Frederik Philippus Nicolaas Hennop, b1c1d9

Is your surname Hennop?

Connect to 159 Hennop profiles on Geni

Frederik Philippus Nicolaas Hennop, b1c1d9's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Frederik Philippus Nicolaas Hennop, b1c1d9

VAB MHG 0 H307

Crest taken from https://sites.google.com/site/hennopfamily1/

_______________________________________________________________ 

Notas deur David Abraham Swanepoel, direkte nasaat van 4 geslagte

Hy is te jonk om self die Groot Trek te kon meemaak. Hy kon dus die een wees wat die skuif Vrystaat toe gemaak het as 'n natrekker. As hy dit as jong man gedoen het, was dit moontlik rondom 1850.

Hy tree op 29 Desember 1855 in die huwelik met Alida Cornelia Steenkamp. Op die afskrif van die huweliksregister word daar nie aangedui waar nie, maar die FamilySearch metadata beweer Potchefstroom. Sy oudste dogter Alida Cornelia en oudste seun Jan Phillippus Carel word by die latere Kroonstad gebore, vermoedelik die plaas Verblyden. Potchefstroom kon 'n wye area gedek het. Daar was nog net enkele dorpe in die latere Transvaal. Die Oranje-Vrystaat is in 1854 gestig. Die enigste dorpe wat toe volgens my kennis bestaan het, was Smithfield, Phillippolis, Bloemfontein, Harrismith en Winburg, so Potchefstroom was nader.

Alida Cornelia Hennop word in in Januarie 1851 voorhuweliks gebore en is dus circa April 1850 al verwek). Jan Phillippus Carel word op 8 Augustus 1854 ook voorhuweliks gebore (en is dus circa Desember 1853 al verwek). Waar die stamouers se 9 maande en 4 dae 'n grensgeval kon wees, is hier geen twyfel nie want daar is 'n 16 maande verskil tussen geboortedatum en sy ouers se troudatum. Jan Phillippus Carel se sterfkennis, vorm vir die aangif van 'n sterfte (FID) en sy grafsteeninskripsie is in ooreenstemming sover dit die jaar betref.

Die naam ”J P K Heennop “ verskyn onderaan die sterfkennis. Daar is geen amptelike plek vir ‘n handtekening nie, so hierdie kom voor as die ondertekening. Dit moet die oudste seun en my oupagrootjie wees, maar die spelling verskil dan met wat op laasgenoemde se grafsteen voorkom (weliswaar kom die “K” wel op sy testament voor).

Daar is ook onderaan die sterfkennis van Frederik Phillippus Nicolaas Hennop die woorde “ook voogd te kiezen”, in ‘n ander handskrif en klaarblyklik in potlood geskryf. Die eggenote Alida Cornelia Steenkamp was reeds oorlede in 1880 en kinders 4-9 nog onmondig. Dis nie bekend wie toe as voog aangestel is nie. Ook hy het 'n oorwig van 9 dogters teenoor 4 seuns.

Sy sterfplek, Verblyden, is suidwes van Heuningspruitspoorwegstasie en is vandag (2018) 'n gasteplaas.

Data:

Die WolframAlpha berekening vir Alida Cornelia:

January 1851 to December 1855

Result:

4 years 11 months

Die WolframAlpha berekening vir Jan Phillippus Carel:

Tuesday, August 8, 1854 to Saturday, December 29, 1855

Result:

1 year 4 months 21 days

Bronne:

1. GISA SA Familieregisters (SAF) combo CD, Letters A-L

2. Huweliksregister

3. Sterfkennis

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.

view all 12

Frederik Philippus Nicolaas Hennop, b1c1d9's Timeline

1827
October 4, 1827
Cape Colony, South Africa
1851
January 1851
1854
August 8, 1854
Kroonstad, Northern Free State, Free State, South Africa
1861
1861
District of Kroonstad, Orange Free State Boer Republic, South Africa
1866
1866
1868
October 21, 1868
1868
1871
1871
1878
February 15, 1878