Christiaan Ernst Gerhardus Labuschagne

Is your surname Labuschagne?

Connect to 5,672 Labuschagne profiles on Geni

Christiaan Ernst Gerhardus Labuschagne's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Christiaan Ernst Gerhardus Labuschagne

Labuschagne-du Preez Marriage 1846 Potchefstroom

Christiaan Ernst Gerhardus Labuschagne, is op 7 April 1825 op Cradock gebore. Hy trou in 1864 met Susara Catharina du Preez op Potchefstroom. Hulle het op die plaas Rietvlei aan die Vaalrivier geboer, waarskynlik naby die huidige Standerton. In Junie 1876 besluit hulle om aan die Dorslandtrek deel te neem. Hy was 49 en sy 45. Hulle het van Rietvlei vertrek en van daar oor die plaas Kliprivier in die Heidelberg distrik (hulle skoonseun Andries du Preez se plaas), noord van die huidige Johannesburg veby en oor Klein Marico tot by die Krokodilrivier getrek waar hulle by die sogenaamde “tweede trek” se mense aangesluit het. Hulle het tien kinders gehad waarvan ses saam met hulle getrek het, onder andere Jan Christiaan Albertus, ons oupa Hendrik se oupa. Die trek word hieronder in besonderhede beskryf. Hier moet genoem word dat CEG se een broer ook deel van hierdie trek was. Hy was Petrus Ignatius (Migiel) Labuschagne, getroud met Christina Johanna Sophia Erasmus. Hulle het agt kinders gehad waarvan sewe saamgetrek het. Hulle het uiteindelik op Palanca, oos van Humpata gevestig, waar Migiel en Christina begrawe is. Een van hulle seuns was Jan-Harm, waarskynlik die pa of oupa van oom Jannie Haarlem wat met Tannie Mara getroud was.

view all

Christiaan Ernst Gerhardus Labuschagne's Timeline