daughter guarding”) [1].

Jan Phillippus Carel word egter steeds ruim 14 maande voor sy ouers se huwelik in Desember 1855 gebore, of 23 maande vanaf konsepsie.

Frederik Philippus Nicolaas Hennop en Alida Cornelia I se gedrag is glad nie in lyn met die sedes van die tyd (selfs vandag s’n) en die beeld van buitengewone vroomheid wat vir my generasie voorgehou is tydens ons opvoeding. Hierdie is nie die enigste geval wat ek in my navorsing teëgekom het nie.

Alida Cornelia I is 18 wanneer sy aan Jan Phillippus Carel geboorte skenk, en het nog nege kinders in haar kort lewe. Vyf en twintig jaar verloop tot sy op 43 sterf. Dis gemiddeld minder as elke 1,5 jaar met die aanvanklike hiatus. Ongelukkig is presiese datums vir die meeste ander kinders beskikbaar nie. Sy het 'n geweldige sterk vrugbaarheidskoers, maar haar liggaam was seker uitgeput. Vir die laaste kind is wel ‘n geboortedatum van 1878 beskikbaar, 2 jaar voor Alida Cornelia I se afsterwe. Dit kan dui op afsterwe weens geboortekomplikasies.

Haar sterfplek, Verblyden, is suidwes van Heuningspruitspoorwegstasie en is vandag 'n gasteplaas.

Bronne:

1. Carin Perilloux, Diana S. Fleischman, David M. Buss. The Daughter-Guarding Hypothesis: parental Influence on, and emotional reactions to, offspring’s mating behaviour. Evolutionary Psychology 2008. 6(2): 217-233

2. Huweliksregister

3. Sterfkennis
Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.

view all 12

Alida Cornelia Hennop, d2e2's Timeline

1836
April 20, 1836
Cape Colony, South Africa
1854
August 8, 1854
Kroonstad, Northern Free State, Free State, South Africa
1856
December 20, 1856
1861
1861
District of Kroonstad, Orange Free State Boer Republic, South Africa
1866
1866
1868
October 21, 1868
1868
1871
1871
1878
February 15, 1878