Gideon Jacobus Scheepers, b2c1d4e2f2g2

Is your surname Scheepers?

Research the Scheepers family

Gideon Jacobus Scheepers, b2c1d4e2f2g2's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Gideon Jacobus Scheepers, b2c1d4e2f2g2

Gideon Jacobus Scheepers was die heel eerste eienaar van die plaas Goedehoop by Bethal. Hy het die plaas in ongeveer 1868 bekom.

My pa het my vertel dat die boere hulle plase afgemeet het deur ‘n uur op ‘n stap te perd te ry in die verskillende windrigtings. So is die bakens van hulle grond bepaal.

Vandag bestaan Goedehoop uit ‘n klomp verskillende plase met die naam Goedehoop maar daardie tyd was al hierdie plase een plaas wat aan groot-groot oupa Gideon behoort het. Hy het dus ‘n baie groot stuk grond besit. Destyds was die families groot en daar was ‘n paar seuns wat moes erf onder andere ons grootoupa Willem Abraham. So is een groot plaas verdeel onder die seuns en mettertyd het van die seuns hulle grond verkoop. Oupa Willem Abraham se gedeelte was tot in die 1990’s nog in Scheepers familie besit. 

My oupa Norden het 'n gedeelte van Goedehoop in 1923 gekoop waar ek grootgeword het en my familie steeds boer. My ouma Norden was die kleindogter van Gideon Jacobus Scheepers. Goedehoop lê aan die Standerton teerpad so ongeveer 10 km buite Bethal. Die graf op die foto is op die plaas van meneer MC van der Vyver neffens die Standerton pad op linkerhand as jy van Bethal kom.(Die Van der Vyver familie boer reeds sedert die 1940's hier en is bure) So 'n endjie van die grafte in 'n oostelike rigting is 'n ou waenhuis wat gebou is uit gekapte klip - dit is waar die opstal was van Gideon Jacobus Scheepers soos deur my ouma aan my vertel.

Hierdie tak van die Scheepers familie was nie Voortrekkers nie maar het ongeveer in 1845/46 na die Transvaal gekom en eers in Potchefstroom gevestig. Daarna was hulle in die Middelburg (en moontlik Lydenburg) omgewing voordat Gideon Jacobus Scheepers hom op Goedehoop, Bethal gevestig het.

Gideon Jacobus Scheepers het ook grond besit waarop Loskopdam vandag geleë is - my ouma het altyd gesê die dogters het hierdie grond ge-erf.

Bydrae: Daleen Norden

About Gideon Jacobus Scheepers, b2c1d4e2f2g2 (svenska)

Bydrae: Daleen Norden.

Gideon Jacobus Scheepers FamilySearch släktträd Födelse: 20 jul 1834 - Cape Colony, South Africa Död: 6 jul 1907 - Bethal, Orange Free State, South Africa Föräldrar: Jacobus Johannes Scheepers a1b2c1d3e1f2, Aletta Maria Scheepers (född Bosch) Fru: Elsje Josina Scheepers a1b3c1d3e1f5g6 (född Pretorius) Barn: Gideon Jacobus Scheepers, Machiel Coenraad Scheepers, Aletta Maria Williams (född Scheepers), Jacobus Johannes Scheepers, Hester Susanna Scheepers, Christoffel Daniel Scheepers, Gerhardus Petrus Scheepers Syskon: Hester Susanna Scheepers, Michal Coenraad Scheepers, Maria Magdalena Joubert (född Scheepers)

view all 18

Gideon Jacobus Scheepers, b2c1d4e2f2g2's Timeline

1834
July 20, 1834
1853
December 9, 1853
Age 19
Middelburg, MP, South Africa
1855
February 27, 1855
Age 20
Lydenburg, Ehlanzeni, Mpumalanga, South Africa
1857
August 16, 1857
Age 23
Steelpoort, Limpopo, South Africa
1858
September 26, 1858
Age 24
1860
August 8, 1860
Age 26
Lydenburg, Ehlanzeni, Mpumalanga, South Africa
1862
August 14, 1862
Age 28
1863
November 8, 1863
Age 29
1865
October 4, 1865
Age 31
1867
December 15, 1867
Age 33
Bethal, Mpumalanga, South Africa